Pta-matrone geskors oor k-woord

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

ʼn Kraamsaalmatrone by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is met onmiddellike effek geskors weens bewerings van rassisme teen haar.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê susters wat aan die matrone ondergeskik is, het onder meer gekla dat sy die k-woord gebruik om na hulle te verwys.

“Daar is ook klagtes van viktimisasie teen haar gelê. Die klagtes is Vrydag aanhangig gemaak en die departement het besluit om haar te skors hangende die uitkoms van ʼn dringende ondersoek oor die beweringe,” het Mabona gesê.

Mabona het gesê die hospitaal het ʼn ondersoekspan aangestel om die ondersoek te hanteer en die waarheid van die bewerings te toets.

Qedani Mahlangu, die Gautengse LUR van gesondheid, het die ondersoek bevestig en gesê geen vorm van rassisme sal in enige van die departement se fasiliteite geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

tamboti ·

Ja iemand kan onmiddelik op grond van rassisme geskors word, maar vir korrupsie of diefstal of vrek sleg werk, nee wat dan moet die gerugte eers in ‘n hof oorweeg word.

MM ·

Mense luister ook nie!!! In jou nkontrak is dit baie duidelik uit een gesit oor rassisme.

Kloekie ·

Ek sal nie verbaas wees as hul matrone valslik beskuldig het net oor sy streng is met hul.Sodra hul vasgevat word in die werkplek, is dit rassisme.

My opinie ·

Dit wil voorkom dat die woordjie “rassisme” te maklik gebruik word en dat ‘n spesifieke bevolkingsgroep voortdurend geteiken word as rassiste. Wanneer ander bevolkingsgroepe rassistiese uitlatings maak, dreigemente uiter en mense aanrand word dit geregverdig agv opstand teen die vroeë kolonisasie deur die “Wit Boere.” Geeneen van die huidige geslagte het deel aan wat in die verlede gebeur het nie. Die blaam vir die huidige ekonomiese toestand en gebrek aan dienste en fasiliteite kan slegs aan HUIDIGE die regering gegee word. ‘n Vooruitstrewende land met ‘n goeie infrastruktuur en gesonde ekonomie is 22 jaar gelede op ‘n silwer skinkbord aan hulle gegee. Letterlik ‘n geval van pêrels voor die swyne gegooi.

Frederik ·

Jy’s 100% reg. As matrone behoort sy darem maklik weer by ‘n Netcare of Mediclinic ‘n pos te kry. Beter werksomstandighede ook as by HF.

Henri ·

Tans word die ander een ook gebruik, naamlik, pienk varke.
Ek wil nie soos ‘n volstruis met my kop in die sand staan nie, maar dinge raak nou te erg. Hierdie karakters wil hê dat die Afrikaner/Boer en ander blankes hulle moet vervies en begin terug baklei. Gebeur dit gaan hulle omswaai en sê, “kyk wat maak die Wit ouens” Die ironie van alles is, die werêld gaan hulle glo.!!!!!!
Daarom wil ek nie meer van hierdie goed hoor, sien of lees nie, want dit bring in my ‘n gevoel van woede, agressie op wat nie tot uiting moet kom nie, want dan gaan daar weer na jou verwys word as ‘n rassis. Maar wie maak hierdie in jou wakker.??

Jaques ·

Hulle se, sy se…..?????

Hoe bewys jy dit teen die persoon, nog meer hoe bewys jy, jy het dit nie gese nie?

In vandag se tyd is dit seker DIE maklikste manier om iemand van ‘n ligte gelaat sommer vinnig uit te werk indien daai persoon nie wil “saamspeel” nie, hetsy aanmaning oor werks aangeleendhede, of moontlik meer duistere “sake”.

Trudie Erasmus ·

Maar die swartes kan ons maar vloek, sê en doen net wat hulle wil, en daar word niks aan hulle gedoen nie. Een teen tien word daar weer gelieg om haar in ‘n slegte lig te sit. Hulle stook mekaar op teen die blankes en jy staan alleen, niemand wat dit kan bewys nie.

