Pta-man vas na hy ‘inbreker’ doodskiet

Opvolg:
Klag laat vaar teen man wat ‘inbreker’ doodskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is Vrydag by sy huis in Pretoria in hegtenis geneem, nadat hy ʼn gewapende man doodgeskiet het wat by sy huis wou inbreek.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die Erasmia-polisie, het aan Maroela Media gesê twee verdagtes wou na bewering omstreeks 04:00 by die man se huis in Senoritastraat in Erasmia, Centurion, inbreek.

“Die verdagtes het toegang tot erf gekry en was besig om die veiligheidshek by die voordeur oop te breek, toe die huiseienaar hulle gehoor het. Hy het skote gevuur en een van hulle noodlottig gewond,” het Moloto gesê.

Die ander verdagte het weggehardloop.

Die polisie het die verdagte buite die huis in ʼn plas bloed gevind. ʼn Flitslig en ʼn mes het langs sy liggaam gelê. Die polisie het daarop beslag gelê.

“Weens standaardprosedure is die man in hegtenis geneem op aanklag van moord en beslag is gelê op sy vuurwapen.”

Die Erasmia-polisie ondersoek die voorval en het ʼn soektog van stapel gestuur na die tweede verdagte.

Yusuf Abramjee, gemeenskapsaktivis en internasionale direkteur van kommunikasie by Crime Stoppers International (CSI), het gesê die verdagte wat geskiet is, kan verbind word met ʼn reeks voorvalle in die omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Heinrich ·

Dis so verkeerd dat ons nie ons besittings en geliefdes mag beskerm teen hierdie gemors nie. Die inbreker het niks daar verloor nie; hy het gekry wat hom toekom. Baie sterkte aan die slagoffer wat geforseer was om sy geliefdes te beskerm!

Chris ·

Volgens ons land se wette moes hy seker vir die mense oopgemaak het en gese het kom vermoor ons.

Frits ·

Is daar werklik GEEN prokureur OF advokaat wat bereid is om na vore te kom om hierdie man uit die tronk te kry nie.

Kaspaas ·

Absoluut belaglik. Dit is verseker nie standaard prosedure nie. Om op die wapen beslag te le ja maar nie om te arresteer nie. Weereens n geval van die misdadigers het meer regte as die “Victims”

Dewald ·

Dit is standaard prosedure omdat die rowers nie reeds in die huis was nie. Volgens wet moet die persoon in jou huis wees voor jy noodlottig kan optree. So raak mar rustig

DMC de Koker ·

Dewald dis nie heeltemal waar nie. Watter wet? Dit gaan nie oor of die ou in jou huis was of nie, dit gaan oor die handeling. Dit gaan dus oor die dreigende handeling. Wat nou as iemand op straat jou nader met messe byvoorbeeld. Ons howe stel daar moet ‘n dreigende handeling wees en jou optrede moet daarteen opgemeet kan word. Jy mag nou nie ‘n grypdief byvoorbeeld jaag en met ‘n knuppel doodslaan nie. Dit kan nie teen mekaar opgeweeg kan word nie. Daar is ‘n 1978 saak (die naam ontbreek my nou) wat stel jy mag wel jou eiendom beskerm, maar sedert die inwerkingtrede van die grondwet kyk die howe baie sterk na die reg op lewe en ongelukkig word dit pro die besludigde toegepas. Standaard prosedure om iemand toe te sluit as daar iemand se dood veroorsaak is ja, maar nêrens is daar aanduiding dat iemand in jou huis moet wees voor jy kan of maag optree nie. Dus die hof weeg die dreigende handeling en die persoon wat hom beroep op noodweer se handeling op teen mekaar en kyk of jou handeling buitensporig tot die aanvaller se handeling was. As hy byvoorbeeld die aanvallers buite die huis met ‘n nie-dodelike gasgeweer geskiet het deur ‘n ruit (net as voorbeeld) kan ek nie as juris sien hoe hy dieselfde probleme kon hê as tans nie. Die vraag wat ons onsself moet afvra, kan sy handeling opgeweeg word teen die dreigende handeling.

