Sers. Asnath Melatsi, woordvoerder van die polisie, het die nuus Saterdag aan Maroela Media bevestig. ʼn Saak van moord sal nou ondersoek word, het sy gesê.
Maroela Media het vroeër berig die man en vrou het omstreeks 15:50 in ʼn geel Renault Clio in Garsfonteinweg gery, toe vier mans naby die N1-Noord-afrit vanuit ʼn BMW skote op hulle afgevuur het. Die man is vier keer in sy rug getref en vyf keer in sy sitvlak. Die vrou is twee keer in haar middel geskiet.
Die twee mense, albei werknemers van OR Gazma Energy Drink, is intussen as Mpho Baloyi en Wandile Bozwana geïdentifiseer.
Melatsi het gesê ʼn motief vir die skietery is nog nie vasgestel nie, maar daar word nie vermoed dat dit ʼn mislukte kaping was nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Bozwane was blykbaar besig met ‘n hofsaak teen die NW Regering
My innige simpatie met sy naasbestaandes. Mag Mpho ook gou herstel.