Pta-man vermoor: ‘Wreedheid en realiteit te erg om te verwerk’

Francois, Heidi en hul kinders (Foto: Facebook)

Die Pretoriase onderwyseres wie se man einde verlede maand dood is nadat hy buite ʼn kitskosrestaurant in die ooste van die stad geskiet is, sê die onwerklike gebeure van daardie aand en die wreedheid van die voorval het haar en haar kinders totaal verpletter.

ʼn Emosionele Heidi Els vertel Donderdag in ʼn onderhoud met Maroela Media die gesin word in dié moeilike tyd staande gehou deur weldoeners se bystand en gebede. Els sê die seer lê steeds vlak, maar dat die gesin op hul knieë bly omdat genade hulle deur dié tyd dra.

“Dit is maar ʼn ongelooflike swaar tyd vir ons,” vertel sy. “In die dag hou die kinders by die skooltjie jou kop besig, maar in die aande is dit net jy en die seer – en dan is dit asof dit jou verswelg. Die realiteit daarvan is te erg om te verwerk, en die wreedheid van die voorval is vir ons absoluut sinneloos. Ek weet nie of ons weer op ʼn plek gaan wees waar dit nie seer gaan wees nie.”

Els se man, Francois, het op 29 April alleen van die huis af gery om kos vir die gesin te gaan koop. Hy het in die middel van ʼn gewapende rooftog beland toe ʼn groep verdagtes ʼn motor probeer steel het, en is tydens ʼn skietery in die bolyf gewond. Hy was steeds by sy bewussyn en het na die naaste polisiestasie gery waar hy hulp ontbied het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Sy sê dié voorval is vir die gesin selfs meer tragies, aangesien Francois se ouers, Nick en Elsie Els, in 2010 wreed vermoor is in hul aftreehuis in Swellendam. Twee jaar gelede was daar ook nóg ʼn aanslag op Francois lewe toe hy gekaap, ontvoer en in Mamelodi met ʼn geweer teen sy kop gedreig is voordat die kapers weggejaag het.

“Ons is stukkend; absoluut en totaal stukkend,” sê sy. “Toe sy ouers destyds vermoor is, was die trauma van die voorval só erg dat ons alles verloor het. Ons moes van voor af begin bou aan ons lewe, en ons hét. Maar die oomblik toe ons in ons klein huisie is en ons is op ons gelukkigste, toe word dit wreed van ons af weggeruk. Toe kom ʼn groep mans wat ʼn motor wou steel, en steel my man se lewe van my en ons kinders. En nou sal niks weer oukei wees nie.”

Els sê haar kinders, ʼn 13-jarige dogter en twee seuns van onderskeidelik agt en sewe jaar oud, verstaan ook nie die voorval nie. “Ons is heeltyd huilerig. Alles herinner my aan hom: die manier wat my seun sy hare jel en die maniertjies wat albei seuns van hul pa geërf het. Francois was soms ʼn regte hanswors, en dit leef voort in hulle, maar dis seer om dit te sien.

“Die kinders huil hulself in die aande aan die slaap. Een van my seuns het my nou die dag gevra: ‘As pappa se ouers so wreed vermoor is, en hy is ook nou vermoor, gaan pappa se broer dan ook nou vermoor word?’ Dit is verskriklik dat ʼn laerskoolkind só iets moet dink of vra. Dít is die geweldige impak van misdaad in die land, en dis ongelooflik hartseer.”

Els sê sy en Francois het mekaar 25 jaar lank geken en sou dié jaar 18 jaar getroud gewees het. Sy sê niks sal ooit die leemte kan vul wat sy skielike afsterwe nou gelaat het nie. “Ek is dankbaar dat ons deel is van ʼn wonderlike kerk wat saam met ons bid en vir die genade wat ons kry om elke dag weer op te staan en in die oë te kyk, maar daar gaan altyd ʼn leemte wees. Daar gaan nooit weer ʼn dag wees wat ons hom nie gaan mis nie.”

Francois, Heidi en hul kinders (Foto: Facebook)

Sy vertel sy was “totaal oorbluf” om te hoor dat Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld (2014), en personeel van die kleuterskool waar sy werk na JacarandaFM se Good Morning Angels-program uitgereik het om dié gesin finansieel by te staan.

Francois, die gesin se hoofbroodwinner, se afsterwe het die gesin ook in ʼn finansiële verknorsing gelaat. Maar talle weldoeners van reg oor die land het ingespring om dié gesin by te staan. Spar het onder meer ʼn R40 000-geskenkbewys aan die gesin gegee om kruideniersware aan te koop, en The Strauss Foundation, Strauss se nieregeringsorganisasie wat terugploeg in gemeenskappe, het R10 000 aan Els gegee vir haar kinders se skoolfondse vir die res van die jaar. ʼn Onbekende bedrag geld is ook op die lug tydens JacarandaFM se Good Morning Angels-program ingesamel, en dié geld sal binnekort aan die gesin oorgedra word.

