Pta-man verongeluk: Max herstel goed; ‘gesteelde’ hangertjie gesoek

Max in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal (Foto: Verskaf)

Max in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal (Foto: Verskaf)

DJ Ehlers, die sakeman van Pretoria wat dood is toe sy motor ʼn boom getref het, se hond, Max, is besig om goed te herstel.

Ehlers (32), die mede-eienaar van Barcelos in Elukwatini, naby Badplaas, is vroeër die maand op slag dood toe sy motor ʼn boom getref het. Amanda, Ehlers se suster, het aan Maroela Media gesê Max, ʼn ses maande oue pitbull, wat saam met Ehlers in die motor was en ernstig beseer is, herstel goed. Max het ʼn gebreekte rug en heup in die ongeluk opgedoen en is tans in die Onderstepoort-veeaartsenykundige akademiese hospitaal. Hy het reeds ʼn rugoperasie ondergaan.

DJ Ehlers met die ketting aan wat vermis is. (Foto: Verskaf)

DJ Ehlers met die ketting aan wat vermis is. (Foto: Verskaf)

“Max is reeds van die waaksaal na ʼn algemene saal geskuif. Dit gaan goed met hom. ʼn Mens kan sien hy het baie gewig verloor. Hy was so bly om ons te sien. Ons het so ʼn entjie met hom gaan stap, maar kon na ʼn ruk sien hy het begin pyn ervaar en het hom toe terug hok toe geneem.

“Max was nie gelukkig om terug in die hok te klim nie en wou heeltyd uitklim. Dit was vir my baie moeilik om hom te moes agterlaat, maar ek weet dat hy in uitstekende hande is. Onderstepoort kyk regtig baie mooi na Max en ek dink nie ons kon vra vir ʼn beter plek vir hom om by te wees nie.”

Ehlers het gesê die gesin is intussen op soek na haar broer se hangertjie wat hy glo ten tyde van die ongeluk aangehad het.

“Hy het die silwer ketting altyd om sy nek gehad. Toe sy besittings ná die ongeluk aan ons besorg is, was die hangertjie egter nie daar nie. Niemand kan vir ons sê wat daarvan geword het nie. Daar was ook kontant in sy motor se deur wat weg is. Hoe steel ʼn mens iets van iemand wat dood is?”

Volgens die gesin is die hangertjie en Max al wat hulle oor het van Ehlers en sal hulle die hangertjie graag wil terughê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Francis Linstrom ·

Hulle steel dan van die mense wat hulle self vermoor het of vermoor om te steel, hoekom sal hulle dan nie van n persoon wat reeds dood is steel nie?

Ena ·

Sjoe dis sad te dink jy steel van n afgestorwene, en hu kyk jy elke dag teen so iets has sender skuldgevoel? Dink net sou die “ontvanger” van die hangerjie weet dis boonop gesteel,sal dit nie n goeie indruk los nie. Sies vir ju….gee die goed terug al doen jy dit naamloos.

Pop ·

Julle sal nooit weer die hangertjie terugkry nie. Dis gebuit en ek het al gehoor dat hulle skoene van n gestorwe man se voete afgesteel het. En dis ons kastige wetstoeppasers. My kind se leerbaadjie is van haar lyk af gesteel. Niks in hierdie land kan my meer skok nie. Eks skokbestand. Sooooo bly om te hoor max word gesond. Sal n groot troos wees vir julle.

Rina ·

Wie anders as die polisie wat op die toneel was sou dit vat…Gaan deursoek die wat daar was se huise..en hou aan adverteer…

Sonja ·

Dit het ook al gebeur dat die insleep-voertuig-operateurs, besittings van erg beseerde of dooie mense steel.

MCS ·

Vyf jaar terug het n vriend van ons selfmoord gepleeg by sy huis. Die Polisie het ook sy beursie en items in sy huis gesteel terwyl hul daar was.So jammer hul glo nie meer in spoke en tokolosie nie.

Sê maar net. ·

Dit is nie noodwendig die polisie nie. Meestal is dit die aasvoëls( towing) dienste wat vir die diefstalle verantwoordelik is. Julle moes al opgemerk het hoe staan sommiges van hulle op plekke. Hulle is met rasio verbinding met die sapd verbind. Sodra daar ‘n oproep inkom vir ‘n ongeluk is hulle altyd eerste by die toneel nog voor die polisie. Gaan let maar op. Dit is dan wanneer die toneel beroof word.

