Pta-man ná drama van ses uur gered

Sers. Tsholofelo Modise en konst. Vincent Mudau van die Sunnyside-polisiestasie saam met die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Sers. Tsholofelo Modise en konst. Vincent Mudau van die Sunnyside-polisiestasie saam met die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Pretoriase polisie het Maandag ure lank by ʼn gewapende 51-jarige man deurgebring wat gedreig het om selfmoord te pleeg.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die drama van ses uur het om 14:00 in ʼn residensiële gebied in Sunnyside begin afspeel.

“Beamptes van die Sunnyside-polisie is na ʼn huis nadat hulle ʼn oproep ontvang het dat ʼn man beplan om homself te skiet. Hy was in ʼn struktuur aan die agterkant van die huis, wat as ʼn kantoor gebruik word en die beamptes het die man daar genader,” het Mavimbela gesê.

Sers. Tsholofelo Modise en konst. Vincent Mudau het die gewapende man versigtig genader in ʼn poging om hom te kalmeer. Intussen is die polisie se gyselaaronderhandelaars ook na die huis ontbied om die man by te staan.

“Daar was hoogdrama toe die man na ʼn gelaaide vuurwapen gegryp het, wat agter ʼn kantoorstoel weggesteek was. Modise en Mudau, in samewerking met die onderhandelaars, kon egter daarin slaag om die vuurwapen uit die man se hande te gryp in ‘n stoeiery.”

Die polisie het kort daarna beslag gelê op ʼn geweer en ʼn haelgeweer. Modise het gesê die man het lisensies vir aldrie vuurwapens.

“Die polisie en onderhandelaars het daarna nog ʼn geruime tyd saam met die man gebly totdat hulle omstreeks 20:00 tevrede was dat hy nie meer ʼn gevaar vir homself is nie.” Hy is onder meer aangeraai om professionele hulp te kry.

Die rede waarom die man selfmoord wou pleeg, is persoonlik van aard en is nie bekend gemaak nie. Ondersoek gaan ingestel word na die man se bevoegdheid om ʼn vuurwapen te besit.

Kol. Helen Harmse, waarnemende bevelvoerder van die Sunnyside-polisiestasie, het haar verligting uitgespreek dat die situasies nie tragies geëindig het nie.

“Die twee beamptes moet geprys word vir hul heldedaad,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buitestander ·

Hoe jammer dat ‘n persoon met die naderende feesgety tot so ‘n drastiese stap oorgaan.
Ek glo nie regitg toe self moord wou oorgaan nie.
Mag hy berusting vind met wat hom pla.

varkie ·

Hulle het tyd om af te staan by n man wat sy eie besluite kan neem maar daar is nooit iemand beskikbaar as ons boere vermoor word nie en wragtag as hy dit regtig wou doen sal daar weer n geleentheid kom maar my boere kry nie n tweede Kans nie gmppppfffff

Elmarie ·

Genadedood word mos nou goed gekeur. Hoekom iemand keer wat homself wil dood maak. Ek sien geen verskil behalwe dat iemand anders die knoppie druk. Ek het nog nooit van iemand gehoor wat dreig om selfmoord te pleeg wat dit wel gedoen het nie. Dis daai mense wat so stil is wat dit doen en niemand wat dit verwag het nie.

Doris ·

Ai. Soms kan mens net vir ander mense lag. Genadedood is nie goedgekeur. Kyk nuus. As jy nie iemand ken wat al selfmoord gepleeg het nie hou jou opinnie vir jouself. My pa het gese hy gaan en dit deurgevoer. Die kommentaar oor die polisie kan ek net se dat hul net so verstreerd is omdat daar nie genoeg hulpbronne tot hul beskikking is nie. Dit belemmer die uitvoer van hul pligte

LB S ·

Jy is reg, Doris, sommige mense lewer kommentaar sonder om bietjie te dink of hamer alewig op dieselfde deuntjie.

Jakes ·

Bravo die beamptes vir 5ure vasbyt!
Moes erg wees om voertuig sonder wieldop te hê! Kruisig my maar sien daagliks geen trots uniform en voertuie. Lift to KFC en driving school.

Alida ·

Hy soek aandag en hou die polisie uit die werk uit. Solank hy niemand anders skiet nie los hom uit. Dit is sy eie keuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.