Pta-man tydens huisroof doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 47-jarige man is Donderdagaand by sy huis in Pretoria doodgeskiet toe hy sy gesin teen ʼn groep rowers beskerm het.

Kapt. Ilze Jones, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 22:30 in Faerie Glen, in die ooste van die stad, plaasgevind.

“Vier mans het na bewering toegang tot die huis verkry en die oorledene se vrou in die sitkamer oorweldig. Die vrou het om hulp geroep en die man het van die boonste verdieping van die huis haar te hulp gesnel in ʼn poging om haar en hul kinders te beskerm,” het Jones gesê.

Jones het gesê die man het die verdagtes verjaag sonder dat hulle iets kon roof. Een van die verdagtes het twee skote na die man gevuur toe hulle op vlug geslaan het en hom noodlottig gewond.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is ontbied en het die man buite in die erf aangetref.

“Paramedici het hard gepoog om die man se lewe te red, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Opvolg: Faerie Glen-moord: Naam van slagoffer bekend gemaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Lucy ·

Almal maak n groot ophet van die vrou agter op die bakkie- self nadat sy self gese het dat sy uit vrye wil nie voor in die bakkie wou sit nie- dis of hulle fout moet soek teen die ou wat haar laat saamry het. Dit maak die nuus , maar min sien ons op tv die moorde van onskuldige mense in hulle eie wonings! Hoekom is dit op die wereld n blinde oog gooi vir al die dinge. Dis asof dit die norm is vir blankes om gemoor te word.

Barrie Vermeulen ·

Nee veel erger, baie van ons eie volksgenote gooi ‘n blinde oog.

Alida ·

Baie tragies! Mense asb elke lid van elke gesin MOET n panniekknoppie om die nek dra. Die moordenaars gaan nie wag dat jy hom soek nie. ASB.

Cherokee ·

Alida, wat is ‘n paniekknoppie? Gekoppel aan die huis se alarmstelsel of hoe werk dit?

Chris ·

Stem saam met Jacobus, Mans en Vrouens moet hulle self bewapen, gaan vir opleiding, gaan skiet gereeld end dra die vuurwapen aan jou sy so veel as moontlik.

shane ·

Ek het ‘n paniekknoppie… .45 ACP… as ek die knoppie druk paniek almal in die rigting wat die knoppie kyk.

moeks ·

Cherokee, ja die paniekknoppie is gekoppel aan jou alarm. Ek dra myne ook permanent om my nek. Die polisie het ook gratis selfverdediging opleiding aan vrouens en kinders gegee verlede jaar tydens vroue maand. Sterkte aan die familie.

Piet ·

Vergeet van die paniekknoppie! My seun is middel Desember in n gewapende roof gewees. Hy werk baie lang ure sewe dae n week en die boef beroof hom binne n minuut van sowat R70 000 Hy druk sy paniek knoppie en niemand daag op nie! Volgens die sekuriteits maatskappy was sy alarm op toets daarom het hulle nie gereageer nie.

Piet ·

Alida, Vergeet van die paniekknoppie! My seun is middel Desember in n gewapende roof gewees. Hy werk baie lang ure sewe dae n week en die boef beroof hom binne n minuut van sowat R70 000 Hy druk sy paniek knoppie en niemand daag op nie! Volgens die sekuriteits maatskappy was sy alarm op toets daarom het hulle nie gereageer nie.

June ·

Nog ‘n man wat onskuldig vermoor is in ‘n ROOF. HIerdie word weer opgeteken as ‘n ROOF wat verkeerd gegaan het. Hoe lyk ‘n roof wat reg gegaan het? Jammer vir julle groot verlies, nog ‘n vrou sonder ‘n man en kinders sonder ‘n pa en ouers sonder ‘n seun, maar die Menseregtekommissie is te besig met Twitter en FB en Kratte agterop bakkies.

