Pta-man wat rowers doodskiet stuur vrou, kinders landuit

Ferdie van Greunen (Skermskoot uit die video)

Die Pretoriase man wat Saterdag twee rowers op sy erf doodgeskiet het en vroeër dié week doodsdreigemente by sy huis ontvang het, se gesin het om veiligheidsredes tydelik na die buiteland verhuis.

Die 47-jarige man, deur eNCA geïdentifiseer as Ferdie van Greunen, het aan dié nuuskanaal gesê hy het geen ander keuse gehad as om sy vrou en kinders na die buiteland te stuur nie nadat ʼn groep van tussen 10 en 12 mense Maandagoggend by sy huis bymekaargedrom en geskree het: “Ons weet waar jy bly! Ons gaan jou doodmaak!”

Van Greunen het gesê die gesin vrees vir hul lewe, selfs met die veiligheidswagte buite sy huis – wagte wat ná die voorval van intimidasie nou die eiendom 24 uur per dag beskerm.

“Dit was ʼn liederlike voorval,” het Van Greunen aan eNuus gesê. “Hier het voertuie opgedaag by my eiendom; seker tien vreemdelinge. My werker het my nadergeroep. Met ondersoek [wat hy na die voorval ingestel het] is ek uitgekryt as moordenaar en [ek het gehoor] dat my adres bekend is en dat hulle weet waar ek woon en gaan terugkom om my te vermoor. Daarom dan ook die besluit om my vrou en kinders van enige potensiële leed en skade weg te kry en nie hier [in Suid-Afrika] te hê nie.”

ʼn Baie emosionele Van Greunen het in trane uitgebars toe hy oor dié voorval praat wat nou sy gesin se hele lewe omvergewerp het. “Ek wil net vir my wonderlike vrou sê ek is baie lief vir haar en die kinders. Uit my hart se punt is ek lief vir hulle en ek sal hulle altyd beskerm.”

Van Greunen het Maandag ná die voorval ʼn saak van intimidasie by die Garsfontein-polisiestasie aanhangig gemaak.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die betrokkenes ʼn teenklag teen Van Greunen ingedien het. Volgens Miller voer die betrokkenes, glo familielede van die oorledenes, aan dat Van Greunen ʼn vuurwapen op hulle gerig het, maar hy het dié bewerings in ʼn onderhoud met eNuus ontken.

Miller het intussen ook bevestig dat die rowers se voertuig ʼn gesteelde voertuig was. Hy sê die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat een van die rowers wat Van Greunen doodgeskiet het, uit was op parool.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het laat Saterdagmiddag in Lynnwoodrif plaasgevind. Die gesin het by die huis gekom en agtergekom die voorste hek is oop, waarna hulle ʼn vreemde silwer voertuig in hul oprit naby die motorhuis opgemerk het.

Van Greunen het uit die voertuig geklim en gaan ondersoek instel. Een verdagte het verby hom gehardloop. Miller het vroeër vertel Van Greunen het probeer om die verdagte wat verby hom gehardloop het te vang, maar die verdagte het hom ontduik en terug in die huis in gehardloop. Intussen kon ʼn tweede verdagte daarin slaag om verby Van Greunen te kom en in die voertuig, met die man se gesin steeds daarin, te spring.

Dié verdagte het probeer om in trurat weg te jaag, maar het volgens Miller “gelukkig” teen die muur vasgery en kon nie verder beweeg nie. Van Greunen het na die voertuig gehardloop en daar probeer help en in die proses is die verdagte doodgeskiet. Intussen het die tweede verdagte in die boosdoeners se wegkommotor gespring en herhaaldelik teen die gesin se voertuig, wat die oprit versper het met die gesin steeds binne-in, vasgery.

Die verdagte kon nie daarin slaag om by die oprit uit te ry nie. Hy het Van Greunen weer probeer aanval en Van Greunen het homself weer verdedig. Die tweede verdagte is in die proses doodgeskiet.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ander Annie ·

Sterkte mnr Van Greunen, ons bid vir ons Hemelse Vader se beskermde Hande oor jou en jou gesin.

Joeee-hoeee!!?? ·

Joeee-hoeee!!??, Lindiwe Sisulu, hoor jy wat hier in jou veilige land gebeur!!?? Daar is diegene wat diep beswaard is wanneer ‘n rooftog nie slaag . . . Laat weet Australië asb.

Cherokee ·

Volgens die video is daardie man se senuwees op breekpunt. Hy het groot werk gedoen. Voorspoed Ferdi, en netjies dat jy aan die blootgesteldes gewys het om gereed te wees.

