Pta-man met bakstene, messe aangeval

Christo van Niekerk in die hospitaal. Foto: Verskaf

Die pa van ʼn man wat Donderdag in die Dinokeng-wildreservaat deur vier mans oorval en só hard met ʼn baksteen geslaan is dat hy bloeding op die brein opgedoen het, sê hy koester nie ʼn wrok teenoor sy seun se aanvallers nie. Inteendeel, hy het hulle reeds vergewe.

Christo van Niekerk (34) was Donderdagmiddag by ʼn huis op privaat grond binne die reservaat besig om ʼn elektriese heining te herstel toe die voorval gebeur het. Volgens Alex van Niekerk, Christo se pa, het Christo gesien hoe die vier aanvallers nader kom en het hy in sy voertuig gespring en probeer wegjaag.

“Die aanvallers het sy voertuig se sleutels gegryp en hy kon nie wegry nie. Hulle het al twee ruite van die voertuig stukkend geslaan en hom met klippe en bakstene oor die kop geslaan. Hulle het hom ook met ʼn mes in die sy gesteek,” het Alex gesê. Hy het gesê op daardie oomblik het die eienaar van die stuk grond op die toneel aangekom en die aanvallers het op die vlug geslaan. Hulle het net die voertuig se sleutels geroof.

Christo is na die Netcare Montana-hospitaal in Pretoria gehaas waar dokters vasgestel het hy het skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen. Daar is daardie aand ʼn operasie op hom uitgevoer wat langer as drie uur geduur het om die skade weens onder meer die meswonde en hoofbeserings te behandel.

“Toe hy Donderdag by die hospitaal aangekom het, het hy regtig nie goed gelyk nie, maar hy lyk nou baie beter. Hy is oor die naweek uit die waakeenheid na ʼn gewone saal oorgeskuif en nou kort hy net tyd om te genees,” het Alex gesê. “Hy het gelukkig geen permanente breinskade nie en kan heeltemal helder onthou wat gebeur het.”

Hy het gesê dit is ʼn wonderwerk dat die eienaar betyds daar aangekom het om die aanvallers te verjaag, omdat Christo se beserings andersins baie erger kon gewees het. Die familie het geen idee wat die motief vir die aanval was nie en wil ook nie daaroor bespiegel nie. Hulle is net dankbaar dat Christo dit oorleef het.

Christo en sy vrou het twee dogtertjies, onderskeidelik vier en sewe jaar oud, en woon in Pretoria.

Alex vertel hy en sy vrou was saam met vriende vanaf Hermanus na Bloemfontein op pad om Angus Buchan se It’s Time- nasionale biddag by te woon toe hulle die nuus oor Christo gekry het. Hulle het hul vriende in Bloemfontein afgelaai en reguit Pretoria toe gery om hul seun by te staan.

“Dit is eintlik nog ʼn wonderwerk omdat ons reeds op Colesberg was toe ons die nuus gekry het. Ons het nou die nasionale biddag misgeloop, maar voel ons het amper reeds die volgende stap ná die biddag beleef deur Christo se aanval,” verduidelik Alex.

“Die biddag het gegaan oor versoening en om saam te bid vir ons land. Dit gaan daaroor om ander te vergewe net soos God ons vir ons sondes vergewe. Jy kan nie om vergifnis vra as jy nie self kan vergewe nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit was beslis ʼn proses. Toe ek Donderdagaand by die hospitaal kom, was ek gereed om moord te pleeg. Maar dit sal niemand baat om ʼn wrok te koester nie. Ek wil hê die gereg moet nou sy gang gaan, maar ek kies om nie hieroor negatief te wees nie.”

Sers. Margaret Molane, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Marili ·

PRYS GOD SE NAAM HIERDIE IS N GETUIENIS…..jammer oor die pyn maar weet net God gebruik geleentheid om Hom te Prys….Amen saam dankbaar dat Hy jou Groot Geneesheer was….God is lewendig en Groot

Ouvrou ·

Se voet in ‘n visblik. As enigiemand my kind aanval,vergewe ek hom nooit in der ewigheid nie en ek sal nie rus voor ek geregtigheid gesien gebeur het nie. Watse al klaar vergewe????

