Pta-man se liggaam in dam gevind

Jacko Badenhorst. Foto: Facebook

Jacko Badenhorst. Foto: Facebook

Jacko Badenhorst (43) wat Saterdag in die Bon Accord-dam, noord van Pretoria, verdwyn het, se liggaam is gevind.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die liggaam is omstreeks 10:45 in die middel van die dam gevind. “Dit is nou ʼn baie slegte toneel by die dam en die familie is natuurlik gebroke. Maar hy is gevind,” het hy gesê.

Polisieduikers en lede van Tshwane se soek-en-reddingsdienste het dae lank onverpoos na Badenhorst gesoek sedert hy Saterdagmiddag onder die water verdwyn het. Maroela Media het vroeër berig Badenhorst het Saterdag omstreeks 15:00 saam met vriende op ʼn boot op die dam uitgevaar en in die water geduik om te swem. Hy het kort daarna onder die water verdwyn. Sy vriende het hom probeer soek, maar kon hom weens die troebel water en ysige temperatuur nie opspoor nie en het hulp ontbied.

Badenhorst se vriendin, Menita Visagie, het Woensdagoggend op haar Facebook-profiel gesê die voorval voel steeds baie onwerklik. “Ek kan nog steeds nie aanvaar jy is nie meer daar vir my nie. Als is nog heeltemal te onwerklik. Ek kan nie, wil nie en gaan nie sonder jou kan alleen voortgaan nie. Jy is en was my hele rede vir bestaan. Sal jou nooit kan vergeet nie,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sue ·

Ai het so geweet die liggaam sou vandag na bo kom dit mos 4dae na verdrinking sterkte vir sy familie..

Sarie ·

Lees ek règ? Was diè “bejaarde man” 43? Moes dit nie dalk middeljarig gewees het nie? Sterkte aan sy geliefdes & vriende..

Landi Slatter ·

Dagsê Sarie,

Dankie vir jou terugvoer. Dit word nie in die berig vermeld dat Jacko bejaard is nie, hy was wel 43 jaar oud.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Mariaan ·

Jammer oor tragiese voorval…maar is dit al inligting beskikbaar oor die man? Enige familie? Kinders? Ouers?

Connie Janse van Rensburg ·

Sterkte aan familie en vriende.Wat n pragtige man gewees lieflik so jammer vir die verlies. Amen

Quintus Eksteen ·

R.I.P. Jakes my vriend …
… Jy sal versekerlik gemis word op die Aksie Krieket baan in die aande … jyt baie vriende agter gelaat met jou afsterwe …
… dit jou laaste innings hier op aarde gewees …
Witseun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.