Pta-man verongeluk: ‘Max is al wat ons van my broer het’

DJ Ehlers (Foto: Verskaf)

DJ Ehlers (Foto: Verskaf)

ʼn Gesin van Pretoria is in rou gedompel nadat hul oudste seun, ʼn sakeman van Villeria, Maandagaand op slag dood is toe sy motor ʼn boom getref het. Die familie is nou inderhaas op soek na fondse om die man se veghond, Max, wat ses maande oud is en saam hom in die motor was, se lewe te red.

ʼn Polisieondersoek na die oorsaak van DJ Ehlers (32) se dood, die mede-eienaar van Barcelos in Elukwatini, is nog nie voltooi nie.

Ehlers is Maandagaand tussen 21:00 en 22:00 op die toneel dood verklaar nadat sy motor ʼn boom getref het.

Amanda, sy suster, sê die gesin is stukkend oor die afsterwe van hul oudste broer.

Die gesin was Maandagaand by ʼn verjaarsdagpartytjie voordat hy verongeluk het.

Max het ernstige beserings opgedoen en het vermoedelik sy rugstring gebreek en moet ook ʼn heupvervanging kry. Hy word tans in die Farm Valley-dierehospitaal onder verdowing gehou totdat die gesin ʼn bedrag van minstens R5000 kan insamel om hom te laat opereer.

“Max is al wat ons oor het van my broer,” het Amanda gesê. “Ons is tans op soek na ʼn groter huis, maar ons kan nie die huur bybring nie. Ons betaal tans R6 500 en kry bloot nie plekke waar ons ʼn hond kan aanhou vir dieselfde prys nie. Ons wil graag vir Max hou, omdat ons só vir DJ onthou, maar sover lyk dit nie asof dit moontlik gaan wees nie.”

Die gesin oorweeg dit om ʼn geskikte huis vir die ses maande oue veghond te kry indien hulle nie na ʼn huis kan trek nie. Verder wag die gesin ook geduldig dat die ondersoek afgehandel word.

“Dis erg. Dit maak mens stukkend. Ons het soveel vrae, niemand van ons weet wat gebeur nie. Maar ons weet as ons nie gou plan maak nie, gaan ons Max ook verloor.”

Indien jy met die gesin wil kontak maak, kan jy Amanda direk kontak by 062 167 9275.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Joey ·

Waarom praat van ‘n veghond dit word net so van ‘n hond gepraat as dit vir onwettige gevegte gebruik word. Is Pitbull en klaar.

SlaveMistress ·

Hehehehehe Joey.. Ek love jou kommentaar omdat ek dieselfde honde het so ja, dit wat jy se is sooooooo waar. Aan die gesin … aaaai ek is so bitter jammer vir julle verlies en die situasie wat julle tans deurmaak :( Ek het die afgelope 2 jaar nie werk nie maar wens ek kon julle help :(. Mag DJ in vrede saggies rus. Troos julle dat hy nou n engel is en altyd aan jul sy sal wees. Ek dink aan julle in hierdie moeilike tyd en mag die hartseer wat julle deurmaak met tyd beter word en julle net met goeie herinneringe oorvloed word xx

Lizelda Jv Rensburg ·

Baie sterkte in die uiters moeilike tyd. Ek is oortuig as julle oral op sosiale media vra vir fondse sal julle die bedrag kan bybring vir Valley Farm. Uitstekende diere hospitaal so darem weet ons Max is in goeie hande.

Marianne ·

Aaag asseblief!!!!! DJ is oorlede! Dammit man die familie is in skok en verward. Wat maak dit saak watter tipe brak Max is. Die familie het hom oor, hulle wil him red. HELP HULLE!
MY HAET RUK UIT MY BORS NA AMANDA EN HUL HELE FAMILIE ASOOK DJ SE VRIENDE.

Yvonne ·

Ek stem Mariaan. Nie nodig om te staan en tegnies raak oor twak nie. Die gesin rou en klou vas aan al wat oor is van hulle geliefde. My innige meegevoel aan die familie.