Pietman ·

Ja dit bly maar ‘n raaisel hoekom mense so maklik vergewe. Dink dis onnatuurlik en gevaarlik om so te wil lewe. Mense sal van jou misbruik maak en op jou trap.

MS ·

Dit gaan my verstand ook te bowe dat jy iemand net so vergewe!!! So ‘n person moet bid dat ek hom nie 1ste kry nie.

Nel ·

Ouvrou ja ‘n mens voel so, maar ene Mandela, wyse ou man wat hy was, het per geleentheid gese – om met ‘n wrok in jou hart rond te loop is soos om gif te drink en te hoop dit gaan jou vyande doodmaak.

Dissie ·

Hulle vergewe, want hulle begryp waaroor vergifnis gaan. As jy met onvergifnis in jou hart rondloop, raak jy daardie ou se slaaf. Hy het dan ‘n houvas op jou. As jy vergewe, is jy vry en dan sal die Here jou ook vergewe.

Alwyna Holtzhausen ·

Stem saam. Ons moet net nie naief wees nie. As dit ons houding gaan wees, gaan ons nog almal uitgemoor word en dan het ‘ vergifnis’ niks gehelp nie. En…die polisie sal ook niks doen om die skuldiges op te spoor nie…

Rudel du Preez ·

Sal nooit so persoon of persone vergewe nie.Wat is die kans dat die polisie hulle gaan vang,antw is Nul.Die polisie steur hulle nie veel daaraan nie,as dit andersom was,was hulle al gevang

Kathlee ·

Ons is in dae wat die hele Suid Afrika in rep en roer is dit is net moord aanvalle en verkragting . Deur al die moet ons ons oë op die Here hou en God sê vergewe 70×7 keer. Ek haal my hoed af vir die pa wat die aanvallers vergewe en God se woord volg. Om opmerkings te maak en die man te w sleg is nie reg nie mense. Hy doen wat God van ons almal verwag. As jy ñ kind van die Here is hoe kan julle so redeneer?

Gelowige ·

Dankie vir jou getuienis Alex, vergifnis is nie n maklike proses nie , maar jy stel n voorbeeld vir ons Christene.

Anoniem ·

Die land is boos en dit sal nie help om vir diegene wat aan voorvader geeste en die tokkolossie glo te bid nie. Ons moet eerder bid vir beskerming teen die bose.

Johann ·

Laat kom ons nie in versoeking nie; maar verlos ons van die bose…Vader wanneer verlos U ons van die bose…en hoe kom ons nie in versoeking om die bose te vervloek nie…en is my vergifnis van U werlklik in lyn met my vergifbis van die boosheid in en om ons land?

Ouma ·

Jip! Hulle wil al ons witgesiggies uitmoor! Maar raaiwat? Daardie gaan nie gebeur nie!! Iemand veel Groter as wat enige iemand al ooit gesien het gaan ‘n stokkie daarvoor steek! Glo dit asseblief!!

Jane ·

Oh my word . noem my maar ‘n sondaar, maar hierdie man is ONSKULDIG aangeval en kan dalk breinbeserings opgedoen het en julle VERGEWE die SKARMUNKELS wat hom aangeval het? Dit is hoekom die land lyk soos hy lyk . want almal vergeet en vergewe en more VERMOOR daai man iemand en dan ? Vergewe ons maar weer? Mense word vir niks aangeval en vermoor nie . maar ons VERGEWE , ons is tog sulke goeie mense .. EK HOOP regtig jy herstel gou, en dankie vir almal wat hom bystaan. EK is net nie so ‘n goeie mens nie, as my kind so gewond in die hospitaal gele het was ek nou besig om daardie KRIMINELE (ja dit is kriminele) te soek!! Wie gaan vir hom en sy kindertjies sorg as hy nie sy werk normaal kan voortsit nie ?

foxi ·

Dis net sommige wittes wat vergewe! Maar dit bleik dat die skurke weet dat die witman absoluut niks kan doen nie…..dit is so bewys! Dit is ongelukkig so dat mense NIE betrokke wil raak by geen voorvalle nie, hulle sal verby jou ry en wegkyk terwyl jy aangeval word. Hoekom? Omdat dit n mors van tyd sal wees en dat n saak vir maande tot jare sal aangaan……
Onregverdigheid seevier so hoog in die land, dat niemand…maak nie saak watter kleur jy is nie, geensins die moeite WIL doen om betrokke te raak by enige voorvalle nie. Jy moet maar 80° plus om jou kyk en jouself beveilig ter alle tye. Verdrukking is ooral in die wereld sigbaar en enige mens met n gesonde verstand WEET dat die afval op hande is………..Geloof…hoop en liefde moet net toegepas word….maar ongelukkig verstaan baie siele nie die betekenis daarvan nie! Mag die HERE onse GOD ons genadig wees…………….

