Pta-man met skroewedraaier gesteek

Argieffoto

Morne Gouws, ʼn inwoner van Pretoria, is Woensdagoggend op pad werk toe met ʼn skroewedraaier aangeval en gesteek.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê Gouws, wie se ouderdom nie dadelik bekend is nie, het omstreeks 06:20 in Aquamarinestraat in Laudium, in die weste van die stad, na sy werk toe gestap toe ʼn onbekende man hom genader het.

“Die verdagte het probeer om Gouws se selfoon te roof. Gouws het hom verset en ʼn stoeiery het gevolg. Die verdagte het ʼn skroewedraaier uitgepluk en Gouws daarmee in sy nek gesteek.”

Die verdagte het Gouws se selfoon gegryp en op vlug geslaan.

Gouws is in ʼn stabiele toestand na die Kalafong-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Enigiemand met meer inligting wat die polisie kan help om die verdagte aan te keer, word versoek om 0860 010 111 te skakel of hul naaste polisiestasie te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amanda ·

Jy is reg. Dit gaan nie ophou nie, want ons regering laat dit toe. Moor, verkrag, steel……dan gaan jy bietjie tronk toe dalk…….dit is mos verniet bly en eet. Geen bekommernis in die wereld nie vir daardie person nie. Zuma het ons land n moordlustige, korrupte land gemaak en hy is nog steeds in beheer. Gaan my verstand te bowe dat daar nogsteeds mense agter hom staan.

al ·

Wat is dit met selfone? Dat misdaadvarke bereid is om te steek en te moor vir dit?

Ai ·

Jong al, smart phones is oor die tien duisend rand werd nuut. Party so net onder tien maar nogsteeds duisende. Hy kry dalk 500 vir dit. Meer as genoeg vir nyope en n quart bier.

Tanya ·

Hulle vat net wat hulle wil hê. Die feit dat die man in die nek gesteek is, is ook ‘n teken van die manier waarop aangeval word. Hy wou hom verseker seer/dood gemaak het. Sterkte.

Tina Buys ·

Wat beteken dit om n selfoon te “black list”? Is dit n manier om te voorkom dat n gesteelde selfoon verder gebruik kan word, en is dit effektief?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.