Ulandi ·

Dis sulke hartseer nuus! Sterkte aan die familie… Wat my well afsit is, is dat daar verwys word na die hond as ‘n veghond – liewe aarde, kan julle nie maar net se dis ‘n pitbull hond nie….. Hoekom ‘n veghond? Of as dit regtig moet, verwys na ‘n terrier hond… of die beste, verwys na hom as ‘n geliefde familie hond.

wilma ·

Indien dit Max opi foto is. Wie het sy ore gecrop want dis onwettig. Strongs vi fam. Maar as hond dalk na ander huis mut gaan hukom dan ni maar laat uitsit nie. Al sy beserings. Hu pynlik?. Hartseer om die mense te troos wat van arme dier se pyn

Helene ·

Hoekom nie die hond ‘n kans gee nie. Ek sal dit met al my diere doen. Gee hulle ‘n kans op lewe. En hoekom redekawel oor onbenullighede. Genade tog!!

foxi ·

Wilma….ag asb tog…….wie gee nou om oor wie die ore getjop het man. Veghond….bulterrier…straathond…..wat ookal die ras van die hond is, moet die arme dier ook n kans kry om te lewe. Wens almal kan so lief wees vir hul diere in elk geval.
Hemel tog……kan die mense nou so ligsinnig wees oor dinge wat nie saak maak nie!

Marinda Homan ·

As dit ‘n mens was sou jy ook seker gese het “sit uit”. Genade moet julle altyd in der ewigheid wil dood maak. Daardie hond is al wat hulle het en ja die wat kan sal hulle help.

Diereliefhebber ·

Sterkte aan die familie in die moeilike tyd van rou.
asb Maroela verander veghond na pitbull of terrierhond, die arme honde het alreeds ‘n vals reputasie as honde wat net wil doodbyt

Lana ·

“Veghond” val inderdaad nie lekker op ‘n mens se oor nie, en dis vreeslik dat daar mense is wat – soos van die mense genoem het – van hierdie honde as “vegters” gebruik, maar (ongelukkig) is die streng/suiwer korrekte Afrikaanse woord wel veghond (eintlik “Amerikaanse veghond”). :( Maroela is dus nie verkeerd nie. Ek hoop werklik Max kan gered word.

pietser ·

Sit die hond uit, dit ly. Belaglik om ‘n groter huis te soek net vir ‘n hond. Alhoewel ek baie simpatie het met die gesin oor die afsterwe van ‘n geliefde moet ons nou net nie belaglik begin raak nie.

Andrea ·

Regtig?! Sien jy dit as belaglik as mense besluite neem ter wille van hul diere?
Jy hou duidelik nie veel v diere nie. Die gebruik van die onpersoonlike voornaamwoord “dit” in die frase “… dit ly” maak dit duidelik.
Ek haal my hoed af vir die mense wat in soveel trauma gedompel is, maar nogsteeds oor die hond se welsyn bekommer.

Alicia ·

My innige meegevoel met die familie en vriende. As ek in die posisie was en dit my broer se hond was sou ek ook graag hom wou laat oorleef het, dis minstens die naaste aan die broer, MAAR as die broer met die hond geveg het (miskien rede vir die vernoeming as veghond) dan sal ek glad nie ondersteun nie, want ek is lief vir diere en is erg gekant teen honde gevegte, ek self het ‘n American Red Nose Pitbul, maar eerstens is haar ore nie geknip nie en maak ek haar groot soos ‘n dood normale troeteldier, sy is nie ‘n veghond nie, om haar mense te beskerm is instink by hulle maar daarom verwys jy dan na ‘n Pitbull en nie veghond nie want op die manier wat dit gestel is, wil dit voorkom asof Max ‘n veghond was (wat met ander pitbulls baklei) om te sien wie is die wenner en beste vegter. My punt is egter mens moet die regte bewoording gebruik want hier is ‘n baie goeie voorbeeld van reg of verkeerde bedoelings. Ek sê maar net….

Ano ·

Alicia, WAAR val jy uit? NEE NEE hy het NIE met die hond “geveg”nie. Hy het eenvoudig van die “breed” gehou en vir Max baie liefde gegee. Word groot toe asb? Hierdie mense is in ongelooflike pyn!