Divam ·

Dewald, snert man, die wet se jy het die reg om jouself te verdedig indien jy sonder twyfel voel jou lewe in gevaar is en jy jou aaanvaller waarsku oor jou intensie sou hy aanhou probeer aanval/inbreek. Dit moet bewys word in die hof, en die makkers wat die hek probeer oopbreuk het is genoeg. Niks sal van dit kom nie.

gordon de jager ·

Mense moet die erns en verskil ken van direkte lewens gevaar en indirekte gevaar en die aard van dreigende gevaar as jy n wapen besit dan sal jy jou wapen binne die wets betaling op die regte plek en tyd gebruik vir beskerming…..jy doen jouself n guns om dit te weet. Dis nie net die wet wat die skuld moet kry nie maar ook onkunde en impulsiewe handelinge as gevolg van onkunde en dan oops se as jy verkeerd opgetree het uit onkunde

REESE ·

Ek kan nie glo nie, die gesin het reeds geskrik om so iets te beleef, dink net waarheen gaan hulle nou. Sterkte aan sy familie.

KB ·

Motief!!!! Kon ek julle vertel wat met my gebeur het. Ek het van werk verander my familie in Limpopo agter gelaat n kamer in n gastehuis gehuur. Inbraak met 5 gewapende mans het my Klere van my afgesny ek het wakker geword met n 9mm in my mond tot in my keel ek proe nou nog die gun powder. Op die grond gegooi op my kop gestaan terwyl hulle n skroewedraaier in my anus opdruk, dis nie seer nie hoor….. My ribbes albei Kante afgeskop oor die kop geslaan met n 9mm 3 Keer, ek het nou nog rug probleme. Hulle het in n plastiek sal geskuit en in my mond gedruk ek moes sluk terwyl hulle lag en rassistiese comments maak. Steel al my goed ten awards van R1 miljoen saam my Prado wat voor my kamer was. Dit het n vole uur geduur glo my dis hell, en jy wag vir de laaste skoot deur jou kop soos hulle belowe het. Mens vergeet dit nooit en geen sielkunde kan jou help nie dis net n geld maak storie, mense wat kommentaar hier lewer weet nie wat dit is nie. 3 Maande slaap jy Niks, jy word soos n Stuk rubbish behandel, jou menswaardigheid verdwyn so weet asb as hulle inbreek dit jou lot kan wees.

Roderick ·

SNERT!Daar is geen prosedure wat lede verplig om te arresteer nie.Die doel van arrestasie is om iemand voor die hof te bring,en nie voortydig te straf nie.Daar is ook vele maniere om iemand sonder arrestasie voor die hof te bring.Verwys die saak eers na die DOV vir beslissing om te vervolg al dan nie.Die slagoffer was in sy privaat woning en het die reg gehad om die die onwettige aanval afteweer.

TK ·

Ek verstaan nie dat die man gearisteer is nie. As hy nie die boef geskiet het nie was hy sekerlik dood vanoggend en die boewe soek…. hoe werk ons regstelsel? Jy mag nie eers jouself beskerm nie. Dis hartseer om te dink inbrekers kan roof en moor hulle gaan tog nie gevang word nie maar ons kan nie onsself of ons gesinne beskerm nie want dan is dit moord.

Kobus ·

TK gan lees net mooi wat die wet is voor jy kommentaar soos dit lewer. Dis eenvoudig. Jy mag noodlottig optree as die inbraker in jou huis is, nie as hy nog buite rond vroetel nie. Dan word net waarskuwing skote aanvaar. So jy kan jouself beskerm

Twak ·

Die wet sê duidelik jy mag net skiet as jou lewe in onmiddelike gevaar is geen waarskuwings skote nie dan maak jy jou skuldig aan skiet in ‘n beboude gebied.

Kiepie ·

Kobus en Dewald, julle mors julle asems. Die oorgrootte meerderheid lesers op hierdie blad stel nie belang oor reg en verkeerd en standaard prosedures en sulke goed nie, hulle soek net geleentheid om te skree omgekeerde-rasisme, tipies-dis-omdat-hy-wit-is, wat-van-ons-regte, as-hy-swart-was-het-hy-niks-oorgekom-nie ens. Ons volkie word maar nes al die ander rasse wat so graag die rassekaart speel.

DMC de Koker ·

Kobus jou kommentaar weerspieël weereens nie die regsposisie nie. Ek weet nie waar kom die aanname oor waarskuwingskote vandaan nie want dit is beslis nie waar en en kan noodlottig wees vir onskuldige omstanders. Baie mense het hierdie wanindruk oor noodweer en waarskuwingskote. Gaan lees my kommentaar hier bo. Die hof kyk na die dreigende handeling.