Joey ·

Die man is die hoof van die huis en moet sy familie beskerm. Deur kriminele is ñ hele gesin se lewe uitmekaar geskeur. Daar sal altyd letsels wees. Ek voel inwoners van die omgewing behoort nou saam te staan en hierdie dapper man te ondersteun en die polisie dwing om op te tree teen die wat dreigemente maak .Baie sterkte aan die familie en veral aan Ferdie. Ekmhou jou en familie in my gebede.

Henk ·

My vriend, my hart bloei vir jou en jou vrou. Baie sterkte vir julle beproewing, ons gaan bid vir julle. Daar is ń plek vir opregte Afrikaners, baie naby aan jou.

PJC ·

Hierdie gaan al meer gebeur in gevalle waar mense hulself verdedig. Dit is ook nie iets nuut nie. Mense moet net nie vrees toon wanneer dit gebeur nie want dan gaan die intimidasie net meer word. Ek dra kennis van ń soortgelyke geval ń paar jaar terug waar mense na so ń insident elke dag met ń paar taxis voor die slagoffer se deur kom staan het. Niemand wou iets doen nie totdat hy die polisie gebel het en gedreig het om die wet in eie hande te neem omdat sy gesin bedreig word. Dit het die gewenste uitwerking gehad en is die taxis baie gou daar verwyder.

Nakkie ·

Hoe siek dat die gesin nou deur `n tweede trauma en boonop skeiding van mekaar moet gaan. Hierdie land walg my.

Mark Johnson ·

Die voorval moes baie traumaties gewees het vir die gesin en om dan daarna verder gedreig te word met moord is totaal onaanvaarbaar. Hoekom word die mense nie gearresteer nie? Terloops, kan iemand dalk net vir Maroela laat weet dat die buurt se naam in afrikaans Lynnwood Rif is.

Sonja ·

Ferdie. Hulle het jou aangeval. Dan mag jy skiet en jou en jou mense beskerm.
Dis net jammer as een nasie sy mense beskerm is dit verkeerd… terwyl n ander nasie mag moor en dreig en dan kom hulle absoluut niks oor nie.
Baie sterkte vi jou en jou gesin

Janee ·

Ek hoop jy kan spoedig moontlik by hul aansluit.en wens ons almal kon die land verlaat .STERKTE

Katerina ·

Ek is bly vir sy gesin se part dat hulle buiteland toe kon vlug – maar wat word van diegene wat dit nooit sal kan bekostig nie?

Reguit ·

Absolute walglike hool waar die slagoffer geen regte (of reg tot lewe) in sy geboorteland het nie en gedwing word om sy gesin na die buiteland te stuur. In elk geval is dit die beste opsie vir enige witte in Azanië om die land te verlaat, want witmense word gehaat, verdruk, vervolg en is vreemdelinge en uitgeworpenes in daardie vuil Afrika-nes. Wit kinders het GEEN toekoms daar nie. Ons wens Mnr van Greunen en sy gesin die beste toe.

Oom Kalahari ·

Waarom was hierdie gesin se adres in die media openbaar gemaak met name en gebeurtenis. Daarom was dit moontlik vir hierdie dreigende byeenkoms by sy huis en is ‘n familie uitmekaar geskeur. As die rolle anders is word geen sulke besonderhede bekend gemaak en word net verwys na ‘n man of vrou. Sterkte vorentoe Ferdie, jy en gesin het ‘n groot trauma beleef en die sielkundige skade sal altyd sy merk laat. Wens jul alle voorspoed en gebede toe.

CV ·

Absolutely disgusting… if he did not defend himself and died that day as just another statistic…there would be no one there rant and rave… In this country it’s disgusting how certain people respond to things. The police should investigate and arrest these people that harassed and threatened this innocent man.

Johan ·

Meld dit by die polisie aan. Koop vir julle ‘n vliegtuig kaartjie Australie of Europa toe en sodra julle daar aankom vra asiel. Hoe meer bewyse jy het jou lewe is in gevaar in SA, hoe beter is jou kans om asiel te kry.