Leonie Lundy ·

June ek stem saam . RIV mede volksgenoot. Sterkte aan die familie

Rita ·

Skiet eers, hensop dan. Dit is al hoe ons gaan oorleef deur onsself aggressief te verdedig. Hulle het in elk geval gekom om dood te maak. Roof was die bysaak.

Tienie Majiedt ·

Dankie vir maroela media. Dis my krag deur elke dag. Hou aan met die goeie werk .

Vermeede ·

DOODGESKIET NA HUISROOF????

Maroela julle het nie verslaggewers wat self artiekels skryf nie.
Logieka ASB wanneer julle artiekels vertaal of by ander huis leen, geen skelm dra goed weg en kom dan terug om moord te pleeg nie!

DIE MAN IS VERMOOR EN TOE IS DAAR GESTEEL!

Landi Slatter ·

Dagsê Vermeede

Dankie vir jou terugvoer. Ek bevestig graag dat ons wel joernaliste het wat self ons stories skryf, soos byvoorbeeld by dié berig. Kapt. Ilze Jones het in ‘n onderhoud met Maroela Media die aand se gebeure bevestig. Ons meld ook duidelik dat ‘n saak van moord ondersoek word. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jem ·

Baie tragies. My innigste simpatie vir die wat agter bly en die verlies moet verwerk. Dit is hartseer dat so baie mense hulle lewe verloor weens krimenele optrede in hierdie land. Gaan ons ooit weer veilig en sorgeloos kan lewe in die land. Almal maak en breek en brand af soos hulle wil.

adri ·

Nog iemand wat onnodig doodgemaak word, wonder hoekom ons “wittes” so beskaaf is en nie ook vra dat die wat so moor, roof en brandstig net eenvoudig doodgemaak word nie. Ek kan nie dink dat ons land in so ‘n wettelose plek verval het nie.

Chris ·

Batman, trek jou koelvaste pakkie aan en help patrollies ry in jou woonbuurt asseblief!

Helene ·

Ons moet almal in elke provinsie ‘n aksie loods om ons misnoee, ontevredenheid en “ons is almal g…tvol verby vir die sinnelose inbrake en moorde. Maar nee, almal kla, maar as ons iets kan doen, wil ons ook nie. Ons witmense in SA ken nie van saamstaan nie. Ek sê dit nou sommer prontuit: Ek is gatvol verby!! Ons is ‘n slapgat nasie!! Geen OEMF!!

helene ·

Jy kan maar voortgaan met die skuilnaam “Helene” Ek sal myne dadelik verander.

anton ·

Helene……..Ek stem 100% saam met jou!
Ek het jare gelede al agter gekom en dit gesê. Ons Afrikaner witmense is maar slapg@tte en nog erger, n klomp rugstekers en verraaiers daarby.
Ons het geen ”clue” wat die woord ”Saamstaan” beteken nie!!!

Cathy ·

Ek stem saam blankes kan ni saam staan eerder mekaar in die rug steek

Annie ·

Waar gaan dit heen. Ek se ons moet oorgaan na siviele eise teen die staat.

AL ·

Als kom terug na die etiket ‘wit bevoorregting’ wat politieke leiers om ons nekke hang. Hoeveel huisrowe en moorde word gepleeg teenoor wit in vergelyking met hul swart middelklas bure? Het jul al so n statistiek gemaak?

dink mooi ·

so n eeu gelede was Afrikaansprekende blankes die Engelse se knegte gewees ons het nie opheffing ten koste van ander geéis nie. ons het nie gelyke regte berus nie, ons het nie tersiere opleiding geeis nie. NEE! ons het onsself opgehef. ons het minder kinders gebaar en hulle TEN KOSTE VAN ONSSELF laat leer en bekwaam. wat gaan aan met n seker deel van ons mense wat alles wil hê en alles gratis wil hê.

wilma ·

Oppad na zimbabwe se verval. Hierie is Afrika. Baie mense mos gedink Nuwe SA gan maanskyn en rose wees. Skrik wakker mense. Hieri is n groot gemors

john ·

Ek wonder hoe het die swartes toegang tot die huis gekry. Ons moet ons huise ten alle tye gesluit hou asb.

john ·

Ek wonder hoe het daardie nie blankes toegang tot die huis verkry. Ons moet ons huise ten alle tye gesluit hou asb.