Els sê haar ouers, wat ná Francois se dood na haar omgesien het, het intussen ook vir haar ʼn tweedehandse motor aangekoop.

“Ek weet nie waar om te begin om vir almal dankie te sê nie,” sê sy. “Daar is soveel name van mense wat ek nie eens ken nie wat nou hul hande in hul eie sakke gesteek het om ons te help. Daar is nie woorde vir mense se goedheid nie, en ek wil hê elkeen wat vir ons gebid het, aan ons gedink het of iets aan ons gegee het, moet weet hulle is die rede dat ons vandag nog staande is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Irma ·

Nou sit ek en huil… my hart is so seer vir almal wat sonder ‘n keuse in sulke situasies beland. Vir ‘n land wat so siek en vol soveel seerkry is. Sterkte aan almal.

riana ·

Die trane loop waar ek die stuk sit en lees. Mense dit is baie hartseer. Dan is daar soveel pappas wat hulle kinders afskryf na n egskeiding. Soos my man het in 14 jaar nog nie met my kinders gepraat nie en die egskeiding was sy skuld.
Wens so baie mens se lewe kan anders gewees het. Baie sterkte aan julle God sal julle dag vir dag die krag gee en sterk hou kyk net op.

Charmaine ·

Dis vir my do hartseer om hierdie dinge te lees GOD se genade en voorsiening is do groot ons kan net dankbaar wees. Mamma bly op jou kniee GOD sal jou deur ales dra verstaan ook hoe jou kindets moet voel n mens het nie altyd n verduideliking nie maar wees stil en weet GOD IS ALTYD NABY!!!!!sterkte aan julke gesinnetjie ?????

Deloris ·

Baie sterkte aan die familie, mag die Here julle optel en dra in hierdie hartseer tyd. En dankie vir almal wat die gesin so help.

Blommie ·

Die lewe is regtig onreverdig!!
Onregverdig dat mens se lewe so ge-eindig word op so n WREDE manier.
Ons is nie veilig in die land nie.
Moordenaars her meer regte as eerlike lands burgers!
Sterkte vrou vir jou en jou kinders.

Dankbaar ·

Ek is so dankbaar dat die Here deur Sy kinders so mooi vir die gesin sorg. So jammer oor hul hartseer.
Die weduwees en die wese lê Jesus baie na aan die hart.

Willie ·

Mens kry trane in joe oe… waar al die lafhartige sinnelose moorde ophou? Soveel lewens word verwoes, verpletter? My innige simpatie….

raarmaarwaar ·

Dit kan enige tyd met enige een van ons gebeur, scary. Ons land, dis net scary.

honourable member ·

Baie sterkte vir hierdie gesin. Dis so hartseer as mense se lewens so skielik verander oor ander wat geen respek vir lewe het nie.

Isabel forster ·

Dinge raak net erger. N men’s is nerens veilig. Sterkte aan die gesin wat wees gelaat is.

Sophia ·

Niemand sal ooit kan besef waardeur hierdie arme vrou en haar kinders en ander familie gaan nie! En die verlies aan haar man se inkomste gaan nog geweldige reperkussies hê vorentoe wanneer al die stof gaan lê het en mense weer besig raak met hul eie dinge… My broer was ‘n pastoor wat ook in 1999 vermoor is in Olifantsfontein, nogal deur drie polisiemanne wat van diens af was! Sy vrou het maar ‘n maandelikse pensioen van R350.00 van sy annuiteit gekry!! Ons het nooit daaraan gedink om ‘n eis teen die Staat in te stel vir die verlies aan inkomste vir haar en haar kinders nie. Miskien sal dit goed wees as Heidi soiets NOU doen, want êrens moet daar vergoeding kom vir hierdie mense wie se gades so uitgemoor word!!!

kas ·

Ek hoor nie dat Sisulu die aanvalle op blankes veroordeel nie.Dit verklaar die regering se houdind jeens ons blankes.Dit is hoekom plaasmoorde nooit tot prioriteitsmisdaad verklaar sal word nie en daar onredelik teen blankes opgetree word wat hulle self verdedig.

Genieve ·

Dis so n hartseer gebeurtenis die my hart gaan uit na julle en ek weet die Here wat julle daagliks dra sal julle ook deur hierdie moeilike tye help baie sterkte vir jou en die kinnders.

Noujatoe ·

Nee wat Izette.
Bid SONDER om daad by die woord te voeg….is futiel en n gejaag na wind.
Óf jy en n 1000 ander bid vir jare verkeerd, óf bede as sulks….is uitgedien.