Brittz ·

Dit is bull wat soek hulle op jou perseel,as hulle jou doodmaak kon hulle weg met alles

Johan Labuschagne ·

So nou is die man sonder wapen in die huis en van naand kom die ander ou met maatjies terug om klaar te maak wat hulle begin het!!! Nog erger dit beteken hy slaap in die tronk terwyl sy vrou en kinders alleen tuis is. En dit omdat hy iemand geskied het wat “verbind is aan ‘n reeks voorvalle in die area.”

Chrisjan ·

Toemaar, soos elke verantwoordelike burger het hy sy vrou en kinders ook leer skiet en het sy ook ‘n vuurwapen. Sy sal weet hoe om die volgende aanval te hanteer.

Thinus ·

Nou is die slagoffer weer die krimineel… So verkeerd… Ons regstelsel beskerm nie die eerlike burgers van ons land nie…

Theuns ·

Dit is die top punt van belaglikheid. Hoop die ou wat geskiet het kla die polisie aan vir onregmatige arrestasie!! Ons word nou vervolg van alle kante af!!

marianne ·

WAT?????
Moes die huis eienaar dan gewag het sodat hulls eers in sy huis was???
Hoe werk die wet? Kom in – hier’s vir jou koffie want dis loud buite…. okay gaan one gelyk skiet of nee skiet jy eerste anders is ek verkeerd.!!!!!!
Ek hoop nie die man word aangekla nie, hy het homself – sy eiendom en famille beskerm!
Dis sy reg! Of het nie almal mense regte nie????

Hercules ·

Ongelukkig is dit nie sy reg om eiendom te beskerm nie. Net jou en ander se lewens.

Tiaan ·

Ek dink ons as gewone landsburgers is dit aan onsself verskuldig om hierdie saak noukeurig te volg en as die man nie regverdig behandel word nie dinge moeilik te maak vir die staat want môre is dit ek of jy. Niemand gaan ons heil vir ons bewerk in hierdie land behalwe onsself nie. Is daar ‘n manier hoe mens ‘n kommunikasie groep kan maak en belangstellendes kan mobiliseer as die man verder geviktimiseer word?

Frits ·

Tiaan ek stem saam.
Dis nie kleur gebonde nie, maar ‘n mens wat in die nag wakker gemaak word deur ‘n geraas. Daardie tyd van die oggend is dit donker en sy eerste gedagte was. Die inbrekers gaan inkom – dalk reeds binne en ek moet myself, vrou en kinders beskerm.
Djs wat hy gedoen het.
Ons moet hom ondersteun en soos jy sê dit warm maak vir die uitspraak as dit vir die man op straat nie reg voel nie. Die inbreker, ongeag kleur hoort nie daar nie!

Claudette ·

Standaard prosedure se voet!!!Hoekom word hy inhegtenis geneem???Hy’t sy familie beskerm ,of sou dit beter wees dat hulle deel word van die wittes wat elke dag in hulle huise en op plase vermoor word….daar word net mooi niks daaraan gedoen nie.As hulle weg gekom het met die gesin se moorde,en hulle word nie gevang nie ,kom hulle bloot weg daarmee…….Mense gaan maak julle oe oop ,b esef julle hoeveel wittes al die jaar alleen vermoor was????of bly ons net stil en wag en kyk wie is volgende??????

Erf Wetter ·

Kan ‘n regsgeleerde vir ons die antwoord hier gee? Die polisie behoort ‘n standaard ondersoek te doen en verklarings af te neem ja maar hom arresteer? Hulle weet mos waar hy bly en waar om hom te kry as dit sou blyk dat hy wel vervolg moet word.

Azuni ·

Soos hulle gesê het, dis standaard prosedure om iemand te arresteer vir moord, maar hy is nie skuldig gevind nie. Hy kan nog vry wees vir Self verdediging. Dis net die slep om in die tronk te sit, jou vuurwapen terug te kry (as hy nog nie “weg” geraak het nie), prokereurs te kry en dan nog weer hulle te dag vaar omdat hulle hom gearresteer het.

Dit is net belaglik hoe die wet werk.

