Pta-man verdwyn by Sodwana

Sodwana (Foto: safarinow.com via NSRI)

Sodwana (Foto: safarinow.com via NSRI)

Die soektog na ʼn vermiste 28-jarige man van Pretoria duur voort nadat hy Saterdag by Sodwana, noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal, verdwyn het.

“Die man het glo saam met kollegas in die see geswem toe hulle in ʼn sleurstroom beland het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), in ʼn verklaring gesê. “Die man is dieper in die see ingetrek deur een van die systrome voor hy verdwyn het.”

Twee van die man se kollegas het ook in die moeilikheid beland, maar hulle kon veilig weer by die kuslyn uitkom.

“Personeellede van die plaaslike iSimangaliso-vleilandpark, marienebeamptes van Ezemvelo en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Saterdag, teen omstreeks sonsondergang, ʼn omvattende kuslynsoektog van stapel gestuur. Die soektog het tot laataand met soekligte voortgeduur, maar daar was geen teken van die vermiste man nie,” het Lambinon bygevoeg.

Met die eerste lig Sondagoggend is die soektog hervat. “Plaaslike duikmaatskappye en vissermanne het ook aan die soektog deelgeneem, maar daar was steeds geen teken van die man nie.”

Die polisie het Maandag die soektog voortgesit en ʼn polisie-duikeenheid het ook by die soektog aangesluit. “ʼn Honde-eenheid, soek- en reddingspan en ʼn polisiehelikopter is ook ontplooi.

“Daar is steeds geen teken van hom nie. Hy het vermoedelik verdrink,” het Lambinon bygevoeg. “Die man se familie is deur owerhede gekontak.”

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tiger ·

Ai dis so tragies.Ons innige meegevoel en simpatuie met sy familie en vriende.Binnelanders moet maar liefs net op die strand bly of in gety poele swem.Die is niemand se maat nie.Sterkte .

Michael Louw ·

Middag almal. Dis vandag die 4de dag, so na vandag is die hoop baie groter dat hy sal sigbaar raak en op kom na bo. Ek hoop en bid hy word gevind. Ek was die kollega wat saam hom in gesleep was en wou etlikke kere tou op gooi. Ons het ook nog geen ander nuus gekry nie, maar hoop en bid manet ons kry hom. Kevin, my vriend…. Hoop regtag dat jy ons nie verwyd vir wat gebeur het nie en sal vergewe vir die feit dat ons 2 jou ook nie verder kon help nie. Groete my vriend, totdat ons mekaar weer sien..

Michael ·

Ek was die een van die kollega wat saam hom weg gevat was.. Kevin, my vriend, sterkte vir jou, hoop en bid regtag dat hul jou darm net sal op spoor. Jy was n yster. Ek het so, SO baie vewryte dat ek nie meer kon doen nie, hoop jy sal my kan vergewe, waar okal jy nou mag wees.. sterkte my vriend. Groete. Totdat ons mekaar weer sien…

Theo Nel ·

Ek voel al jou pyn rerig!!! Sterk wees…ek bid DAT God al jou hartseer en pyn sal genees, Dit was nie jou skuld nie. Niemand sin nie, die Here wil nie he jy moet jou blameer vir dit nie…Kevin was ‘n goeie mens die parkeer wat ek hom gesien het

Sterk staan ek bid vir jou van Theo Nel

Ulana du Plessis ·

Moet nooit jouself verwyt vir wat gebeur het nie, dis nie jou of iemand anders se skuld nie. Ons almal het n verval datum op aarde, hy het terug gekeer na sy tuiste veilig in die Here se arms. Ja ek weet almal se ons moet nie opgee nie, maar daar is nie hoop nie dis al 5 dae en nog geen teken van hom nie. Ek bid vir julle almal. Kevin was n dierbare mens wat vroeg geneem is deur ons Hemelse Vader. Rus sag Kevin jy sal in ons gedagtes voort leef.

Michael ·

Baie dankie Theo en Ulana. Dit beteken regtag baie.. Ek verstaan ook dat as jo strepie getrek is, dan is hy. Dis net regtag moeilik en ek weet ek gaan nie oor nag van als vergeet nie. Ek en die ander vriend, Mario Bouer, gaan saam met n paar van sy naaste menste n steen gaan plaas op die kuslyn laat Nov. Ek sal n foto plaas vir jul ook. Weereens baie dankie vir jul mee gevoel en gebede. Ek wil ook my gebede en mee gevoel vir sy famielie uit stuur, baie sterkte.

Groete.

Melanie ·

my liefste batman, ek en jou prinses wag vir jou,ons bid vir jou ons het nie opgehou glo nie! jy is n lawwe crazy man en ek glo jy het aan n eenvoudig belaglike manier gekom het om daar uit te kom. Ek sal dit nooit aanvaar nie, ek glo nie aan realiteit nie. ons wag vir jou. as jy weet wat goed is vir jou better jy terug kom! jy het soveel rede om te lewe,soveel goed wat jy nog moet doen. jou prinses het vir die eerste keer laas maand vir jou uit haar eie uit pappa gese, jy kan nie net wil begin reg maak en dan verdwyn nie,dit maak nie sin nie God het n plan met almal ek glo in my hart jy het nog teveel om te bereik voordat jy na die strate van goud kan gaan. #myworldisfallingappart# ek sal nie moed verloor nie, ek wag vir jou- liefde “jou Hasie-hasie”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.