Wilma ·

Ongelukkig het hulle die hef in die hand! My seun en ‘n ander inwoner in die kompleks waar hulle bly het woorde gehad oor parkering – die ander party het doodeenvoudig omgedraai is reguit polisie toe en het ‘n saak aanhandig gaan maak en gesê my seun het hom die k-woord toegesnou. Nou ja hoe bewys jy nou wie is reg en wie is verkeerd.

Dirk T ·

Het so ‘n paar jaar terug dieselfde geval gehad in die staatsdiens. Die ou het nie van my bestuurstyl gehou nie.

PIETER ·

zika virus wat wou, n nuwe kiem vreet rsa op,net witmense kry dit rassisme. Dr. Swart het dit ontdek.

Steve ·

As hulle maar ook net wil op let na hoe hierdie susters, Met pasiente praat en werk sal hulle seker gouer as gou ook geskors word. Ek het net Neg goed om te se oor Steve Biko. Het al te veel mense daar verloor en in die slegste omstadighede, Behalwe vir al die familie lede het ons so 2-3 jaar terug ook moes afskeid neem daar van my mediende se dogter toe 31Jr oud, En die goed wat gedoen en gese was aan my bediende en haar dogter in daai hospitaal. Sal nooit vergeet nie !!! Hulle hou hulle verniet so onskuldig van voor by sekuriteit to by die die Dokter en versorgers is hulle ook almal lekker rassiste veral teenoor wit pasiente.

Rooijan ·

Dit is darem die maklikste ding op aarde om van ń witmens ontslae te raak in Suid Afrika, jy noem hom of haar net ń rassis wat die k woord gebruik het en siedaar.

Oom Boer ·

Hierdie matron was ‘n teiken tot verdere dinge en beplannings. Dit is al die afgelope paar jaar so en het ek dit ook in my werks praktyk beleef dat hul hou nie van discipline en reels en sodra jy jou werk ernstig opneem en die nodige maatskappy beleid toepas, staan hul saam om daai blanke persoon in onguns te bring en te laat vervang met ‘n Kader. Hierdie ou storie van K woord is al holgery en ‘n mooi rookskerm om die blankes van werke te onthef en is so ‘n dienende strategie in hul guns. Gaan kyk hoe dit gaan na 6 maande na haar verwydering. Hierdie onregverdige optredes in besighede maak mense bitter, maar GOD slaap nie.

Elsie Moller ·

Steve jammer dat jy net slegte ondervinding het van Steve Biko Ek en my familie was seker net gelukkig dat ons baie goeie diens gekry het by Steve Biko Verpleegsorg sowel as die doters Ek was nou Desember weer 7 dae daar en weereens het ek baie goeie behandeling gekry My man is 5 jaar terug in n privaat hospitaal oorlede en die diens was pateties So ook van ander Privaathospitale hier in Pretoria

Rerig?, ·

Hoe ironies is dit nie! Praat mens Engels of selfs Afrikaans wanneer opdragte gegee word, dan verstaan niemand niks nie. MAAR gebruik die K woord en selfs die dowe een verstaan wat gese word. Gaan kyk bietjie wat die wetenskaplike naam vir n Swart Buffel is …. Nog indrukwekkend want as die K woord gebruik word, kan mens dan se in konteks het jy verwys na die Swart Buffel.

Johan ·

Ek dink die “persoon” wat gekla het het nie mooi gehoor nie. Die matrone het seker van ‘n Kader gepraat.

Lynet ·

En so gaan dit aan en aan en aan en aan. Pla vir is die regte verwysing want hulle pla vir ons.

Grotman ·

Wat is dit nou weet oor die ‘K’ woord? Okay so van nou af praat ek van offie, arton, aneel, ieme, lere, ouse… Maar my buurman gaan my neuk want hy het n snaakse naam sonder die ‘K’ hy is van nou af anus!…… Hy is groot en n body guard!! Bel asb 911

antonie ·

Ek dink as sy die saak wen, kan sy geld eis vir naamskending en ‘crimen injuria’.