Danie ·

Na aanleiding van ‘n paar vriende se huwelike wat op die rotse geëindig het wonder ek:

Dalk verstaan ek dit nie so goed nie. Hoe is dat jy iemand vergewe kan word vir moord, verminking, verkragting en aanranding. Maar wanneer ‘n man/vrou rondloop is daar geen vergifnis vir die teenparty nie. en eindig die altyd in die skeihof. Die enigste skade wat opgedoen is in vertrou en selfbeeld (beide maklik herstelbaar)

Het die memorandum net nie by my uitgekom nie. Is troubreek die ergste sonde, selfs erger as moord en verkragting?

Meraai01 ·

Danie, vir die person aan die ontvangkant is dit erger as die dood. Jy sterf stukkie vir stukkie van die verwerping en verbale “verkragting” wat met troubreuk gepaard gaan. Selfbeeld herstelbaar? Dit neem baie jare indien dit ooit herstel!!!!!

Danie ·

Mag so wees. Ek stry nie daaroor nie. Maar jy moet nog steeds die 100 sikkels silwer skuld van jou naaste afskryf omdat jou 10000 sikkels silwer reeds afgeskryf is. Anders gaan dit dalk nodig word dat jy elkeen van die 10000 afsonderlik terug moet betaal.

Pieter ·

Danie,
Moeilik om egbrekers ooit tot inkeer te bring, daar is iets in hul wese wat nooit rehabiliteer nie. Hulle vra halfhartig om verskoning en bid selfs en bely hul sonde en die volgende dag is hulle weer los op die hoef en gaan tekere. Ek het 26 jaar probeer vergewe en vergeet maar is telkens maar net weer teleurgestel en as die skuldige party veroordeel omdat ek nie kan vergewe nie.
Ek sal moord ook baie moeilik vergewe behalwe as die skurk gevang en gehang of vir altyd toesluit word anders doen hy dit maar net weer die volgende dag. Die moordenaars en skurke het in elk geval geen gewete en kyk hoe lank hulle met hul leefstal kan voortgaan en al word hy gevang, ontken hy alles want dit is tog net nooit hy wat so iets sal doen nie. Ons het dan nou mense in beheer van die land wat hul eie mense in strafkampe in Angola gemartel en vermoor het en vandag die meesters is om die staatskas leeg te plunder en steeds sal botter nie in hulle monde smelt nie.

Wally ·

Oom Angus se idee is edel, maar ek dink oom Smith en oom Wesson se idees mag dalk ń meer finale oplossing wees.

Danie ·

Soms word dit vereiste (in die vorm van ‘n opdrag om dit uit te voer): Dat oom Smith en Oom Wessen eers genader word en gespreek word sodat Oom Angus se boodskap vatplek kan kry. Soms is dit nodig om eers al die struikel blokke te verwyder sodat die boodskap suiwer deurkom. Sodra die boodskap reg verstaan word word oom Angus se ideaal ‘n werklikheid.

Johann ·

Wally: mag ek jou waarheid so vêr ek gaan aanhaal? Dis wat die Woord bedoel met WAAK en bid. En daai twee oom van jou se familie lê en waak saam ons gesin elke dag!

Leon van Rensburg ·

Wally,
moenie die ooms Samuel Colt, en John Moses Browning vergeet nie, hulle praat net luid maar almal luister. Leon

Jan maak n Plan ·

Ek is darem bly om te hoor en ons dank die Liewe Vader vir Christo se beterskap. Om te bid is nodig en reg. Die Here sal vir jou mieliepitte, grond, reen en kennis gee, jy plant te pitte en die Here sal die mielies laat opkom sodat jy kan oes. MAW ons moet nie net bid vir ons land nie, ons moet ook van ons dik agterente af opstaan en iets begin doen aan die probleme in hierdie land.