Erf Wetter ·

Was dit nog altyd standaardprosedure? Dink dis juis die vraag…

Andries ·

Ons het nie al die besonderhede nie en kan daarom ook nie regtig enige iemand blameer of sleg se nie. Die rowers was besig om die veiligheidshek te breek, was die voor deur op die stadium oop of toe. Was die man met die mes regtig ‘n direkte gevaar vir die huis eienaar met die veiligheidsdeur en die voordeur tussen hulle. Onthou volgens die wet mag jy slegs skiet as jou lewe of die van ‘n derde party in direkte gevaar is. As die rowers binne in die huis was dan sou die hele omstandigede anders gewees het.

Elize C ·

Dit is ongelukkig wet dat jy nie iemand se lewe mag neem om jou besittings te beskerm nie. Die hof gaan redeneer in bostaande berig se scenario, dat die inbreker bloot aan “betreding/ trespassing” skuldig was. Die skoot moes in ‘n veilige rigting (waar hy 100% seker was dat geen persoon getref gaan word nie, geskiet geword het as waarskuwing en afskrikmiddel. Ons vuurwapen wet bepaal selfs dat indien jy agter ‘n geslote veiligheidshek staan, jy nie op die gewapende inbreker mag skiet nie, want jy kan weg-beweeg van enige gevaar teen jou lewe af. Slegs as ‘n aanval op jou LEWE (of iemand by jou) in die proses is om te gebeur, mag jy skiet om jou lewe te beskerm. Ongelukkig kry lewe (selfs ‘n gewapende inbreker s’n) voorkeur in ons regstelsel, bo die van besittings. Bottomline: jy moet staan en kyk hoe hy jou peper-duur tv/voertuig waarvoor jy 5 jaar gespaar het, by jou pas gebreekte venster/deur/motorhek uitvat, as hy nie gaan skrik vir ‘n (veilige) waarskuwingskoot wat jy aftrek nie, jy mag nie sy lewe neem as hy nie JOU lewe bedreig het nie…….

Cherokee ·

Elize, die veiligheidshek sou kort daarna nie meer geslote wees nie en hulle kon nie weg beweeg het van die gevaar nie. Wat in die land gebeur bewys dat nie net hul besittings nie maar ook hul lewens moes beskerm word.

Chris ·

Bel eers die polisie, dan roep jy die GPF vir bystand oor die radio.
Dan wag jy tot dat hy sy mes in jou bo lyf gesteek het en dan eers skiet jy hom.

VAN PRETORIA ·

So verkeerd dat hy in hegtenis geneem is sy lewe en sy gesin se lewens was in gevaar dit kon andersom gewees het. Hy hoort nie daar nie hoekom was hy gewapen by n privaat eiendom .

Marque ·

Ek wil he Maroela Media moet die volgende ongeruimthede ondersoek in die saak. As oud polisie man wil ek weet? Om die man te arresteer is nie standaard prosedure nie! Standard prosedure was altyd 1) Om vuurwapen in beslag te le vir ballistiese toetse. 2) ‘n Saak van moord met alt van manslag oop te maak en dan die saak te verwys na die Prokeruer Genraal vir beslissing voor dat enige arrestasie gemaak kan word indien enige. Hoekom het die SAPS die wa voor die perde gespan, dus die man eers gearesteer voor hulle enige beslissing van die PG gekry het. Hulle kon hom nie arresteer of aankla vir moord alvorens die PG beslis het of daar ‘n saak teen die man is aldan nie, so hoekopm is hy gearresteer? Dit is nie korrekte prosedure of standaard prosedure nie! Soek verduideliking en helderheid op die vraag asb.

Nico Hurter ·

Die SAPD pas die Strafproses Wet verkeerd toe. Wens iemand wil hul piets met ń eis vir onregmatige arrestasie.

tamboti ·

Jip! standaard prosedure om eers die oortreder se MENSEREGTE ten volle te erken en dan die slagoffer te verkwalik – hy en sy gesin is mos sagte teiken vir krimineel en staat! Dit is in elk geval bog dat die huiseienaar in hegtenis geneem word, die ondersoek beamte en aanklaer moet eers bepaal of hy vervolg moet word dan kan hul hom dagvaar.
Dit was die ou standaard prosedure!!!