Leonie ·

Sterkte aan die familie. Ek weet presies hoeveel seer julle het. Dis nie lekker om jou broer te verloor nie. En die mense wat so kerm oor arme Max se ore en als, wat die hel maak dit saak. Dink eerder aan ‘n oplossing sodat Amanda die hond kan hou en hulle ‘n ander plek kan kry. Max se storie was op een van ons fb pages ook gisteraand. Daar sal hulp kom julle moet net sterk wees. Tot my kennis was daar klaar ‘n weldoender wat vir sy behandeling betaal het by die veearts. Sterkte aan die familie.

Claudene ·

Al julle mense met negatiewe uitlatings maak my rerig siek!!! Of dit nou n varkhond/bokkiehond of watse hond is dit bly iemand wat lief was of is se hond!!!!

Denise ·

Dit is baie hartseer sterkte aan die gesin en Max sy hond!!!!!

Cheryl ·

REGTIG REGTIG JUL ALMAL Wat iets te sé het oor die hond, wat se ore geknip is wat “moontlik” ñ veghond was…. Kom net by asb, jul kyk net waar jul negatiewe kommentaar kan lewer en IETS kan sé!!! Plaas jul iets beter sé oor die familie wat deur baie seer gaan. Maar nee nou wil jul ñ punt maak van die hond. BAIE BAIE STERKTE aan die familie deur die bitter seer!!!

Ouvrou ·

Jammer maar hoe wil die familie vir die hond sorg as hul nie verhoogde huur kan betaal nie? Indien hul nie n geskikte huis kry nie moet hul eerder die hond uitsit. Maar net my mening. Sterkte ook aan die familie. Dit moet n ongelooflike hartseer tyd wees. Veral aan die ouers.

Micky ·

Baie dankie aan die weldoener! Dankie tog vir sulke mense. Diere is edel, en het ook ‘n reg op hulle lewens. Baie, baie dankie vir hierdie sagte hart wat vir Max ‘n kans wil gee. Valley Farm is ‘n wonderlike praktyk met wonderlike veeartse! Sterkte aan Max, en baie simpatie aan sy mensfamilie in hierdie moeilike tyd. Mag Max ‘n mate van troos vir julle gee.

M'Lady ·

Goeie genade. Hou op om sulke tipe uitlatings te maak en wys julle staal en help met Max se herstel. Diegene wat Max wil laat uitsit het seker nog nooit n hond gehad nie. Ek skaam my vir die kommentare. Die familie is in rou en Max is die enigste wat hulle aan hulle seun herinner.

Elize ·

Baie sterkte vir al sy familie en vriende…my seun ook doodverongeluk..dis meer as 8 maande later en polisie ondersoek is nog nie afgehandel nie..

Celia ·

Wat n pragtige dierekind op die foto! Max sal gesond word en die familie baie troos gee. Daar sal n antwoord kom vir behuising! Ek bid daarvoor! Bid saam my!.
Dankie aan die wat help- wens ek kon!

Sue ·

Here vergewe asb die mense wat so negatief kommetaar lewer. Hulle het beslis nog nie ñ kind verloor nie, hulle weet nie dat dit ñ hartseer is wat jou nooit ooit weer los nie

Marinda ·

Niemand sal weet hoe dit voel om ń geliefde broer skielik te verloor en dan was hy nog soos jou eie kind ook. Ons het my broer van 10jaar af grootgemaak aangesien ouers jonk oorlede is en 21 Augustus 2016 is hy skielik aan hartaanval oorlede. Hy het seuntjie wat die vrou nie wil hê wat al van geboorte af by ons is. Delarey is 13 Januarie 2017, 10 jaar oud. Sterkte vir julle as gesin.

Elfie ·

Ek weet hoe belangrik so ‘n hond kan raak as ‘n mens jou kind verloor. My seun is in 2014 oorlede en sy Jack Russeltjie het deel van my lewe en huishouding geraak. Dis nie dan meer net ‘n hond nie – dis ‘n trooster, ‘n verlengstuk van jou kind se lewe op aarde. Baie sterkte aan die familie, mag julle vertroosting en berusting vind, en spoedige beterskap vir Max.

Liam ·

I first met DJ one night coming back from Swaziland, we struck up a chat about his pup Max and we became mates since. Hearing this news today shocked me to my core.
My deepest condolences to his family for their loss.

Danielle ·

Hoekom begin julle nie n fonds soos n gofundme rekening nie? Ek bid regtig dat hy spoedig sal herstel …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.