PTA-man se lyk in kar gekry

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Die liggaam van ʼn man, in sy 50’s, is Maandagmiddag in ʼn motor in Elarduspark in die ooste van Pretoria opgespoor.

Ao. Hero Gumbu, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê volgens ʼn voorlopige ondersoek het die man, wie se naam nog weerhou word, glo medikasie gebruik en is weens natuurlike oorsake oorlede. “ʼn Nadoodse ondersoek sal egter gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het Gumbu gesê.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerdervan van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê paramedici is Maandag omstreeks 17:00 na die toneel in Magnetietstraat ontbied. “ʼn Veiligheidsmaatskappy het ons en die polisie ontbied nadat die man in ʼn motor opgemerk is. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê.

Die man het geen uitwendige beserings gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.