Pta-man skiet vermeende inbreker

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Vermeende inbreker is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagaand glo by ʼn huis in Willowpark Manor, Pretoria, ingebreek en deur ʼn buurman geskiet is.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het glo omstreeks 21:00 op ʼn huis in Fittstraat toegeslaan. ʼn Twaalfjarige seun en sy oppasser was volgens Mngomezulu in die woonkamer besig om televisie te kyk toe hulle hoor hoe iemand aan die voordeur peuter en kort daarna ʼn venster in die kombuis breek.

Mngomezulu het gesê die oppasser en seun het na die kamer gehardloop waar die seun se pa gelê en slaap het en hy het die paniekknoppie gedruk. Die drie het hulle in die kamer toegesluit en gewag vir die veiligheidswagte om op te daag.

“Intussen het die verdagtes die huis binnegegaan en met vier selfone, ʼn rekenaartablet en ʼn televisiestel weggekom,” het Mngomezulu gesê. “ʼn Buurman wat die rumoer langsaan gehoor het, het gaan ondersoek instel en gesien hoe die verdagtes weghardloop. Hy het in sy voertuig gespring en hulle agternagesit toe een van die verdagtes op hom begin skiet. Die buurman het teruggeskiet en die verdagte is twee keer in sy bolyf gewond.”

Die twee ander verdagtes kon daarin slaag om van die toneel te vlug. Die gesteelde televisiestel en ʼn ongelisensieerde vuurwapen is in die eerste verdagte se besit gevind.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911 wie se paramedici na die toneel geroep is, is die verdagte in ʼn ernstige toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer en onder polisiebewaking na die Steve Biko-hospitaal geneem.

Mngomezulu het gesê sake van huisbraak, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Ja, die buurman is nou ‘n “vermeende ” moordenaar wat ‘n “vermeende” rower geskiet het. Vanwaar die woord “vermeende”? Die Afrikaanse joernalistiek is seker gedreig om sagkens met die waarheid om te gaan.

Xa ·

Dalk kan Afriforum n regshulp diens begin vir mense wat groter moeilikheid as moordenaars gaan kry omdat hulle help soos in die geval, of waar mense hulself verdedig en die arme kosbare mooi skelmpie waag seermaak.

Dean ·

Cherokee, was jy al tronk toe net omdat jy jou familie wou verdedig? Moes jy al die besluit neem om te skiet of nie, gewonder of jy eers moet wag om te kyk wat die aanvallers se plan is voor jy skiet, waarna dit dalk te laat is?

steve ·

Daar is reds so forum jy betaal n bedrag per maand of jaar en hulle help en gee bystand of regs hulp waneer jy dit nodig het indien jy jou vuurwapen moes gebruik hulle is http://www.GOSA.co.za aan sluitings forms en als is da

Grap ·

Mooi so ek se altyd baklei terug die diewe sal dan twee keer dink oor of jy ‘n maklike sagte teiken is

Xa ·

Jy is reg. Ons moet hard word. Altyd gereed wees en onsself ten sterkste verdedig wanneer hulle kom. Leer selfverdediging aan en maak dit so moeilik moontlik vir hulle. As ons nie self gaan nie gaan niemand nie, die polisiehoof wat so vas en rustig slaap erken dit self.

BAASJAN ·

Wil die buurman geluk wens met sy dapper optrede. Dit het lankal tyd geword dat ons ons besittings en veiligheid met mag verdedig . Staan saam, verdedig saam dit is die antw. EEN DRAG MAAK MAG. N inbreker, is n skelm, hulle steel en is ook moordenaars. As hulle op jou skiet, antw met vuur terug.

Cherokee ·

Dit is altyd lekker om te lees dat die publiek terugslaan en dit behoorlik doen.

Cherokee ·

Terloops, as daardie buurman dalk hier lees, netjies gedoen!
Een man sluit homself, kind en oppasser toe en ‘n ander jaag en skiet die inbrekers.
Die verskil is tussen mense wat hulself bewapen en diè vir wie dit te veel moeite is om die nuwe standaard vir lisensies te volvoer. Dink oor my woorde en besef wie almal in jou beskerming is en na wie se welstand jy moet omsien.

vermeende ·

VERDAGTE?????????

Komaan Maroela, dis n inbreker.
Hersien die berig en noem hom wat hy is.

Jaco Grobler ·

Ek dink dis bloot tegnies, die landswet beskou jou as onskuldig tot skuldig bevind.

