Pta-man skiet rowers dood: Nuwe inligting glo bekom

Foto: Verskaf.

Ferdie van Greunen, die 47-jarige man wat op 5 Mei twee rowers op sy erf in Lynnwoodrif in Pretoria doodgeskiet het, het gesê hy kon met “private hulp” daarin slaag om inligting te bekom omtrent die groep mense wat ʼn week gelede voor sy huis bymekaargedrom, hom as ʼn moordenaar uitgekryt en met die dood gedreig het.

Dié inligting is glo met behulp van die verdagtes se voertuie se nommerplate bekom. Volgens Van Greunen het hy dié inligting aan die ondersoekbeampte by die Garsfontein-polisiestasie oorhandig.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die inligting bevestig nie, maar het gesê indien daar inligting ontvang is sal die ondersoekbeampte dit “beslis ondersoek”.

Miller kon verder bevestig die nadoodse ondersoek- sowel as die forensiese verslae is nog uitstaande.

“In dié stadium is daar nog geen aanklagte teen die eienaar [van die eiendom] aanhangig gemaak in terme van Saterdag [5 Mei] se voorval nie. Ons sal uiteraard steun op die uitslae van die nadoodse ondersoek.”

Miller het bevestig dat daar vir die voorval op 5 Mei ʼn geregtelike doodsondersoek en ʼn saak van huisroof ondersoek word, en vir die voorval op 7 Mei, waartydens Van Greunen gedreig is, ʼn saak van intimidasie en twee van die rig van vuurwapens ondersoek word.

“Een saak van rig van ʼn vuurwapen word teen die eienaar ondersoek en die ander teen die groep.”

Maroela Media het vroeër berig Van Greunen het sy vrou en kinders ná die voorval by hul huis landuit gestuur ter wille van hul veiligheid. Van Greunen het die bewerings dat hy ʼn vuurwapen op die groep mense buite sy huis gerig het in ʼn onderhoud met eNuus ontken.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het laat die Saterdagmiddag plaasgevind. Die gesin het tuisgekom en agtergekom die voorste hek is oop, waarna hulle ʼn vreemde silwerkleurige voertuig in hul oprit naby die motorhuis opgemerk het.

Van Greunen het uit die voertuig geklim en gaan ondersoek instel. Een verdagte het verby hom gehardloop. Miller het vroeër vertel Van Greunen het probeer om die verdagte wat verby hom gehardloop het te vang, maar die verdagte het hom ontduik en terug in die huis in gehardloop. Intussen kon ʼn tweede verdagte daarin slaag om verby Van Greunen te kom en in die voertuig, met die man se gesin steeds daarin, te spring.

Dié verdagte het probeer om in trurat weg te jaag, maar het volgens Miller “gelukkig” teen die muur vasgery en kon nie verder beweeg nie. Van Greunen het na die voertuig gehardloop en daar probeer help en in die proses is die verdagte doodgeskiet. Intussen het die tweede verdagte in die boosdoeners se wegkommotor gespring en herhaaldelik teen die gesin se voertuig, wat die oprit versper het met die gesin steeds daarin, vasgery.

Die verdagte kon nie daarin slaag om by die oprit uit te ry nie. Hy het Van Greunen weer probeer aanval en Van Greunen het homself weer verdedig. Die tweede verdagte is in die proses ook doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ella ·

Hoekom, in vadersnaam, plaas julle die inligting? Die man is reeds n teiken en sy mense is landuit. Sy lewe is in gevaar.
Ek sien gisteraand op TV nuus die kameras in die hof is heeltyd op die arme Mev Botha, weduwee van die treindrywer wat vermoor is, terwyl sy sukkel om kalm te bly met die uitspraak. Daarna moes sy nog kommentaar lewer. Haar smart is duidelik vir almal.
Waar is die media se menslikheid en simpatie?
Wat my verder opgeval het: die moordenaars van Mnr Botha se gesigte is nooit vertoon selfs nadat hulle skuldig bevind is.
Wat gaan aan in ons land?

Siek en sat ·

Wat in ons land aangaan is soos volg. Slagoffers word getreiter en skuldiges kry heeltyd simpatie en word die ‘rooi tapyt’ omtrent vir hulle uitgerol.

Vraagteken ·

@Ella, ek stem 100% met jou. Dis baie swak van MM (en ander nuusagentskappe) om identiteitsinligting te publiseer.

Bekommerd ·

Wat in die land aangaan is dat onskuldiges in hul huise, op straat, in opritte, ens aangeval word. Die wet vind onskuldiges skuldig omdat jy jouself en jou familie verdedig. Die skuldiges, wat jou oorval terwyl jy net jou daaglikse take verrig, word niks aan gedoen nie. Dit is ‘n siek toestand waarin ons land verkeer.

pieter ·

Hoekom word die huiseienaar geterroriseer deur kriminele elemente hy betaal belasting hoekom doen die polisie nie hulle werk nie.

Max ·

Die polisie het ongelukkig n terminale tekort aan die volgende hulpbronne. Integriteit en bekwaamheid.

Vraagteken ·

@Max, dis ‘n stoute stukkie kommentaar wat jy lewer.

Lientjie ·

Soos die huiseienaar reeds op ‘n TV onderhoud gesê het dat die Polisie hulle werk 100% doen en dat hy op ‘n daaglikse basis op hoogte gehou geword. Daar is dag en nag wagte by sy huis, so wat wil jy hê moet die SAPD meer doen. Hy het ook gesê dat sy vuurwapen tans by die Polisie is, so hoe hy ‘n vuurwapen kon rig weet ek nie. Die mense wat by die huis was vat ‘n vet kans, maar gelukkig was daar kamaras wat hulle die registrasienommers van die voertuie kon kry.

