Pta-mans in huis aangeval

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat twee mans die afgelope naweek in ʼn huis in Centurion aangeval is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerdoer van ER24, het gesê paramedici was Saterdag omstreeks 22:30 op die toneel by ʼn huis in Eldoraigne.

“By ons aankoms het ons ʼn man aangetref waar hy op ʼn rusbank gesit het. Hy het skietwonde aan sy been en arm opgedoen,” het sy gesê.

Nog ʼn man is vir matige beserings op die toneel behandel. Hy is vermoedelik met ʼn voorwerp oor die kop geslaan. Die mans is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die mans is deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangeval.

Konst. Simon Chokoe, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die motief vir die aanval is onbekend en word ondersoek. Hy wou nie meer oor die voorval uitbrei nie. Dit is nie duidelik of iets tydens die voorval geroof is nie.

Die slagoffers se ouderdomme kon ook nie bevestig word nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JJ ·

“onbekende hoeveelheid aanvallers” dit beteken gewoonlik n bende van 4+. Lafaards.

Herman ·

In hierdie ou reenboog landjie van ons moet jy heeltyd agter jou skouer kyk of jy sterf moontlik. In plaas van “freedom for all” het dit in “the hunger games”verander. Jy kan nie kinders in hierdie land he nie

Mathys du Preez ·

Hierdie moet lees 3 egpare is aangeval en twee van hulle se mans is ernstig beseer.
My beste vriend, wat my strooijonker by my troue was, is vir die tweede keer in sy 38 jarige lewe deur n lafhartige oppertunis met n ongelisensieerde (vermoedelik) vuurwapen beroof (hierdie keer gepoog), hulle het hom met n stomp voorwerp agteroor die kop geslaan in n poging om hom te vermoor toe hy sy vrou en 4 jarige dogter wou beskerm.
Die ander vriend het een van die aanvallers aan sy nek beetgekry en hulle het hom in die been en in die arm geskiet.
Die drie egpare het heel rustig by die huis gebraai toe die gelowiges, wat geglo het dat dies wat het, het omdat hulle dit gevat het by dies wat nie het nie, want dis wat hulle politikusse vir hulle maak glo.

Elk geval, dis seker net nog’n voorval, maar ek oorweeg dit nou om ‘n geweer aan te skaf vir wanneer ek onskuldig wil braai en ek oorweeg dit selfs om minder bier te drink as ek braai, maar ek is darm nie so kwaad nie.

Netso ·

As jy dit oorweeg om ñ vuurwapen aan te skaf vir jou en die familie se veiligheid is om sober te wees die beste bedluit wat jy ooit geneem het! Ek het tot laasjaar Desember nog met ñ ar15 nugter langs my bed geslaap voor ek immigreer het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.