LeonR ·

Mense, dit is garra. Het op 22 Mei een in my plek geskiet. Toegesluit en wapen gekonfiskeer. Almal wat my ken ondersteun my, dis net die ZARP’s wat my wil kruisig. Vriend, ek kan net simpatiseer, mempatiseer, ek is ook daar waar hulle my letterlik met die boek gooi. As ons nie self optree nie word ons maar net deel van nuttelose statistieke. Sterkte vir jou!!

Eva ·

Ek sal verstaan as daar n ondersoek is van moord, dit sal standaard wees, maar ARRESTASIE!

lynette ·

Nadat ek al die berigte gelees het is dit duidelik dat slegs Andries en Elize die vuurwapen wet ken.

sean ·

Nee selfs Elize is nie 100% korrek nie. Daar bestaan nie soiets soos ‘n waarskuwingskoot in die wet nie. As jy jou wapen uithaal en skiet moet jy baie seker wees jy is binne jou reg (m.a.w. jou lewe word bedreig) voor jy skiet. Volgens wet sal jy dus aangekla word vir afvuur van ‘n wapen in ‘n beboude gebied sou jy ‘n “waarskuwingskoot” skiet. Die wet is absoluut aan die skelm se kant. En ongelukkig kom onskuldiges in botsing met die gereg oor hulle nie genoegsame kennis het van die wapenwet nie.

Cherokee ·

Was die inbreker wat geskiet is toegesluit in ‘n toilet om homself te beskerm of was die huisbewoners toegesluit in hul huis om hulself te beskerm? Dit is waar die verkil is.

Theo ·

Ek stem saam, dit was nog nooit standaard prosedure om ‘n persoon in sulke omstandighede te arresteer nie.
Dit is ook nie nodig om ‘n wapen in sulke omstandighede te konfiskeer nie.
As die persoon ‘n verklaring gee waarin hy se ek het met die wapen geskiet, hier is sy nommer en hier is my lisensie en niemand anders het geskiet nie, hoekom die wapen konfiskeer en vir ballistiese toetse stuur?
Sover my kennis strek word wapens net gekonfiskeer as meer as een persoon geskiet het en daar is nie duidelikheid oor watter wapen het die persoon se dood veroorsaak nie.
Die ballistiese toetse is juis om te bepaal watter wapen en wie die persoon se dood veroorsaak het.
Hoekom ‘n ballistiese toets doen as die wapen en die persoon bekend is en dit nie betwis word nie.
Is dit rerig nodig en hoekom dan die wapen konfiskeer?

Cherokee ·

Uiters sinvolle bydrae tot die kommentare, Theo. Ek het tydens ander beriggewings ook dieselfde geredeneer. Die skut stry nie dat dit hy was wat geskiet het met die aangewese wapen nie. Dit is ‘n gelisensieerde wapen en die rede vir die skietery is debatteerbaar. Benewens dit woon hy is die gevaarlike Suid Afrika. Daar is geen rede om die wapen te konfiskeer nie.

Edward ·

Wat het van my reg as huiseienaar geword? Wat het van my reg om my familie te beskerm geword? Wat het van regverdigheid geword? Wat het van regte geword? Wat het geword van dit waarvoor ek gestem het?

JC ·

Wat het geword daarvan DEMMIT!! LEES EITEMAL SE gedig “JONG SUID-AFRIKA” asb. Ons moet OPSTAAN EN VEG VIR ONS REGTE!!!!!!!!!!

Adam ·

Die SAPD is ook slim genoeg om hom op n Vrydag te arresteer want hulle weet hy gaan die naweek in die selle deurbring en eers Maandag voor die hof gedaag word So kry hulle hul mes in vir die blankes

Oni ·

Andries ek stem 200% saam jou. Dis heel regverdig dat mense 3 of 4uur in die oggend jou veiligheidshek wil oopbreek om te kom kyk of jy nog ok in jou slaaprus is. Baie baie normaal.

Rapes ·

Ons almal is ontevrede omdat die huiseienaar gearresteeris, maar daar is wette wat ons moet nakom. Die man moes gewag het totdat die inbreker in sy huis was en dan kon hy opgetree het. Hy moes homself net met die mes gesteek het en wie kan dan bewys hy’s nie aangeval nie. Wees net rustig en beplan voor jy optree.