Takkie Takuuza ·

Ag mens, raak die dinges in oor iets beters. Volgens wet is jy ‘n verdagte, en ‘n vermeende tot die hof uitspraak gelewer het. Die koerant mag nie hulle skuldig bevind en oordeel nie, dan gaan hulle heeltyd laster betaal. Hierdie donkie is rug is al af gery.

Xa ·

En onthou ook dat verdagtes superior is, ons moet hulle koester en sagkens vertroetel.

GES ·

Wat ‘n voorreg is dit om ‘n buurman te hê wat nie bang is om betrokke te raak. As hierdie gesindheid sou uitbrei sal dit nag word vir die onderwêreld.

Tiger ·

As iemand in my huis sou inbreek met ‘n vuurwapen in sy hand is hy nie ‘n inbreker nie maar ‘n gewapende rower in my oge!Geluk aan die buurman.Hy verdien ‘n medalje vir sy optrede.Dit moet meer male gebeur.En ja ek se ook AfriForum moet mense wat hulp aanbied in soortgelyke gevalle en daardeur by die gereg in onguns kom met regshulp bystaan.

Willie ·

Wel gedaan Buurman, “Give that man n Bells”. Hoop hy kry die nodige ondersteuning van die SAPD en die nodige regs hulp om sy onskuld te beklemtoon.

Mira ·

Ek is maar redelik dom met hierdie tipe goed maar ek wil net weet……. die wet sê jy is onskuldig tot jy skuldig bevind word. Hoe “onskuldig” was hierdie DIEF want hulle het IN sy besit die gesteelde goedere EN ń ongelisensieerde vuurwapen gekry. Watse onskuld kan hy dan bewys?

Ilse ·

Well done buurman!!! Ons meer mense in die land soos jy nodig. Ek moet sê ons het nie blanke buurmanne gehad en ek het een aand iets gehoor in ander buurman se erf. Ek het my buite ligte aangesit en die huis ligte af om te kan sien. Hulle het in hulle huis gegaan hul vuurwapens gekry en my dadelik kom vra of ons ok is. Hulle het gaan ondersoek instel en kon niks kry, maar net die gedagte dat hulle wel omgee en help was awesome.

m ·

Dis nou alles goed en wel dat die vermeende dief geskiet is maar soos gewoonlik gaan die simpatie by hom le en die person wat hom geskiet het gaan heel moontlik van poging tot moord aangekla word….. dis hoe siek hierdie land is.

Theuns ·

Die wet in Suid Afrika word so geintrepeteer.
N WITMAN IS SKULDIG TOTDAT HY SY ONSKULD KAN BEWYS! Boere van Parys is n goeie voorbeeld.
N SWARTMAN IS ONSKULDIG TOTDAT DIE STAAT SY SKULD KAN BEWYS!
Kyk maar na die kommentare en die toepassing van die Wet in ons howe.

Leeukop ·

Maroela Media, volg op oor wat met die buurman gebeur, dankie.

André ·

Die buurman sal aangekla word vir poging tot moord of moord….afhangend van wat met die vermeende dief gebeur.
Sy saak sal aangehoor word en die Reg sal besluit of hy in noodweer opgetree het. Indien wel, dan sal hy onskuldig bevind word. So eenvoudig. Ons kan nie almal net wild en wakker loop skiet en dink daar gaan nie gevolge wees nie.

Oupa D ·

Cherokee, dis duidelik dat niemand naby aan jou al deur moordenaars in die rug geskiet is nie. Weerhou jou van kommentaar as jy nie van beter weet nie.

Rina Pretorius ·

Cherokee, ek is ‘n enkel vrou van 62 en hoe graag ek ookal ‘n vuurwapen wil he kan ek dit nie bekostig nie, ek is bereid om deur al die prosesse te gaan om die lisensie te kry maar finansies maak dat ek nie ‘n vuurwapen kan kry nie beslis nie slapgatgeit om die lisensie te bekom nie en so is die meeste van ons wat nie vuurwapens het nie.

Gert ·

Die polities korrekheid van Suid Afrika maak my nou siek. Al rede hoekom hulle se “verneemde” is om hulle nasie te beskerm. Hulle het wapens gehad, gesteelde goedere en hulle is op heterdaat betrap. Dit se mos klaar dat hulle skuldig was. Hoekom die vermeende?Job wel done buurman. Ons moet meer betroke wees soos die buurman en agter mekaar kyk as ons nog leef die die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.