Pta-man verdwyn by Sodwana

Sodwana (Foto: safarinow.com via NSRI)

Sodwana (Foto: safarinow.com via NSRI)

Die soektog na ʼn vermiste 28-jarige man van Pretoria duur voort nadat hy Saterdag by Sodwana, noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal, verdwyn het.

“Die man het glo saam met kollegas in die see geswem toe hulle in ʼn sleurstroom beland het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), in ʼn verklaring gesê. “Die man is dieper in die see ingetrek deur een van die systrome voor hy verdwyn het.”

Twee van die man se kollegas het ook in die moeilikheid beland, maar hulle kon veilig weer by die kuslyn uitkom.

“Personeellede van die plaaslike iSimangaliso-vleilandpark, marienebeamptes van Ezemvelo en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Saterdag, teen omstreeks sonsondergang, ʼn omvattende kuslynsoektog van stapel gestuur. Die soektog het tot laataand met soekligte voortgeduur, maar daar was geen teken van die vermiste man nie,” het Lambinon bygevoeg.

Met die eerste lig Sondagoggend is die soektog hervat. “Plaaslike duikmaatskappye en vissermanne het ook aan die soektog deelgeneem, maar daar was steeds geen teken van die man nie.”

Die polisie het Maandag die soektog voortgesit en ʼn polisie-duikeenheid het ook by die soektog aangesluit. “ʼn Honde-eenheid, soek- en reddingspan en ʼn polisiehelikopter is ook ontplooi.

“Daar is steeds geen teken van hom nie. Hy het vermoedelik verdrink,” het Lambinon bygevoeg. “Die man se familie is deur owerhede gekontak.”

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carika

Wens regtig hulle kry hom… :(

Tiger

Ai dis so tragies.Ons innige meegevoel en simpatuie met sy familie en vriende.Binnelanders moet maar liefs net op die strand bly of in gety poele swem.Die is niemand se maat nie.Sterkte .

Michael

Ek was die een van die kollega wat saam hom weg gevat was.. Kevin, my vriend, sterkte vir jou, hoop en bid regtag dat hul jou darm net sal op spoor. Jy was n yster. Ek het so, SO baie vewryte dat ek nie meer kon doen nie, hoop jy sal my kan vergewe, waar okal jy nou mag wees.. sterkte my vriend. Groete. Totdat ons mekaar weer sien…

Michael

Baie dankie Theo en Ulana. Dit beteken regtag baie.. Ek verstaan ook dat as jo strepie getrek is, dan is hy. Dis net regtag moeilik en ek weet ek gaan nie oor nag van als vergeet nie. Ek en die ander vriend, Mario Bouer, gaan saam met n paar van sy naaste menste n steen gaan plaas op die kuslyn laat Nov. Ek sal n foto plaas vir jul ook. Weereens baie dankie vir jul mee gevoel en gebede. Ek wil ook my gebede en mee gevoel vir sy famielie uit stuur, baie sterkte.

Groete.

Melanie

my liefste batman, ek en jou prinses wag vir jou,ons bid vir jou ons het nie opgehou glo nie! jy is n lawwe crazy man en ek glo jy het aan n eenvoudig belaglike manier gekom het om daar uit te kom. Ek sal dit nooit aanvaar nie, ek glo nie aan realiteit nie. ons wag vir jou. as jy weet wat goed is vir jou better jy terug kom! jy het soveel rede om te lewe,soveel goed wat jy nog moet doen. jou prinses het vir die eerste keer laas maand vir jou uit haar eie uit pappa gese,… Lees meer »