Pta-man verongeluk: Só lyk Max se herstelpad

Max in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal (Foto: Verskaf)

Max in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal (Foto: Verskaf)

DJ Ehlers, die besigheidsman van Pretoria wat Maandag verongeluk het ná sy motor ʼn boom getref het, se hond, Max, het nog ʼn lang herstelpad wat voorlê.

Ehlers (32), die mede-eienaar van Barcelos in Elukwatini, is Maandagaand op slag dood nadat sy motor ʼn boom getref het.

ʼn Polisieondersoek na die oorsaak van sy dood is nog nie voltooi nie.

Amanda, Ehlers se suster, het Donderdag aan Maroela Media vertel die gesin probeer inderhaas fondse insamel sodat hulle Max, ʼn ses maande oue veghond, kan red. Max, wat glo soos Ehlers se “eie kind” was, het altyd saam met Ehlers gery en het die ongeluk oorleef met ʼn gebreekte rug en heup.

DJ Ehlers (Foto: Verskaf)

DJ Ehlers (Foto: Verskaf)

Max is tans in die Onderstepoort-veaartsenykundige akademiese hospitaal, waar die gesin R5 000 moes betaal voordat hy geopereer kon word. Die familie kon egter nie in tyd daarin slaag om die geld in te samel nie en die hospitaal het hulle tydelik tegemoet gekom.

“Die matrone het gesê ons moet eers my boetie se begrafnis afhandel voordat ons oor geld begin praat en daarvoor is ons baie dankbaar hoewel dit seer is,” het sy gesê.

Dié operasie was ʼn groot sukses en Max is nie verlam nie.

Amanda het ook vertel dokters het vermoed daar is groot probleme met sy niere, maar hulle het intussen gesê hy was net ontwater.

“Hy was altyd ʼn hond wat baie water gedrink het. Ná die ongeluk het hy amper gladnie water gedrink nie en het daarom begin ontwater,” het sy gesê.

Max sterk tans in die waakeenheid aan en het nog ʼn lang herstelpad wat voorlê. Hy word ook vir ʼn verlengde periode daar gehou om te keer dat hy infeksie kry.

“Die dokters sê hy sal vir drie tot ses maande baie stil gehou moet word en sal ook nie kan rondhardloop nie. Ons sal daarna besluit wat die toekoms inhou.”

Ehlers word Saterdag begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Janine ·

DANKIE ONDERSTEPOORT! Julle is die beste! Ek hoop Max herstel gou en volkome – elke liewe dier verdien ‘n kans om te oorleef. Dankie aan die familie dat julle nie sommer voor die voet besluit het om Max vankant te maak nie. Iemand anders sou bes moontlik nie twee keer gedink het om die “maklike” uitweg te neem nie. Ek salueer julle en is so jammer vir jul verlies.

W ·

Ditto Janine. Sjoe ek hey ‘n groot knop in my keel nou. Max se ogies se nie net van sy eie pyn maar ook sy verlies van sy eienaar. RIV DJ. Sterkte vir sy gesin en familie. Beterskap Max …

Buitestander ·

Kan jullle nie van die padmotorversekering óf Tshwane munisipaliteit Max se hospitaal rekening eis nie.
Sterkte op die pad vorentoe.

Helene ·

Dankie dat julle Max ‘n kans gegee het. Ek vertrou en hoop vir die mooiste vir Max. Baie sterkte vir die familie wat nou deur ‘n baie moeilike tyd gaan.

Annakapat ·

Buitestaander, hoekom Tshwane Munisipaliteit verantwoordelik hou vir Max se onkoste? Ek verstaan nie …

Logika ·

Dis nie van wie hulle verantwoordelik moet hou nie. .. dis n opsie om te oorweeg aangesien hulle nie die beskikbare fondse het nie… Dit sal wel eers gedoen kan word as die oorsaak van die ongeluk vasgestel is… dan kan hulle terug eis….

Rikku ·

Ai Max vasbyt. Ons almal bid vir jou. Onderstepoort dankie vir julle versorging van Max.
Familie en vriende ons is jammer vir julle verlies en bid dat God julle sal vashou in hierdie tyd van rou.
Maroela hou ons asseblief op datum oor Max se vordering.
Is daar ‘n Bankrekening nommer waarin ons geld kan skenk vir Max.

Delia ·

Rikku, in die vorige berig word genoem indien jy wil help, skakel Amanda by 062 167 9275.

Charmaine ·

Ek huil sommer nou oor DJ..wat n ouer hy vir Max was.Spoedige herstel Max ,jy’s in goeie hande.

Poppie ·

Indien daar huisinhoudversekering is, het die meeste versekeraars dekking vir troeteldiere wat in n ongeluk betrokke is. Die familie moet uitvind.

Riets ·

Dankie Onderstepoort, julle is mensliker as SOMMIGE Hospitale en SOMMIGE mediese fondse!! Kyk nou maar na die seuntjie wat op ‘n glybaan inmekaargesak het en nou sé die ouers se mediese fonds hulle betaal net vir 3 dae in die ICU! Dis jammer ons mensekinders kan nie maar eerder ook na Onderstepoort gaan vir sulke goeie mediese behandeling nie!! Ek salueer julle hulp aan hierdie getraumatiseerde ernstige beseerde hondekind! Baie dankie.

Deon ·

Ek glo natuurlik as dit ‘n voorheen benadeelde was, sou Max heeltemal gratis behandeling ontvang het!! Daar is altyd studente wat oefen en net baat vind by sekere operasies!!

Angel ·

Ons het n dierbare vriend verloor! DJ was n awesome mens! Gaan hom baie mis! Hy en Max was altyd saam! Dis n donker tyd vir ons wat agter bly. Sal jou altyd mis DJ! <3

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.