Johanna ·

So jammer vir hierdie gesin. Word gou beter. Ek het nie meer woorde vir wat in hierdie land besig is om te gebeur nie. Maar God is en bly in beheer.

Ange ·

Bly hy het nie breinskade of is oorlede nie, maar dit moes nooit in die eerste plek gebeur het nie.

Sterkte aan die familie en aan hom.
Wat van daai vier word is in die Here se hande, die wraak kom Hom toe. Onthou in die wereld is daar nie regverdigheid nie, dis hoekom die skelms beskerm word.

Vergifnis de niet ·

Nee mense ons moet nie vergewe nie ons moet OPTREE teenoor misdadigers.

n ·

hy is ‘n beter mens as ek, want ek sal ook nie baie gou kan vergewe nie.

Koperkop ·

Mens kan slegs iemand vergeef wat jou persoonlik te nagekom het. Jy kan nie iemand vergeef wat iemand anders te nagekom het nie – dis daardie slagoffer se keuse om te vergeef, nie joune nie. Dus is dit Christo, en nie sy pa nie, se keuse om te vergeef.

Stem saam Koperkop ·

Daar stem ek saam met jou Koperkop .. ek wil ook weet of die seun wat so seer het nou en so gewond is ook so vergewensgesind is .. soos jy se as hy dan die aanvallers wil vergewe, goed vir hom, maar as jy nie in daardie bed le nie . kan jy nie NAMENS hom hulle vergewe nie. Dit is verskriklik wat hulle gedoen het en ek sou graag wou sien wat sou die politici doen as iemand dit aan ‘n plaaswerker gedoen het.

Chrisjan ·

Die oom verstaan nie eers wat beteken vergifnis nie. Dit is om daardie persoon te herstel in dieselfde posisie as wat hy was voordat hy die daad gedoen het. M.a.w. om die persoon weer ‘n baksteen te gee en hom te vertrou dat hy nie weer gaan slaan nie. Wil enige mens by sy sinne dit aan sy kind doen?

Chrisjan ·

Ek het ‘n volledige studie gedoen Dissie. Die resultaat is dat ek besef het die kerk waarin ek grootgeword het, het my bedrieg. Onvoorwaardelike vergifnis soos algemeen verkondig word is onbybels. Dit bestaan nie in die Bybel nie, nerens nie. Daar is voorwaardes aan vergifnis, berou, bekering en restitusie. Gaan ondersoek dit gerus.
Dit is dan ook een van die redes hoekom christene al meer geminag word in die samelewing.

Mr P ·

Kyk ek is n boerseun,as iemand my famielie so mishandel, glo my ek sal hulle self gaan soek en op elke media pladform verskyn. Ek sal hulle nooit vergewe. Ek is n Jesus kind. Ek respekteer almal en ek verwag dieselfde.

Nettie ·

In die artikel sê die jong man se pa dat hy nie weet wat die motief vir die aanval was nie. Twee woorde is hier van toepassing: wit en roof. Die slagoffer is wit en die motief was roof.

magdaleen ·

Vergewe en vergeet en more moor hy weer. Nee begin terug baklei staan saam mense staan saam

Stefanie ·

Nee, ek verstaan ook nie hierdie ‘ ek het hom reeds vergewe ‘ storie nie. EERBAAR van jou meneer.

Nie so maklik nie. ·

Gladnie so eerbaar nie, as jy se jyt vergewe hoef jy niks verder te doen nie. Onvoorwaardelike vergifnis is onbybels.

barend ·

ons mense word te maklik geminipileer ,in die 1970 en tagtigs was die boodskap van die kerke af of life te wees vir jou naaste .nou dat ons naaste ons vermoor moet ons vergewe
weereens word ons misly deur kerke ,gaan bid saam geen fout met dit maar vra vir genade en hulp dat ons die vyand mag verslaan en oorwin ,hulle doen dit met die grootste gemak ,die proebleem vandag in ons land is dat ons volk nie meer sy Bybel ken en lees en verstaan nie
staan op my volk en weg terug