Yankee ·

Hierdie man en sy gesin sal verseker asiel kry in bykans enige Land nou. Wel gedaan, en gee pad ouboet!! Deure word Wereldwyd toegemaak vir Suid-Afrikaners, joune is sopas oopgemaak.

swanna ·

Nou wil ek weet wat gaan ons liewe polisie mag omtrent dit doen. Gaan hulle eers wag tot die man vermoor is en dan kamstig optree of is huule deel van die ding. Want ek glo hy het die saak alreeds by die polisie van die begin aangemeld. So kom ons kyk hoe diè kaart spel uit speel. Dit gaan baie interesant wees. Want om jou gesin uit die land uit te stuur en die drygemente gaan net aan en sommer openlik om by jou huis op te daag en die polisie doen niks sê net vermy die polisie gee nie ‘n hel om nie want hy is WIT.

Christelle ·

Ek voel bitter jammer vir hierdie man en sy gesin en laat ek raai dat hierdie storie weer in ‘n rasistiese drama gaan ontaard…

moeksie ·

Ek dink jy is `n held Mnr. Wat jy vir jou familie gedoen het, verdien eerder `n medalje. Jy het gedoen wat enige “man” wat sy naam werd is sal doen. Wat ons regering betref, net nog `n bewys dat hulle glad nie in beheer is nie, maar soos `n lappop rond gegooi word deur ieder en elk wat optree vir eie gewin. Daar is nie `n reg stelsel hier nie… meer regte vir die verdomde kriminele as vir die landsburgers… Wens jou en jou gesin als wat mooi is, en sou julle verkies om die plek te verlaat, en in staat is om so te doen… gaan in vrede.. Mag julle die lewe vorentoe geniet… Wat `n skande dat SUID AFRIKA nie kan kyk na sy mense nie

KP ·

Ferdie kry vir jou werk oorsee en verlaat hierdie helhool sou gou moontlik.

Siek en sat ·

Van nou af koop ek Engelse koerante en knip als uit en stuur dit oorsee. Soooo gatvol vir hierdie wettelose land.

Annette ·

Ferdie baie trots op jou om jou gesin 1ste te stel, pak jou goed en gee pad uit die vrot land..sal nooit beter word nie!!!

Harry ·

Die dreigende straatbetogers was reeds Maandag daar – lank voordat die media enige berigte geplaas het. Dit lyk dus of ons “slim en bevoegde poelpiesie” die nodige inligting uitgegee het ter simpatie teenoor die gesneuwelde kamerade se families en tronkvoelvriende, sodat wraak geneem kan word teen hierdie uiters bevoegde persoon wat die herverspreiding van eiendom suksesvol gestuit het.

Frances ·

Ons is diep jammer vir julle almal en wens ons kon al die seer en swaar en kommer van julle wegneem. Julle is mense van faam wat ‘n aanwins vir ons kerk, omgewing en land is. Ons hou julle met gebedsarms omhoog.

Stan ·

Ferdie, ek sal so gou as moontlik begin met ‘n aansoek vir asiel status as jy nie vir ‘n permanente besoekers visa kwalifiseer nie (in die buiteland). Mag jy weet dat baie aan jou dink en ek glo dat dinge vir jou en jou familie weer sal uitwerk. Baie sterkte!

Die waarheid ·

En dit is hoe die blankes saam staan en dink hulle kan die aanslag beveg. Die gesin word uitmekaar geskeur omdat almal eerder kommentaar sal lewer as om tyd op te offer om op n aflos basis die gesin te gaan beskerm. Nee wat ons moet maar aanhou kla en sien of enigeiets gaan verander of ons moet begin SAAM STAAN en n ander persoon se belange bo jou eie stel soos wat ons so graag as Christene voorgee ons doen. Die betogers het n teen klag gaan le wat beteken die sap het hulle name en adresse maar nie een word gearresteer vir die dreigemente nie. Mense hou op om op die stelsel staat te maak en maak eerder staat op jou betroubare vriende en vriendinne, Sterkte my vriend en ek vra omverskoning omdat ons as blanke afrikaner mans jou gesin versaak het.

Skaamte ·

Ferdie
Ek laat sak vandag my kop in skaamte want ek en my mede wit broers het jou as held gefaal. Ons was nie bereid om uit ons gemak zone te beweeg nie en om jou te help om jou gesin te beskerm nie. Eks jammer maar mamon is mos die sa god en naasteliefde is n vloekwoord. Ek is ook skaam teenoor my oupa en sy geslag wat hierdie land vir ons met bloed gekoop het en nou por ons iemand aan om die land te verlaat eerder as om die persoon by te staan sodat hy en sy gesin veilig kan wees en ons almal n veilige toekoms kan he soos wat ons voorouers gedink het hulle vir ons doen. Ek dink elke dag aan die toekomstuge wit kleinkinders en wat hulle eendag oor ons geslag gaan se. Dan word ek weer skaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.