Duifie ·

Die lieflikste gesin… So so so jammer oor alles wat gebeur het, Heidi. Ons dink aan jou en jou kinders in ons gebede. Hou aan om op te kyk en vind jou troos en krag in die Woord wat ewig bly staan.

AWVDM ·

That’s the “Price” South Africans Will Pay and Shall Pay for a South African “Concept of Democracy”…. Ruled by the Majority!!

Unfortunately as long as the Majority Rules, there will be a continuation of Suffering….

Yet “evil Must Never be allowed to Triumph over Good”

Wherever evil surface, WE the few Band of Watchmen and woman, must continue our effords of doing Good, with Faith, Hope and Love as our Shield.

Elvira ·

Ek kan net in my verslaendheid sterkte se. Ek het nie antwoorde nie.

Annemarie Smith ·

Geen mens verdien sulke seer in hul lewens nie. Geen mens verdien om op so ñ onskuldige manier te sterf nie. My hart is stukkend en ek weet, om te sê ek dink aan julle, klink dalk hol, maar dit wat ek vandag hier gelees het, was aandoenlik en ek is kwaad oor wat gebeur her, maar hartseer ook. Sterkte aan jou en jou kinders.

Hilda Hiscock ·

Ek voel ook net so hartseer vir die gesin, want ek sit my self in hulle skoene, ek weet nie hoe sal mens so iets hanteer nie. Ek het my man ongelooflik lief en as hy op so wreede manier uit my lewe geruk moet word, sal ek stukkend wees. Dit is alles so onnodig.

Annemarie ·

Dis net hartseer dat ons die land moet verlaat? Dis netsoveel ons land. Hier lê die spore van my voorouers en ouers. Waarom moet ons trek?

Magda ·

Heidi jy is so wonderlike mens en juffrou.
Julle is in ons gebede, baie sterkte. Ons Vader sal julle deur die moelike tyd dra.

Isabel forster ·

Sterkte in julle beproewing. Ongelukkig is ons nerens meer veilig. Dink aan julld

Reguit ·

DIT is hoe nóg ‘n gesin aan flarde geruk word. Is DIT die tipe land waarin mens jou gesin wil laat leef en jou kinders wil laat groot word? Is DIT die moeite werd? Wonderlike reënboog paradys?

Aster ·

Reguit, ek stem saam met jou. Is dit regtig die moeitewerd om hier aan te bly? So ver soos wat die meerderheid regeer, so verseker sal geweld en misdaad seevier.

Karina ·

My hart gaan uit na julle. My pa is ook vermoor. Gaan plant ‘n kruis vir jou man by die Witkruismonument. Kom in kontak met Lita Fourie, sy is op Facebook. Daar gaan duisende mense wees by hierdie jaar se saamtrek, en fantastiese ondersteuning deur mense wat dieselfde pad stap. Sterkte, dis my grootste vrees.

Aster ·

Ek weet nie wat om te sê nie, my hart is so seer. Ek bid net dat die Here julle sal bystaan.

Theresa ·

Woorde is te min om jou sterkte toe te wens. Dit klink leeg. Diepe meegevoel vir jul verlies en ook al die trauma die afgelope jare. Ek hoop jul as gesinnetjie hou mekaar besig met saam speel en skoolaktiwiteite. Huil wanneer jul so voel – jy gaan verlang; die kinders ook. Met tyd sal jul leer hoe om die verlange, pyn, hartseer en vrae te hanteer – al gaan dit nie weg nie.
Baie sterkte.

BOLANDER ·

Baie sterkte en bly net glo in HOM. Dit is al manier om staande te bly.

Wonder net ·

So jammer vir die gesin. Dit is absoluut net iets wat nie moes gebeur het nie. Ek kan net nie verstaan dat daar mense is wat nie finansiële voorsiening maak vir enig gebeurtenis nie, al is dit ook hoe gering, veral as mens klein kindertjies het. Met soveel hartseer moet daar nie ook nog kommer wees oor finansies nie.

Amanda ·

Waar is Oz nou met hulle beloftes om hoerdie misdaad geteisterde mense asiel te bied???

Prioriteit ·

Ek is jammer, maar ek raak meer en meer verbitterd. Ek het my kinders in die “rainbow nation”groot gemaak. Integreer. Haha Ek het in n leuen geglo. Nous dit te laat. Ek wens ekt millitere onderrig gehad, mens ek vind dit moeilik om te glimlag deesdae. Mens moes bosse sleutels oral saam dra. Jy moet aanhoudend sekuriteits bewus wees. Moenie na donker buite die huis wees nie. Bekommerd oor waar die kinders is, of hoekom hul n bietjie laat is. Dit maak mens gek. Drome oor aanvalle. Wonder wat sal ek anders doen as die slagoffers. O, ja, ons bly op n kleinhoewe oorkant n “township”.

Rina ·

Ek het nie woorde nie…….
((((((((((((DRUKKIE))))))))))))

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.