Gaan lees jou bybel ·

In die gelykenis van die barmhartige samaritaan stel Jesus dit duidelik dat die man wat vir die een wat deur die rowers oorval was medelye gehad het, sy naaste is. So as iemand geen medelye vir jou het nie, niks vir jou voel of anderpad kyk as jy in die moeilikheid is, of hy nou wit, swart of pers is, is dit nie jou naaste nie. Lukas 10: 36, 37

Eksenet ·

N Persoon kan net vegewe word as hy regtig erg berou het oor sy sonde……skurke soos dit kan vir my part solank voor die HEL se poort gaan wag

Johan Oosthuizen ·

Hou asseblief op om te spekuleer, stry en selfs modder te gooi. Bid asseblief liewer vir almal wat daagliks die gevaar staan om slagoffers van onsinnige, brutale aanvallers te word. Dit vind elke dag oral om ons plaas. Bid asseblief vir almal se veiligheid want net God kan bewaar – en vertroos. Die man wat Christo te hulp gesnel het was my seun . Die onvoltooide omheining is om sy huis – die huis waarin hulle so graag wil gaan woon. Mag God ons geliefdes bewaar. Ons s’n en julle s’n. Bid sonder ophou.

Biddend ·

Johan, die doel van gebed is om met God te kommunikeer, dis goed en reg maar verander absoluut niks in die vlees nie. Die verandering kom wanneer God se kinders gehoorsaam is en gaan doen wat God vir hulle se om te doen.
Ons het leer bid, min het leer luister en nog minder staan op en gaan doen ons Vader se wil.

Moddergooier ·

Nou wie het gestry en met modder gegooi en gespekuleer? Die feit dat jou seun hom gaan help het verander NIKS aan die feit dat hy ONSKULDIG aangerand is nie. EK verstaan nie jou “RANT” nie. Waar die heining is is ook van minder belang, want steeds is die jong pa ONSKULDIG aangeval al het hy ‘n heining waar ookal aangebring … wou jy maar net ander mense vertel jou SEUN is betrokke, dat jy al die inligting het of hoekom mag ander mense nie kommentaar lewer nie? Niemand het iets slegs van die man of jou seun gese nie .. Vreemde mense julle!

Michael ·

Ek sou nie vergewe het nie maar ek het my kinders laat akido studeer en sou so iets oor hulle pad kom kry ek die aanvallers regtig jammer want hulle gaan lank in die hospitaal wees indien hulle dit maak tot daar.

Orantes ·

Tien uit tien Michael. Die skrif is aan die muur, almal kan sien wat aangaan. Ons het nie ‘n profeet nodig om te besef dat tye verander het nie. Ons leer nie nou ons kinders ballet, klavier of rugby speel nie, ons leer hulle gevegskuns, skietkuns, ons leer hulle om te oorleef ons leer hulle verhouding met ons Vader.

Inge ·

Hierdie man is beslis ‘n beter persoon as ek. Vergewe? Nee wat!

Herman ·

Hoop hulle vang die aanvallers sodat die pa ook hulle voete kan was.

Martiekie ·

Ons KIES om te vergewe. Haat en bitterheid veroorsaak siektes.
God se wil vir ons is vergifnis en om te bid vir ons vyande.
Dis uit en uit n wilsbesluit – gehoorsaamheid aan God.
OMDAT jy God liefhet .

Geskok ·

Moddergooier ja nee kyk stem heelhartig saam met jou. Geen idee presies waaroor ons kamtig spekuleer of moddergooi nie. Kan ook nie verstaan wat die inligting van presies wie se ou heininkie dit nou was iets met enigiets te doen het nie. Ons het die berig gelees en nie gespekuleer oor die motief nie die motief was duidelik. Enigste modder eintlik meer klippe is na die aanvallers gegooi en dis 100%geregverdig dan nie?? Mense moet ook maar eder dink voordat hulle n ou eiertjie te le het hier , ne

Wilma ·

Dankbaar dat Christo se lewe gespaar is. Spoedige herstel en sterkte vir almal.

Johan ·

Dit is seker net Angus dissipels wat dink daar is iets soos blanko vergifnis.

Woord wakker. Daar is iets soos geregverdigde woede!

Ek sal die sondaar vergewe, nie die bose nie. Mense is tans in ‘n valse trans?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.