Gertjie ·

So word die “k” woord gebruik om die “witvel” uit te gooi, siestog…

Hester ·

Laat almal leuenverklikkerstoetse aflê en die matrone gaan al die pad bank toe lag, na haar lastereis aan haar uitbetaal is.

Suzette ·

@Hester: Sy moet dit doen en deurvoer. Genoeg is genoeg. Veral die verpleegsters, polisie en staatsamptenare. Ons het ons saak na 2 jaar teen die SAPD gewen. Sover as ‘n Lasbrief vir Eksekusie gegaan en sou ‘n groot meubelvervoervragmotor nodig gehad het om al die lessenare, rekenaars ens ens wat deur die balju op beslag gele was te verwyder. Kort voor die verwydering en verkoping is ons eis geskik. Al die pad bank toe gesmile. Daar is prokureurs wat werklik nog daarop uit is om mense te help en vir hulle te veg.

Dan ·

n Mens word partykeer gedwing om jou so te vererg dat jy n ding se wat jy in normale tye nooit sou se nie. KYK EERDER WAT HET DAARTOE GELY DAT DIE PERSOON HAAR DIT LAAT SE HET, moet nie altyd net na die een kant kyk nie, sekere mense doen alles in hulle vermoee om ander uit te lok want hulle weet hulle kom daarmee weg. Sy sou dit nie sommer net gese het nie daarvan kan julle seker wees.

EMK ·

Ek dink soms word sulke goed “toegesê” aan iemand sonder dat hy/sy dit eers gebruik het net omdat hulle wil ontslae raak van die persoon. Dan het hul altyd ‘n “getuie” (een of meer van hul vrinne) wat dan gaan saam getuig teen die persoon en dus het so persoon geen kans in die hof nie.

Theresa ·

Ja vir die gebruik van ‘n leuenverklikkertoets in sulke gevalle. Heeldag word luiheid gesien in plekke waar mense werk het, maar regtig nie baie lus het om dit te doen nie. My oë het byna uitgeval in een van die goeie hospitale in Pretoria: ‘Hopeloos te veel bondel om ‘n bed om iets kleins te moet doen, soos koors of bloeddruk neem. Dis glad nie korrek nie! Die pasiënt voel later benoud met al die gesigte, asems en lywe so om die bed waarin gelê moet word omdat jy siek is. Die hande was glad nie vooraf gewas nie en hoes, vroetel en baie praat was aan die orde van die dag. Die een of twee uitsonderings was daar wel en dit sal hulle wees wat nooit die skuld vir foute of tekortkominge voor ‘n ander se deur sal lê, net omdat dit mode in Suid-Afrika geword het nie. Doen gerus die moeite en kyk met oë wat sien, hoeveel mense slorderig, vuil en argeloos by hul werke optree. Nie ‘n wonder daar is mense wat nooit respek sal kry nie. Dis nou een ding wat nie afgedwing kan word nie – al skreeu jy, al breek jy goed, al brand jy goed, al verf jy oral jou dwaasheid rond. Respek sal nooit so gekry word nie.

sunita ·

Sal ander personeel in staatshospitale ook geskors word indien daar gekla word oor hoe hulle hulpelose siek pasiente behandel – NEEEEEEEEEE want hulle mag!!!!! Dis verby belaglik en nog meer lagwekkend!! Rassisme net ‘n ander woord vir eks te lui om te werk, ek kry in elk geval so te se alles verniet want die rassiste betaal daarvoor!!!

sunita ·

Sal ander personeel in staatshospitale ook geskors word indien daar gekla word oor hoe hulle hulpelose siek pasiente behandel – NEEEEEEEEEE want hulle mag!!!!! Dis verby belaglik en nog meer lagwekkend!! Rassisme net ‘n ander woord vir eks te lui om te werk, ek kry in elk geval so te se alles verniet want die rassiste betaal daarvoor!!!

annoniem ·

Klink vir my na n bogstorie…. te maklik om die racekaart te speel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.