Asjas ·

Maar dis juis waar die probleem le. Ons wit mense ly almal aan een of ander form van PTSD. Ons is al almal op een of ander stadium deur geweld of misdaad geraak. Ons word daaglik getart, by die werk, op die pad, in winkel sentrums, orals!! Teen die tyd wat hy besig is om jou voordeur af te breek om jou te kom vermoor, jou eiendom waarvoor jy hard gewerk het, te steel en jou vrou en kinders te verkrag sien enige mens rooi en is “rustig wag” nie meer ‘n opsie nie. Dis onmoontlik!!

Douglas ·

Alles goed en wel Rapes maar hou in gedagte, sou jy bewus wees dat die mans besig is om in te breek en jy wag vir hulle om eers in jou huis in te kom voordat jy skiet en dan hom moontlik doodskiet, kan dit gesien word as “pre meditated” moord deur die wet. Dis maar ‘n grys area in my opinie en ongelukkig gaan die persoon wat die meeste geweld gebruik het aan die kortste ent trek.

Piet ·

Aangesien die wapen afgeneem is moet hulle aanspraak maak op polisie beskereming 24/7 .Aangesien hulle beskereming weggeneem is as ook die pa . Die ander oortreder is mos nie aangekeer nie ?

JC ·

Hi Piet, dis baie waar, goeie punt! Die familie moet beskerming kry!!

Daan ·

Ek het ‘n soortgelyke ondervinding gehad in 1975 en het ook die mal inbreker geskiet, gelukkig nie dood nie. My geweer is ook gevat en ek moes ongeveer 6 maande wag voor die sak afgehandel is en is onskuldig gevind.

Wat egter erg was en nog steeds is, was die besluit om te skiet. Tot vandag sien ek nog die man deur die sifdeur wat nie wou luister toe ek hom sê om sy optrede te staak nie. Die hel wat mens deurgaan tydens die skoot skiet en die gevolge daarvan en die gewag dat die saak afgehandel word, gun ek niemand nie. Ek het die week vir my seun gesê dit is maklik om te skiet die ou vrek, dit is ‘n ander saak as jy dit moet doen. Ek kry weer in die geval die eienaar van die huis baie jammer en bid vir hom, hy het hel op die oomblik waar h is en ook binne hom.

Ongelukkig dink die inbrekers nie daaroor nie, maar ek dink hulle moet harder gestraf word om te poog dat inbrake en aanvalle beperk kan word.

LeonR ·

Mense, ek moet bieg, daar was ‘n rede daarvoor, miskien hoe ons Vader on gebruik.

Ek is 04h35 ingeboek, my self besig gehou met ‘n boek. Toe dit opstaan tyd was het die ander lede die plek gevee, vir my het hulle ‘n plekie geriserveer. Ons (daar was 6 ander vir petty crimes) het begin gesels. Na daardie gesprekke met almal was ek skielik oom en oupa. Toe ons in die hofselle kom het hulle my omsingel dat nie een van die geharde misdadigers naby my kom nie. Ek weet NIE wat die Vader se plan hiermee is nie, MAAR, ek het ook die ander kant gesien. Die een lid het selfs by my kom koffie drink net om te hoor ek is uit op borg.

Is dit nie ‘n teken dat daar doel met my lewe is nie?”
My saak kom Woensdag 20 Julie 2016 voor, ek en my familie maak maar daarvan ‘n gebed saak.

Aan almal wat hier lees, dink asseblief aan my. Woensdag is D-dag.

Dankie

LuciB ·

Sjoe LeonR ek haal my hoed af vir jou! Mag die Here jou Vesting wees. Hy gaan voor ons om die paaie gelyk te maak. Laat ons asb op hoogte hou oor die saak. Sterkte ons bid vir jou en jou familie.

Rapes ·

Leon sterkte ou broer dit is hel. Vasbyt en hou vas in jou geloof.

Cherokee ·

Leon, dit is lekker om van jou te hoor en dat jy uit is op borg. Ek is geen wetkenner nie maar logiese denke sê dat die polisie se optrede toe jy gearresteer is, grens aan ondersteuning van die misdadige element in die land. Natuurlik moet die saak ondersoek word maar nie met jou as verdagte nie. Hou ons asseblief op hoogte van wat aangaan. Ons wil ook weet hoe lank dit neem om jou wapen terug te kry. Alles sal reg uitwerk – die Koning is met jou.

