Pta-man skiet glo vrou, homself

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man het Woensdag in die vroeë oggendure na bewering sy vrou in die ooste van Pretoria geskiet voor hy sy eie lewe geneem het.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 01:00 in die Silver Lakes-omgewing plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die vrou met ʼn skietwond aan haar bors en die man met ʼn skietwond aan sy kop aangetref,” het Magoro gesê.

“Die man het na bewering sy vrou geskiet voor hy homself geskiet het. Die vrou is in ʼn ernstige toestand aangetref en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Niks kon vir die man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Magoro is die man en vrou tussen 35 en 45 jaar oud.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tom ·

Wat gaan aan met die mense ,Pleks hulle mekaar net los ,as daar huweliks probleme was

Steven ·

Let wel: “silver lakes omgewing’…nie in Silver Lakes Golf estate nie…dit het in Hazeldean gebeur

Nettie ·

@Steven, ek het ook nou ampetjies daai fout gemaak om te vra of dit dan nie dieselfde plek is waar OP sy meisie doodgeskiet het nie en “wat gaan aan met die mense daar”? Dankie vir die inligting.

D V ·

Dit maak nie saak waar dit gebeur het nie. Dit bly tragies. Het hulle eerste liefde verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.