Pta-man wat in motor geskiet is, sterf

Die motor waarin die slagoffers geskiet is. Foto: SAPD

Die motor waarin die slagoffers geskiet is. Foto: SAPD

Die man wat gister saam met ʼn kollega verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is, het aan sy wonde beswyk.

Sers. Asnath Melatsi, woordvoerder van die polisie, het die nuus Saterdag aan Maroela Media bevestig. ʼn Saak van moord sal nou ondersoek word, het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die man en vrou het omstreeks 15:50 in ʼn geel Renault Clio in Garsfonteinweg gery, toe vier mans naby die N1-Noord-afrit vanuit ʼn BMW skote op hulle afgevuur het. Die man is vier keer in sy rug getref en vyf keer in sy sitvlak. Die vrou is twee keer in haar middel geskiet.

Die twee mense, albei werknemers van OR Gazma Energy Drink, is intussen as Mpho Baloyi en Wandile Bozwana geïdentifiseer.

Melatsi het gesê ʼn motief vir die skietery is nog nie vasgestel nie, maar daar word nie vermoed dat dit ʼn mislukte kaping was nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ZZ ·

Bozwane was blykbaar besig met ‘n hofsaak teen die NW Regering

Willemien du Plessis ·

My innige simpatie met sy naasbestaandes. Mag Mpho ook gou herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.