Nou hoop ek dat alles ook reg uitwerk vir die man in Centurion oor wie die betrokke berig gaan. Ek hoop arrestasie beteken nie dat hy die naweek in selle gaan spandeer en se gesin alleen gaan wees nie. Dat daar vir hom ook uitkoms sal wees.

HV ·

Die wet vra wat sou n redelike mens doen in so n geval, dit is die toets.. (niks van hy moet eers in jou huis wees nie) So wat gaan n redelike mens doen in SA waar moord elke dag en op enige plek plaasvind en mense summier geskiet word . My buurman is deur sy tralies hek van buite dood geskiet , hy het nie eers die moordenaar gesien nie. So wat sal ek nou doen as die aanvaller nou besig is om my tralies hek af te breek. Ek dink enige hof sal my toegee dat ek redelik opgetree het as ek hom skiet om myself en my gesin te beskerm.

jakkals ·

Wat soek hy daar jou huis is jou kasteel jy het hom nie gaan stuur of uit gelok nie hy het jou kom tuister en jy het die reg on jou eiendom te beskerm maar die wet is so opgestel dat jy moet kan bewys dit die gebruik van n vuurwapen jou laste opsie was en dat jy in direkte gevaar was in die geval moes hy eers n warskuwing skoot geskiet het as hy op die foon met die poliesie is help dit en as die inbreker die hek klaar oop gebreek het en daar niks tusse jou en die rower staan nie mag jy hom skiet

lynette ·

LeonR, dankie vir jou terugvoer. Baie bly jy is uit op borg. Sal aan jou dink.

broos ·

come on! hy was verbind met ander ‘n reeks ander voorvalle…..hy het julle ‘n guns gedoen!! behoort ‘n medalje te kry ipv ‘n tronksel

lynette ·

Jakkals, jy mag nie iemand se lewe neem om eiendom te beskerm nie! Die wet is duidelik daar oor. Sy lewe is meer werd as jou eiendom. Slegs as iemand se lewe in gevaar is, mag jy skiet.

JC ·

Afriforum; staan asb die persoon wat aangekla word DADELIK by met die beste regshulp. GROOT ASSEBLIEF!
Dit is tog waarom ons jul ouens betaal asb juis om burgerregte te beskerm (SOOS DIE GRONDWETLIKE REGTE OP LEWE, EN VRYHEID EN SEKURITEIT VAN DIE PERSOON), sodat hy ongeskonde uit hierdie situasie kom waarin hy nie uit eie wil beland het nie; maar deur die toedoen van gewetenlose mense wat nie 2 keer sou dink om hom en sy familie te vermoor nie. Daar kan geargumenteer word DAT SY AKSIES BESLIS GEREGVERDIG IS GEGEWE DIE MISDAADS(MOORD)VLAKKE IN SA, EN DIE LEGITIEME VREES VAN REGSGEHOORSAME BURGERS DAT JY IN JOU EIE HUIS OORVAL EN VERMOOR GAAN WORD! SEKERLIK KAN ‘N LANDDROS TOG SO OORTUIG WORD AL IS DIT SLEGS DAN ‘N STRAFVERSAGTENDE FAKTOR(hoogstens 3 mde huis-arres, hy moet tog sorg vir familie ens.) WAT MOET JY DAN DOEN; WAG DAT ALTWEE SKELMS INBREUK EN JOU FAMILIE EN JYSELF DOODMAAK OP WREDE WYSE. GEGEWE DIE SITUASIE IN SA KAN GEARGUMENTEER WORD SY OPTREDE WAS BESLIS GEREGVERDIG. Kan iemand ‘n regsopinie hieroor verskaf indien moontlik asb? Ek is nie ‘n strafreg kenner nie en weet nie of faktore hierbo enigsins relevant is nie. GENOEG IS GENOEG!!!