Dorothy Ross ·

Dis vreeslik hoe die mense beroof word by ongelukke. Tot die beseerdes word beroof. Dis vreeslik. Ek hoop regtig julle kry die hangertjie en is bly die hond is beter. Sterkte vir julle as gesin

Siestog ·

Die algemene barbaarsheid in die land maak my gek en die barbaarsheid wat op ‘n ongelukstoneel voorkoms is net so walglik. Waar het jy gesien jy steel van ‘n lyk of ‘n beseerde persoon. Ek kom al hoe meer agter ek’s op die verkeerde planeet! Baie sterkte en liefde aan die familie en ek hoop Max herstel spoedig en kan met die familie herenig word xxxx

C Watters ·

My seun se leerarmband en selfoon ook van sy lyk af gesteel. Maar ek berus … Karma …. is n gevaarlike ding! Ook motorongeluk. Altyd met sy staffie Ceazer rondgery. Daardie dag was Ceaser gelukkig nie by nie!

foxi ·

Daar is nie nog n slegter as slegter naam vir sulke soort rowers nie! Jou dief……mag daardie hangertjie wat JY om jou nek het…..wat JY…… jou BARBAAR van daardie mens wat sy lewe verloor het, af gevat het…..by jou spook al die dae van jou lewe!!!

leon pit ·

Die samelewing is siek om van dooies te steel da is nie regtig woorde om sulke drek te beskryf nie.

RK ·

My seun is die 24 Desember 2016 oorlede. Sy vuurwapen is gesteel, al sy gereedskap, geld, klanktoerusting en spotligte van sy bakkie afgeruk. Die polisie het geweet dis my seun wat oorlede is maar ons het 5 ure daarna by die werkers uitgevind van sy dood. Hulle voel niks vir ander se pyn nie.

Henrietta ·

My seun is in Desember 2016 oorlede. Hulle het sy geld, gereedskap, klanktoerusting, spotligte en wapen gesteel. Die polisie het geweet dit is ons seun wat in die ongeluk is. Maar ons moes 5 ure daarna by ander hoor hy is dood.

Rita ·

My seun is Desember 2016 oorlede. Alles is uit sy voertuig gesteel, geld, gereedskap klanktoerusting en sy spotligte is afgebreuk. Die polisie het geweet dis ons seun. Maar ons is na 5 ure deur ander mense ingelug. En daar is deur die polisie fotos van my kind geneem. Dis die ergste erg.

Rita Kloppers ·

My seun is Desember 2016 oorlede in n ongeluk. Dieselfde het met hom gebeur. Fotos van hom is deur polisie geneem op hulle selfone. Ons seun was bekend aan die polisie want ons boer in die omgewing. Hulle het nie moeite gedoen om ons te laat weet nie. Het 5 ure daarna by werkers gehoor daarvan. Pateties

CQ ·

Mense!! Dit is als aardse goed. Ek kan nie glo dat julle so n bohaai maak oor ringr en hangertjies en cellfone nie!!
My Pa is 3015 oorlede. En al het ek sy trouring en ander goedjies wat na aan sy hart was sal dit hom NOOIT OOIT terugbring nie…. en wat ek ook in die “alleen en harseer dae” besef het is dat…. al het jy sy ring en hangertjie is jy nogsteeds alleen en hartseer.!!
Koester sy memories, nie sy besittings

Nico ·

CQ, simpatie met julle verlies. Die artikel gaan nie oor die oorskatte waarde van aardse dinge nie, maar oor die absolute disrespek vir lewens en eiendom. Daar word selfs van sterwende mense op ongelukstonele gesteel, eerder as om hulp te verleen. Dit is ‘n sosiale, kulturele en morele kanker in ons samelewing.

annoniem ·

Ek was self in n motorongeluk, en terwyl ek onderstebo gegespe gele het in my sitplek het hulle binne seker 2 minute alles begin steel, my horlosie van my arm, kettingkies, cds, alles.
Toe die polisie daar kom was al die diewe reeds weg…..

Diere Liefhebber ·

Ek is so bly om te hoor dit gaan al hoe beter met Max! Ek hoop hy kan tenvolle herstel. Sterkte Max!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.