PTA-man skiet vrou, homself

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 54-jarige man het Maandagoggend in Pretoria se middestad eers sy 40-jarige vrou doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

“Die man het sy vrou ingewag toe sy op pad was werk toe,” het sers. Anne Poortman, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee het ʼn woordewisseling gehad en hy het haar in die maag, kop en bors geskiet. Hy het daarna homself in die kop geskiet.”

Poortman sê die skietery het omstreeks 07:45 plaasgevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en selfmoord.

Die vrou het as ʼn skoonmaker by Mercedes-Benz gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Conrad ·

‘Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en selfmoord.’ Gaan die polisie dan die man wat homself doodgeskiet het, aankla as hy skuldig bevind word… huh!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.