Pta-man vas ná hy glo met kind (10) wou lol in fliek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 49-jarige inwoner van Capital Park is in hegtenis geneem nadat hy glo met ʼn 10-jarige kind in ʼn fliekteater wou lol.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, het aan Maroela Media gesê die slagoffer se ma het haar dogter verlede maand na ʼn fliekteater by ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria geneem om ʼn kinderfliek te kyk.

“Die ma het vir haar dogter ʼn kaartjie gekoop en saam het haar by die teater ingegaan om seker te maak sy sit en alles is reg, waarna sy haar kind alleen agterlaat het,” het Weilbach gesê.

ʼn Man, wat die meisie nie ken nie, het ingegaan en langs haar gaan sit. “Ná ʼn rukkie het die man sy hand op die meisie se binnebeen gesit. Die meisie het dadelik opgespring en na buite gehardloop, waar sy die voorval by ʼn vrou buite die teater aangemeld het. Die man het intussen ook uit die teater gekom en weggehardloop toe die meisie hom uitwys.”

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het die voorval ondersoek en die man Maandagaand by sy huis in hegtenis geneem. “Hy word verbind met ʼn soortgelyke voorval by ʼn ander fliekteater in die stad.”

Die man het Donderdag in Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van seksuele gereedmaking. Die saak is tot 22 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding. Die man se naam mag nie genoem word voordat hy gepleit het nie.

Weilbach het namens die Brooklyn-polisie ʼn beroep op ouers en voogde gedoen om nie toe te laat dat hul kinders op hul eie gaan fliek nie en om nooit ʼn winkelsentrum as ʼn “kinderoppasser” te gebruik nie.

“Kinders moet altyd naby hul ouers wees en nie toegelaat word om sonder toesig rond te dwaal nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lynette Schultz ·

Watter ma los haar kind in hierdie siek wêreld waarin ons leef ALLEEN in ‘n teater!! Ek is jammer om dit te moet sê, maar dit was onverantwoordelik. Ek hoop ander ouers leer hieruit. Ons kinders is ons kosbaarstes – pas hulle op!

Yolandie ·

Sad maar ek sien dit gebeur gereeld met kids 11jaar ouer…

Ronel ·

Ek stem saam. My jongste is10en ek sal nie daai kans vat nie. My shopping moet maar wag of wat die ma ookal wou gaan doen.

Ronel ·

Ons is verlig. Ons en ander ouers het dieselfde ervaring met die man gehad meer as n maand gelede. En ons was saam met ons kinders in die fliek in die Ooste v Pretoria! Hy word al lank ondersoek en die Valke is betrokke agv sy lang siek geskiedenis. Die bestuur van die fliek maatskappy het fantasties gehelp dankie dankie .

Stella ·

Hoe weet ons hoe hy lyk ek het ook man gesien 2xkeer in kinderflieks rond hang. Heeltyd op sy foon en in en uit fliek. Sit langs of agter kinders wat alleen is? Ek was geskok. Het hom probeer rapporteer en dit was ‘n mislukking

christine ·

Die siek blikslaers. Lak hulle alewig in parke en om skole in flieks vas. Ook my kinders nooit op krismisvader se skoot laat sit nie.

LB S ·

Ag nee, ek dink jy oordryf bietjie, vader krismis is heel onskuldig, voor al die mense met al daardie kinders? Wat is die kanse dat dit ‘n pervert is? Oppas dat jy nie al jou kind se pret bederf deur oorbeskermend te wees nie. Leer hulle net mooi wat reg en verkeerd is of voel!

Johannes van Rooyen ·

Die opmerkings hier is waar maar ons land is in so toestand agv ons uiterste swak selfverreikende ANC regering wat geensins daarin belangstel om land reg te regeer nie

Anneke ·

Hoe kan mens jou 10jarige alleen los in die fliek..? Nee sies kyk die fliek saam jou kind en los die shopping vir n ander dag ?

ek ·

MENS LOS NIE JOU KINDERS ALLEEN NIE! PUNT!!!! Veral nie n dogtertjie van 10 jaar oud nie! My kind is al 14 en tot nou laat ek haar glad nie in n sentrum of enige plek sonder toesig nie.

