Pta-man kritiek ná aanval by huis

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 52-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 03:00 in Danville in die weste van die stad plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel is die man verskeie kere geskiet en gewond tydens ʼn mislukte roofpoging by sy woning,” het Mathe gesê.

Met paramedici se aankoms is die man in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Meer inligting oor die voorval is nie dadelik beskikbaar nie. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

Lees die opvolgberig hier: Polisieman in Pta geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michael ·

Dis ‘n bose kringloop ekonomie groei nie kos pryse gaan op werkgewers kan nie meer die hoë lone wat die unies op aandring betaal nie ,werkers het nie werk misdaad neem toe…..en dit word net erger

JoeV ·

Selfde werker verkies in die volgende verkiesing dieselfde mense wat die ekonomie probeer vernietig om almal van die staat afhanklik te maak om beheer te behou. In enige kommunistiese bestel kan slegs die verkose elite ryk wees, ons het dus nog lang pad om te gaan voor die teiken beryk is om van die middelklas ontslae te raak.

m ·

Misdaad gaan ma net erger word en niks gaan beter word nie. Ons is ma net nerens mee veilig nie. Hoe heinings hou nie eers mee hierdie mense uit nie!!!

Shannon ·

Vra vir Doktor Pieter Mulder om `n petisie te rig aan sy gewese baas – namens al die ‘minderhede’.

Willie ·

Hierdie is platante moord.. die steel is n by-sakie. Mense ons moet wakkerword en begin paraat wees.. Inskale by die gemeenskap en beveiliging op alle vlakke erenstig vat..

Tina du Toit ·

Ons mense moet maar `n punt daarvan te maak om ons self te beveilig en paraat te wees, want niemand gaan dit vir jou doen nie. Jou lewe verander na so aanval en jy onttrek jou bietjie vir bietjie van die samelewing om soos `n tronkvoel te lewe, en ons het nie `n keuse nie. Jy kan die Here dank as jy lewendig daarvan af kom.

david ras ·

Jy is heeltemal reg Willie—wat gebeur is dat die oomblik as iets tydens so ‘n voorval gesteel word, verander die status van die daad. Dan word dit ROOF .
As daar elke keer net ‘n moord gepleeg word sonder dat iets geroof word-, sou die word Terrorisme baie luid verkondig gewees het.
Let maar op–in die meeste gevalle word ‘n selfoon geroof. Ek het al baie maal gewonder wat so belangrik is aan ‘n selfoon—-om iemand se lewe te neem net daarvoor ? Dis bietjie moeilik om te glo. ‘n Selfoon is baie maklik om aan die moordenaar se persoon versteek.
Ek vra elke keer die vraag–en het dit al talle male op hierdie forum gedoen:
was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor.?
Getalle jok nie—daar is al meer witmense in hierdie maand aangeval as die hoeveelheid dae van die maand wat verstryk het
Ek raak al hoe meer oortuig dat dit ‘n program van koverte terrorisme is……

Andrea van Vuren ·

Hulle steel selfone vir ‘n ‘quick fix’. Dwemls my vriend, dwelms. Dit gee hulle weer die selfvertroue en moed om blatant te moor! Ek kry die polisie jammer. Hoe op aarde kan hulle volhou met soveel misdaad in ons midde?

Karma ·

Al wat ek kan sê is: Gautengers, kom Wes-Kaap toe. Jammer, ons het nou nie die goudmyne en so aan nie en ja, julle noem mos Kaapstad Slaapstad of soos Dawie Roodt sê Slaapfontein. Maar hier het ons (vir die oomblik nog) redelike lewenskwaliteit – die DA bestuur (in ‘n mate darem nog) die provinsie goed; op provinsiale vlak gaan dinge so-so; hier is ook misdaad, ja, maar die witras word darem nie so uitgemoor soos “daar bo” by julle nie.

Willie ·

David jy slaan die spyker op die kop. Hier is volgens my, n derdemag wat als in hul vermoee doen om te oefen. Oefen hoe die Polisie optree, oefen hoe om strate te blokeer, oefen om te sein hoe mense in die buurt reageer. Oefen hoe om sekere gebiede ontoegengklik te maak. Hulle het n plan, het ons?

Joann ·

Dit het nou n olimpiese sport gewor. Moord,betogings,korupsie, verkragtings en regstellende aksie. En nuutste woord wat zuma kan se is rassisme.

Bernard ·

Wanneer huisrowe selfs in ‘n armbuurt soos Danville voorkom, dan moet jy weet dat SA nou totaal “in sy glory” -in is. Verlaat maar die land.

amelia ·

Snaaks n paar weke gelede het “hulle” tyres gebrand en strate toe gemaak by tonnel in booysens en claremont nou wor d mense in Danville aangeval Wonder maar is dit omdat meeste mense nie daar alarms wapens ens kan beskotig nie Weer eens mense wat hul nie self kan beskerm nie (daar is wel wat alarms en wapens het ) maar daar bly baie ouer mense in Danville Jong mense wil nie meer daar bly nie daar net te veel HOP huise en hoef nie te raai wie daar bly nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.