Barrie Vermeulen ·

Nee veel erger, baie van ons eie volksgenote gooi ‘n blinde oog.

Hendrik ·

Volgens my gaan hierdie situasie in oop woongebiede nie sommer gou verander nie. Die omheinde woonbuurte is ook ongelooflik duur vir gewone mense. Die enigste raad wat ek het is om na veiliger woonbuurt te trek of om na ‘n selfbeskikkinggebied te trek.

Tanya ·

Amper elke liewe dag hierdie hele jaar lank, lees ons dat daar elke dag iemand vermoor word. Die jaar begin baie, baie sleg. Sterkte aan die familie.

PZ ·

So jammer vir die gesin en familie en vriende en ek hoop jul kan vertroosting vind vir hierdie onnodige daad. Ek dink ook ons moet maar weer almal onsself bewapen, net bietjie skrikkerig want blykbaar moet ‘n lid van die polisie die kluis in jou huis kom sien en goedkeur so dan weet hulle mos presies waar is ‘n wapen en kom haal dit weer ‘n dag of twee na die tyd? hoe weet jy wie is die polisie beampte wat deur jou huis kom stap en kyk wat is waar?

anton ·

PZ…… Ek hou daarvan om te sien hoe jy dink.
Wonder hoeveel ander dink ook so?
Maar bygesê, jy moes al lankal n wapen gehad het! Kannie dink daar is nog blankes vandag wat nie een het nie.

anita ·

Ons gaan kla en kla…weereens se ek op maroela my sus met n klip doodgeslaan toe sy van werk af in haar kar klim om na haar man en kinders toe te gaan…parool ofisier het my swaer gekontak hy kry parool..jippie hy gaan uit op parool..wat was sy verskoning in hof.hy was honger…ja honger om te moor..as hul kinders op plase vermoor en ja mallema het op nuus gese.ons kom vir jul wit boys!!staan op saam steve voor ons ook nog n nommer word of ons kinders!!

anton ·

Ek wonder al lankal of daar nie n forum of webwerf gestig kan word waar sulke gevalle en die omstandighede waaronder die rowers en moordenaars toegang tot n woning of perseel bekom het bespreek kan word nie.
Dan kan baie mense waarneem waar hulle hulself n maklike teiken maak vir sulke aanvalle.
Maar ek weet ook uit ondervinding dat baie mense nie veiligheids bewus is nie. Glad nie.
Baie mense sal eerder nog n duurder voertuig koop ens. as om die veiligheid by hulle wonings op te skerp.

regtig?? ·

Daar word so groot bohaai gemaak oor n vrou wat uit haar eie uit agter op n bakkie ry en letwel NIKS oorgekom het of ooit in gevaar was nie….. Maar hieroor word NIKS gese nie????

Veronica ·

Okey helene en anton ek is n enkel ouer.. keelvol verby en beslis ni slap ni..ek weet net ni waar om te begin ni. Wil julle nie asb iets begin dat ek by julle kan aansluit nie anders is julle ook maar nes die res wat net kla en niks doen nie. En nee hendrik daar is nie so iets soos n veilige area nie. Ek woon in n sg veilige area en het 3 wke gelede n amperse inbraak gehad. Gelukkig het die “man” met die lang rastafarier lokke geskrik vir ons gille..sy swaar bobbejaanspanner op die stoep laat val en oor n 6vt muur geklouter. 2 van my bure oorkant die pad het verlede wk dieselfde ervaring gehad. Nou slaap ek en my 2 seuns in skofte want ons besef die armed response vat n ruk om hier uit te kom. Iemand in die huis is altyd wakker met al die ligte aan en honde in die huis om te keer dat hy net nie binne in die huis kan in ni.