Penellope Jones ·

Genugtig, ek wou nie eers my seunskinders alleen gaan laat fliek op daardie ouderdom nie, wat nog te se ‘n dogter???
Dis nie te se as daar niemand in die teater is, daar gaan nie iemand inkom nadat jy jou kind “veilig” afgelaai het nie, liewe aardetjie tog.

Landi Maree ·

Dit is baie onverantwooedelik van di ma om di kind alleen in di fliek te los so word daar net moeilikheid gesoek. Dis hoe daar ook kinders gedrug word n aan di slaapbuitgedra en niemand merk onraad
Ek hoop alle onverantwooedelike ouers wat toelaat dat klein kinders sonder ouer toesig gaan fliek het n les geleer
Selfs al is jy saam mey jou kind daar en daar kom sit alleen man langs hasr ruil jy plekke

gerda ·

Hoop die ma het tot haar sinne gekom.
Waar los sy die kind dalk nog alleen? Wat as die kind toilet toe moet gaan – alleen?
O my genade nee Mev. Moet dit asb nooit weer aan jou kind doen nie. Jou kind was hierdie keer gelukkig!!

Yolandie ·

Ek het die man persoonlik dit sien probeer doen by selfde fliek as Ronel in.ooste van PTA. Dit was om van naar te word en
Ek stem SAAM Ronel..bestuur van die fliek en sekuriteit vd mall was absoluut fantasties. Hulle het uit hul pad gegaan om video materiaal van hom te kry sodat ons hom kon uitken. Ek soooo verlig ek kon optree en saam Ronel hul dit verder vat en dat hy NOU AGTER tralies sit. My 12jr het vies geraak omdat ek haar nie alleen saam vriendinne wil laat fliek nie..nà die Vrydagaand het sy my gedruk en DANKIE gesê ek paranoid … Dki aan.ALMAL wat aangehou het tot hy gebang is en ons op hoogte hou van vordering. …

Uvonka ·

Nee genade toggie Mev, ek kry sommer hoendervleis as ek net daaraan dink. Moet nooit weer jou kind alleen na enige plek laat gaan, ons as volwasse vroue is nerens veilig nie wat nog van ‘n 10 jarige dogtertjie.

charlotte ·

Ja my dogter van 14 word soms kwaad vir my maar nou ja sy kan maar kwaad word. Sy sien geen kwaad daarbuite nie. Waar is die dae toe ons knders met hul fietse in die straat kon ry. Ai mev dit maak jou nie n slegte mamma nie. Ongelukkig is die dae verby waar ons kinders veilig was. Hul is nèrens meer veilig nie en waar ons vandaan kom kon my kind nog winkel toe gaan en met haar fiets rondry.. Al die geweld hier waar ons nou is is te veel vir my. Ek laat my kind nèrens alleen gaan nie.Dankie dat daai kind veilig is. Met haar vinnige reaksie se dit vir my sy weet wat reg en verkeerd is. Vir die mamma se ek net….Ons almal maak foute en ek sien hoeveel kinders ry saam hul ouers en hang by venster uit en staan voor in die bakkie regop….. Dis ook verkeerd.Ek se maar net

ivy ·

Baie hartseer dat ons nie eers in fliek teaters ens nie eers meer veilig is nie,

snoepie ·

Kan iemand asb aan my verduidelik hoe los jy n 10 jarige, in vandag se lewe alleen tussen vreemdelinge wat jy ni ken nie. n Mens kan nie eens meer mense by jo kinders vertrou; wat jy dink jy ken nie.

Soekie ·

Liewe aarde! Almal gaan aan asof hulle nog nooit n fout begaan het nie. Dit moes n vreeslike skok vir die ma gewees het. Dankbaar die kind het reg opgetree en dat die skuldige gevang is.

Alta ·

Tien uit tien vir die dogtertjie wat haar nie deur ‘n volwasse man laat intimideer het om te bly sit nie! Aan die mamma, jy kry nou wel baie kritiek omdat jy jou dogter alleen laat fliek het, maar tien uit tien vir jou ook dat jy haar grootmaak om vir haarself te dink en sulke gedrag te rapporteer. Ons kan nie ons kinders 24 uur van die dag 100% oppas nie. As ek kyk hoe onafhanklik kinders van daardie ouderdom in Europa is, hoe hulle alleen op treine, busse, trems en die metro reis, dan dink ek dit is so tragies dat ons kinders, weens die onveilige toestande in ons land, so in watte toegedraai moet word.

