Pta-matrone geskors oor k-woord

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

ʼn Kraamsaalmatrone by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is met onmiddellike effek geskors weens bewerings van rassisme teen haar.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê susters wat aan die matrone ondergeskik is, het onder meer gekla dat sy die k-woord gebruik om na hulle te verwys.

“Daar is ook klagtes van viktimisasie teen haar gelê. Die klagtes is Vrydag aanhangig gemaak en die departement het besluit om haar te skors hangende die uitkoms van ʼn dringende ondersoek oor die beweringe,” het Mabona gesê.

Mabona het gesê die hospitaal het ʼn ondersoekspan aangestel om die ondersoek te hanteer en die waarheid van die bewerings te toets.

Qedani Mahlangu, die Gautengse LUR van gesondheid, het die ondersoek bevestig en gesê geen vorm van rassisme sal in enige van die departement se fasiliteite geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
tamboti

Ja iemand kan onmiddelik op grond van rassisme geskors word, maar vir korrupsie of diefstal of vrek sleg werk, nee wat dan moet die gerugte eers in ‘n hof oorweeg word.

MM

Mense luister ook nie!!! In jou nkontrak is dit baie duidelik uit een gesit oor rassisme.

My opinie

Dit wil voorkom dat die woordjie “rassisme” te maklik gebruik word en dat ‘n spesifieke bevolkingsgroep voortdurend geteiken word as rassiste. Wanneer ander bevolkingsgroepe rassistiese uitlatings maak, dreigemente uiter en mense aanrand word dit geregverdig agv opstand teen die vroeë kolonisasie deur die “Wit Boere.” Geeneen van die huidige geslagte het deel aan wat in die verlede gebeur het nie. Die blaam vir die huidige ekonomiese toestand en gebrek aan dienste en fasiliteite kan slegs aan HUIDIGE die regering gegee word. ‘n Vooruitstrewende land met ‘n goeie infrastruktuur en gesonde ekonomie is 22 jaar gelede op ‘n silwer skinkbord aan… Lees meer »

m

Die matron is seker weer wit, die dat sy gejag word..

Irene

Wat is rassisme sekere mense kan dit gebruik en andere nie