Afrikaanse Knaap ·

Die vuurwapen lisensie wet is duidelik, as die aanvan gaan gebeur of besig is om te gebeur en jy is oortuig daarvan dat ‘n mens se lewe in gevaar is, mag jy skiet.
Hierdie man het reg opgetree in my opinie gebasseer op die storie.

Koos ·

Ek soek al lankal hierna maar kry dit nêrens in daai wet. In watter artikel daarvan staan dit?

@ REGSMANNE ·

Nou wat is verkeerd daarmee as jy ‘n GROEP opstandige dreigende mense wat jou wil kom doodmaak en jou huis wil kom afbrand met ‘n wapen te dreig? Al ken jy die vuurwapenwet, WAT MOET JY DOEN as ‘n groep mense buite jou huis kom versamel en jou en jou gesin met die dood dreig? Ek verstaan jy kan nie jou vuurwapen net op iemand rig nie, maar hoekom is dit reg dat hierdie mense jou kan DREIG met die dood en jy mag nie terugveg of eers hulle net WAARSKU met jou wapen nie???? KOM REGSGELEERDES, julle het mos altyd al die antwoorde? Daar staan ‘n groep OPROERIGE mense voor my huis, gooi bakstene, skreeu kill the white, we are going to kill you you murder. .. MAG JY JOU WAPEN uit die kluis gaan haal of moet jy eers die KOMBUISMES vir hulle wys of klim jy oor die draad aan die agterkant van die huis en VLUG???

Manna ·

Ek sal ook graag antwoord op die een wil hê. Wat is regte ding om te doen.

WAARSSIE POLISIE ·

Hoekom moet die huiseienaar weer SELF speurder speel? Het die polisie nie EEN in hegtenis geneem en gevra waar kom hulle aan die adres en hoe het hulle die opstand beplan teen die arme man wat sy familie probeer beskerm het nie?

le Roux Strydom ·

Rig van vuurwapen, hoe op aarde, moet hy hom dan self in die voet skiet?? Dit is tog logies dat jy jou wapen moet rig om te kanskiet ??

Ekke ·

Bring betreeding weer in werking .Niemand het nodig om op ander mense se eiendom te kom oorvat nie.wat nig tese betree??? En te vat waarvoor hul nie betaal het nie.moet eienaar se toestemming eers kry .voordat daar net in n yard mag in gestap word !!!

Ait tog! ·

Hulle was nie in sy erf gewees nie. Hulle was buite in die straat, so dit is nie betreding nie.

E ·

Selfverdediging! Hierdie persoon het sy eie lewe, sy eiendom en sy geliefdes verdedig.

bgj van der westhuizen ·

ek gee nie n hel om wat die wet meer se nie as hy my lewe bedrief sal ek my self beskerm en klaar maak nie saak watter kleur is hy nie die man het die regte ding gedeon

Gertjie ·

Waarssie Polisie
Jy daar punt beet!! Waar kry hul die adres om die man te dryg?

Wilma ·

Kriminele se vriende of familie dreig die man. So hul keur misdaad goed.

Buks ·

As die “slagoffers” nie in Mnr van Greunen se huis was nie, was hulle nie nou dood nie! Die volgende ding wat gaan gebeur, is dat die familie hom seker gaan wil staan en dagvaar vir “skadevergoeding”! Net soos ‘n kennis van my wat die man doodgeskiet het wat sy swanger vrou voor hom vermoor het! Dit is ‘n money-making racket op mafia-vlak!

AJ ·

Gee asb die teisteraars (medepligtiges?) se besonderhede sodat ons almal weet die hulle is. Dié klomp wat agterna by die slagoffer se huis gaan intimideer het.
Ons ken hulle moontlik?

Pieta ·

Mooi so mnr van Greunen – ek sou hulle ook geskiet het maar ongelukkig is jy nou die skuldige? dis darem lekker wat in ons land aangaan. Ons bid vir jou en jou gesin,

RH ·

Dis reg!!! Alle inbraak stories eindig tragies met die eienaars wat geskiet of vermoor word. Dis nou anders om die keer! Dis reg ons moet terug veg!! Die wat weer voor sy huis staan en protes oor hy n moordenaar is, is seker die klomp wat nie finansieel gebaat het van die inbraak nie! Hulle moet somer almal ondersoek word vir betrokkenis in die geval! Familie en vriende! Sal almal seker sake nog teen hul name he van die einste dade of nog erger dalk!!! Good for you Mnr! Jy’t uitstekend gedoen en jou familie beskerm tot jou beste vermoe!!

Johann ·

Word daar mense gedreig as daar “mob justice” plaasvind? I dont think so.

kas ·

Koos,dit is artikel 49 van die strafproseswet, wet 51 van 1977.Gebruik van geweld.As jy uit noodweer optree dan is die dood van die persoon of persone straffeloos.Hierdie man het volgens my uit noodweer opgetree.Die mense wat by sy huis gaan betoog het het aan ‘n onwettige byeenkoms deelgeneem maar ja intimidasie is dit wel.

chris ·

Max ek stem saam, maar dis nie al te kort wat hulle het nie.jy mis sommer baie ander tekorte, maar sal dit eerder nie noem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.