andrie ·

As ons nie betoog teen die wet wat deer ons Anc government in plek gesit is, sal ons verseker uitgerooi word. Sien mense mag se wat hul wil
Maar die Anc het op menige tye gedruig en hul haat vir ons gewys. As die krimineele in bestuur is wie is ons. My adfies betoog duisende, miljoene, teen die wet, en maak dit duidelik, ons sal nie vir n wet staan, wat krimenele die reg te gee op jou perseel en met die doel om dood te maak. Die proebleem raak almal nie net een ras nie. En ek se almal moet opstaan wat n beter Suid Afrika soek. Die regering moes die wet inplek sit, want al die mense wat roit, plunder en roof kom weg en jy mag nie jou bussitings beskerm nie! Die doel was vir hul win, begin n petiesie om die wet te verander, maak menige petiesies wat almal onder een val en bakly die bul van voor, onthou ons hou nogsteeds die rooi flag (die mense ) deer saam te staan kan ons dit wen

Jacques ·

..slegs as jou of iemand anders se lewe bedreig word mag jy n lewe neem. Sy lewe ( wat ek kan aflei) was nog nie in gevaar terwyl die man buite was, besig om oop te breek. Hy kon hulle mondelings waarsku?
Sou hulle al binne gewees het het hy die volste reg gehad. n Mes/ skroewedraaier is net so gevaarlik soos n vuurwapen..

Michelle ·

Afriforum HELP! Die wet mag staan, maar die wet is aan die verkeerde kant. Dit moet geveg word. Help die man… En LeonR Sterkte woensdag.. sal aan jou dink.

LeonR ·

Dankie Michelle en almal wat vir as ondersteuningsbasis dien.

My vorige skrywe is uitgegooi.
Dankie mense

Nico Strydom ·

Dagsê LeonR
Jou vorige skrywe is nie uitgegooi nie. Die kommentaarstelsel het ingeboude filters wat somtyds tot gevolg het dat sekere kommentaar in die sogenaamde “spam folder” beland. Dit moet dan met die hand goedgekeur word. Jou kommentaar vertoon nou op die berig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Aletta ·

Ek was 2006 in my huis aangeval deur 4 rowers. Almal het n wapen en n mes gehad.
Ek het geen wapens nie.
As ek n rower met seepsoda gooi Hoe kan hy se dis ek? Dit klink wreed, maar ek wil nie so wreed vermoor word soos mense in plaasmoorde nie.

LeonR ·

Vir almal wat my hier ondersteun, ek ken julle nie, julle ken my nie. MAAR dit is ‘n riem onder die hart dat daar nog mense is wat omgee. Ek sê dankie aan almal van julle. My lewe val uitmekaar, ek is onder psigiatriese behandelinh in Potchefstroom, my vriendin het haar hande vol met my omdat ek nie kan slaap nie.

Maar vriende, dit is ‘n bitter beker waaruit ek moet drink.

Dankie vir julle ondersteuning, en ek bedoel dit uit die diepte van my wese.

Dankie

LeonR ·

Jacques, die lid het reeds my flits en selfoon langs my bed geneem. Toe het hy die vermetelheid om my met my eie flits wakker te maak. Dit was sy laaste fout!

Dan aan Michelle, Medemens, JC, Lynette, LuciB, Jakkals, HV, Cherokee, Rapes en daan; dankie vir julle ondersteuning!!!

Dankie

Leon

Nolene Bouwer ·

maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/klag-laat-vaar-teen-man-wat-inbreker-doodskiet/

Michelle ·

@ DMC De Koker: daar is n groot verskil tussen ‘n inbreker in jou huis wat doodgeskiet mag word en iemand wat buite jou huis rond skuil, klaarblyklik met die bedoeling om in te breek. As n huisbewoner so iemand in sy tuin sie, is daar, weer volgens die redelike-mens-toets, geen rede om inderdaad te glo dat hy wel gaan inbreek nie. Tweedens het die huisbewoner genoeg tyd om die polisie te ontbied of sy alarmstelsel te aktiveer. Hy kan selfs waarskuwingsskote vuur om hom af te skrik. Die feit dat jy n inbreker binne jou huis mag skiet beteken nie n free for all wees waar later mense op jou sypaadtjie doodgemaak word nie. Bron. Whitenationnetwork. Waarskuwings moet eers gevuur word. Nie n twak storie nie. Wat hierdie anders maak is die feit dat die inbreker homself in force.

deon ·

Ons kan almal ons expert opinie gee, die feite is die arme man was onnodig toegesluit , en daai besluit id eur n brein dood, polisie beampte gemaak, geen regdenkende Lid sal so optree nie,

Tanz ·

Al wat almal in die situasie moet doen as moontlik is , is om n’ waarskuwings skoot af te vuur …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.