anton ·

Veronica………Ek hoef nie iets te begin nie want daar is reeds baie persone en besighede daarbuite wat jy kan nader om jou te help met beveiliging.
Kyk gerus wat alles op die mark is deesdae om jouself en jou huis, motor ens. te beveilig.
Besoek gerus n winkel wat alarms, ”beams”, cctv kameras ens. verkoop.
Vra jou plaaslike buurtwag of sekerheids maarskappy vir meer inligting. Glo my daar is baie goed wat jy kan aanbring bv. by jou huis dat jy n rustiger nagrus kan hê.
En ek stem saam met jou. Daar is nie so iets soos n veilige area of kompleks nie. Baie van die sogenaamde komplekse loop erg deur onder misdaad.

rose ·

Ek is so moeg vir almal wat skree saamstaan waar is julle mense wat so skree oor ons nie saamstaan nie. Het julle al iemand in nood gehelp wat geroof en vermoor is. Nee ek glo nie. Ons moet maar soos die voortrekkerd laer opslaan en wag vir die vyand om ons aan te val en dan saamstaan. Mens kan tog nie ander 24 uur ‘n dag oppas nie. Ongelukkig bly ons in Suid-Afrika en jy weet nie of jy volgende is nie. Al wat ek kan doen is om so veilig as moontlik te wees en dan is dit nog nie ‘n waarborg dat ek nie ‘n slagoffer gaan wees nie. My hart gaan uit na die slagoffers en hulle famielies dit is so jammer dat daar so baie onskuldige mense sterf.

Alida ·

Piet jammer om te hoor van jou seun. Gebruik maar die knoppie dit kan dalk ‘n paar mense se lewens red.

Bollabek ·

RIV liewe mense en vrede vir die familie. Mag julle gou antwoorde kry.
(En .ACP klink nie vir my na iet’s wat jy om jou nek kan hang nie. )

Bittergal ·

Rus in vrede en saluut vir jou, jy het die hoogste prys betaal om jou gesin te beskerm.

Niks wat jy om jou nek hang sal keer of help nie, MAAR , wat jy in ‘n holster dra, kan dalk baie help..

Arnold Green ·

Ons president sing mos “umshini wami” so die skelm sal seker op die Gupta parlement in Saxonwold gewine & gedine & vereer word. Die kanker begin by nr 1 HEEL BO!

dw0404 ·

Ek wonder of die persone wat so vinnig sê ons moet onsself bewapen al in so ñ situasie was. Gaan jy vir die persoon wat jou onverwags oorrompel sê om net te wag sodat jy jou wapen kan uithaal? Ek was daar. Dis nie so maklik. En dan kom ons by die saak van hoeveel mense word met die wapen vermoor wat aangeskaf is om juis te beskerm? Ongelukkig het die boosdoeners gewoonlik reeds die oorhand as gevolg van ‘element of surprise’. Ons dink vandag aan ñ gesin wat binne n paar minute hul pa en steunpilaar verloor het. ñ skrander 15 jarige met n blink toekoms wat die geweldadige dood van sy pa moes aanskou. Ons bid dat hierdie gesin berusting en heling sal vind.

anton ·

dw….
Mens moet soveel moontelik doen om jouself te beveilig en te beskerm as jy wil oorleef in die land.
Dit gaan nie noodwendig of jy al in so n situasie was nie maar die VOORSORG wat jy tref om dit te verhoed en dit te oorleef!
En as jy n wapen aanskaf is dit eintelik net logies dat jy met dit sal oefen en leer hoe om dit te hanteer. Jy koop tog nie n motor, parkeer dit in die motorhuis want jy kan of wil dit nie leer bestuur nie.
Meeste van die gevalle waar mense se eie wapens teen hulle gebruik is, was dit hulle eie nalatigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.