Madelyn ·

Na ek die artikel gelees het en almal se kommetaar gelees het moet ek nou net iets se. Ja, dit was miskien nie die regte ding vir die mamma om haar 10jarige dogter in die fliek teater alleen te los nie, maar liewe genade! n fliek!? teater!? is n mens nie veronderstel om daar te wees omdat jy wil gaan fliek kyk in n plek wat veronderstel is om veilig te wees nie??? Wie op aarde sou nou n pedofiel in n fliek teater verwag? Moet asb nie sommer die mamma so verskriklik kruisig nie. Ek sou miskien dieselfde gedoen het, ek weet nie. Maar met al hierdie dinge wat gebeur besef n ouer maar net WEER dat NERENS IS JOU KIND VEILIG nie. En glo my hierdie gebeur nie net met n 10jarige kind nie. n Jong man van 18 was ontvoer.. laang storie in dieselfde Mall en is verkrag deur VROUENS.. My seun is 21 maar ek se nog steeds vir hom as hy uitgaan, vat n vriend saam wat jy WEET jy kan vertrou want as iets skeefloop het jy iemand wat vir jou sal cover. Maak nie saak HOE oud jy is nie, as iemand iets duiwels teen jou wil doen, sal die persoon dit doen. Ons moet net weet, ons moet wys wees en die Here vertrou met ons beskerming.

SARIE VAN HEERDEN ·

Is dit nie verdag as ‘n man alleen gedurende die dag ‘n teater besoek nie? Het die teaterpersoneel dit nie gesien toe hy alleen ingaan en gaan sit nie? Mens het geen beheer oor die teaterbesoekers nie, maar daardie alleenmansbesoeker moes die rooi ligte laat flikker het toe hy gaan fliek terwyl mans veronderstel is om gedurende die dag te werk. As hy werkloos was, WAAR het hy dan ontspanningsgeld gekry vir sy toegangskaartjie?

Alta ·

Sarie, dit was sekerlik nie op ‘n weeksdag nie, anders sou die dogtertjie in die skool gewees het en ook nie in die teater gewees het nie. Dit was seker Saterdag of Sondag.

Irene ·

Mense hou nou die kind se ma verantwoordelik, sien ek. Hallo, die perve is die skuldige, nie die ma of die kind nie!! Genade!! Ek het as kind gereeld alleen saam my sussies gaan fliek – beste herinneringe uit my jeug (so 17 jaar gelede). Dis absoluut aaklig dat kinders nie meer so sorgeloos kan wees nie. Blameer die siek samelewing, nie die ma wat haar kind iets soos dit wou gun nie.

Emily ·

Sulke haatlike skuim se name en fotos moet landwyd versprei word. Mense pas julle kinders op, al dink ander jy piep hulle op en ja party van hulle gaan se hulle is groot genoeg om alleen dit en dat te doen. Sit jou voet neer.

maggie ·

Mense hou net op vrae,,,,hoekom, waarom en hoe kon die mamma dit doen!!!! Hoeveel kinders word gemolesteer in huise, deur ouers, famillid, met 100% toesig, hou op vinger wys.

LB S ·

Juis daarom moet jy ten ALLE tye weet waar jou kind is en of hy/sy veilig is.

LB S ·

Ek wonder hoe en waar en wanneer die arme kind weer met haar Ma in aanraking gekom het!

Blykbaar was die man nou reeds ‘n geruime tyd met hierdie siek spel besig en het die Valke dit ondersoek. HOEKOM kon die persone wat die mense inlaat en altyd by die ingang rond beweeg nog nie ingelig wees om hulle oë oop te hou en enige verdagtes onmiddelik te rapporteer nie? Veral aangesien, soos iemand hier beweer, hy “in-en-uit die flieks beweeg en op sy selfoon besig is” – in ‘n kinderfliek. Nee kyk, dit is baie swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.