Pta-man se lyk naby bakkie gevind

Die gebied waar die man se lyk gevind is. Foto: Google Maps

Die gebied waar die man se lyk gevind is. Foto: Google Maps

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn Pretoria-man Dinsdagaand in ʼn plas bloed in ʼn veld in die weste van die stad gevind is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê ʼn voetganger het omstreeks 20:00 op die man se liggaam in die beboste gebied op die hoek van Rodstraat en Quaggaweg in Proklamasieheuwel afgekom.

“Die man het beserings aan sy bolyf opgedoen en sy hande en voete was met ʼn tou vasgebind,” het Moloto gesê.

Die man se bakkie, ʼn rooi Isuzu, is ʼn paar meter ver van die toneel gevind. Die polisie kon deur die man se bakkie sy woning in die Itereleng- informele nedersetting in Laudium opspoor. “Volgens inligting wat aan die polisie gegee is, het die man Maandagmiddag sy huis verlaat en nooit teruggekeer nie.”

Die Pretoria-Wes-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is onbekend. Die polisie versoek enigiemand wat iets verdags in die omgewing gesien het, om die polisie by 086 110 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annemarie ·

Stem….2 de motivering vir motief…. Geen gevoel, respek of naasteliefde.

Gertjie ·

My broer is in 2000 in Pta Wes vermoor en tot vandag toe was daar nog niks gedoen nie terwyl ek presies weet wie dit was. Die ondersoekers het gelag toe hulle van my huis af weg geloop het. klomp gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.