Pta-meisie (17) glo by matriekafskeid verkrag

Argieffoto

ʼn 17-jarige meisie van Pretoria is glo onlangs tydens ʼn matriekafskeid by haar skool verkrag.

Dit het aan die lig gekom toe Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, te midde van die skandaal by AB Xuma Primary School in Soweto, Sondag met ouers en voogde by die skool vergader het. Altesaam 87 leerders by die laerskool is glo daar deur ʼn veiligheidsbeampte seksueel aangerand.

Lesufi het tydens die vergadering gesê die 17-jarige meisie van Mahube Valley Secondary School in Mamelodi-Oos is glo óók deur ʼn veiligheidswag tydens ʼn matriekafskeid verkrag.

Volgens Lesufi gaan die departement sy visie verbreed met die aanstelling van veiligheidswagte by skole.

“Ons stel tans nog vas of die veiligheidsbeampte wat glo die 17-jarige meisie verkrag het na die onlangse matriekafskeid genooi was en of hy daar werksaam was,” het Lesufi gesê.

Lesufi en afgevaardigdes gaan Maandag ʼn besoek by die skool aflê. Hy het gesê die departement en ʼn onafhanklike instansie ondersoek die voorval. Dit is nog nie duidelik of ʼn saak teen die vermeende verkragter aanhangig gemaak is en of die man al in hegtenis geneem is nie.

Intussen het Lesufi onvoorwaardelik om verskoning gevra aan die ouers en voogde van die slagoffers by die AB Xuma Primary School. Hy het gesê die departement sal al die nodige ondersteuning aan elke individuele kind en hul families verskaf, waar nodig. Die departement sal ook toestemming gee as ouers hul kinders na ander skole wil skuif.

Maroela Media het vroeër berig die departement het die skoolhoof en bestuurspan van AB Xuma Primary School in Soweto Donderdag met onmiddellike inwerkingtreding afgedank nadat ʼn ondersoek oor seksuele aanrandings vandeesweek van stapel gestuur is.

ʼn Veiligheidswag van die skool is Maandag in hegtenis geneem in verband met die seksuele oortredings. Daar is aanvanklik vermoed 54 kinders is aangerand, maar dit het intussen aan die lig gekom dat altesaam 87 kinders glo slagoffers was.

Die veiligheidswag het Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn en moet op 18 Oktober weer in die hof verskyn.

Lees die vorige berigte oor AB Xuma Primary School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JohnSamuel ·

Volgens die berig blyk dit my die “metgesel” was die eerste oortreder.

Sekuriteits wag die tweede oortreder.

honourable member ·

Duidelik is daar groot probleme by hierdie skole.

Landswyd ·

Verkragting is landswyd ‘n ernstige probleem maar wat het gebeur toe ‘n regter daaroor praat?

Johann ·

Skreiende sprekende siek skande as deel en gevolg van die ANC se beleid van anargie. Onbevoegde gewetenlose terroriste wat van voetsool tot regering eenvoudig als toesmeer wat uit die vrot seer van korrupsie sweer!!!! GEEN gewete.

Johanna Botha ·

Presies die regter se woorde kom net weer by my op en hier is net NOG n bewys hoe waar haar woorde was ! SA het 4 verkragtings elke min …besef ons die omvang van dit en hoe vrot ons samelewing eintlik is !

Ryan ·

Die regter het gese dit is n kultuur en sy moes bedank.Lyk my sy moes onnodig bedank.Die hoof van die laerskool het blykbaar gese volgens nuus op RSG dat die laerskool kinders aandadig was met die molesstasies.Nou hoe siek moet jy in jou kop wees om sulke twak te kan uiter.

Suzi ·

87 leerders deur een veiligheidswag…sjoe, hy was bedrywig…

ECT ·

Ek reken hulle moet ‘n sekere gedeelte van daardie ‘sekuriteitswag’ se anatomie stukkie-vir-stukkie (87 keer) afsny/afkap. Probleem sal permanent opgelos wees daarna, reken ek ……..

Patronage pattrone ·

Nee Lesufi, jou regering se eerste prioriteit vir selektering van veiligheidsmaatskappye is vriendskappe met ministers en zuma, beslis nie die integriteit en bekwaamheid van hulle personeel nie.

Wessie ·

Hoe is dit moontlik dat meer as 80 leerlinge deur EEN persoon gemolesteer kan word vóór dit aan die lig kom?
Ons het ‘n siek samelewing geword as ons nie eers ons kinders teen sulke dinge kan beskerm nie.

Manie ·

Wat my verstand te bowe gaan as dit waar is van die 87 meisies hoekom kom die meisies nie met die waarheid vorendag. As no 1 al gepraat het is al die ander gespaar van die duiwel se streke. Die feit dat die aangerandes nie die oortreders aan die kaak stel maak dat hulle duiwels werk onverpoos kan voorsit. Ek sou wou sien dat die slagoffers vorendag sal kom maar daar is iets wat maak dat hulle nie gou genoeg praat. Word hulle gedreig of wat is die probleem?

ECT ·

@Manie – wie sê dit was net meisies? Seuns word ook gemolesteer/verkrag/gesodomiseer (oe, ek hoop nie MM neem aanstoot met my direkte bewoording nie ……….).

Ek reken – as mens nou kyk wat by sommige skole in sommige gemeenskappe aangaan deesdae – is daar ‘n goeie kans dat van die leerders nie onwillig was nie. Maar dit is hartseer dat onskuldige kinders ook daarby ingesleep is en dat dit so ver gegaan het voordat dit aan die lig gekom het.

Niks wat die ‘agbare’ minister Lesufi sê kan daardie onskuldige kinders se onskuld en maagdelikheid terugbring nie. Dit is vir my amper so erg soos die Esidumeni-gevalle – hoe meer gekrap word, hoe meer wurms gaan uit dié kan kruip. En die ergste is dat dit gedoen is deur iemand wat die kinders moet beskerm.

Daardie “man” moet aan die gemeenskap oorhandig word vir regspleging. Ons regsstelsel is hopeloos te sag om genoegsaam teenoor hom op te tree!

Rupert Ashford ·

En dit is die flenter mense wat uiteindelik die “demokrasie” dryf en vir numbawan en kie in die kussings in stem. Tragies. Wonder wat se daai antie wat die regter gesink het oor dit want deur toe te smeer word jy ‘n “enabler”.

Jacques ·

Hoekom is die regering verbaas oor die gebeure ? Hlle deel dan kondome uit op skool vir KINDERS wat veronderstel om niks met skes of grootmens dinge te doen moet he nie .
Hulle blaas dan die vuur aan . Nou wat nou .?? As jy jou vinger in kers se vlam druk moet jy mos nie huil as jy brand nie .

andrea van vuren ·

Ek bevraagteken Lesufi se bekwaamheid. Kan iemand getuig dat hy al its positiefs in die onderwys uitgerig het? Hy is altyd mosterd na die maal met sy bloulig brigade. Nes die minister van polisie. Hopeloos!

Witbooi ·

Grusaam. Die samelewing verkrummel weens n gebrek aan waardes. Kyk hierna saammet die plaasmoorde, bendegeweld, korrupsie en bedrog onder die wat juis daarteen moet waak, dwelmhandel, en so meer, dan sien ons hoe die mat onder ons voete uitgesleep word weens onvermoë om te regeer en die bul by die horings te pak aan die een kant en ongebreidelde selfsug en die dien van eie belange aan die ander kant. Drastiese stappe wat die herinstelling van die doodstraf insluit sal nodig wees om die rigting waarin ons beweeg te verander.

Piet Pompies ·

Die hoë verkragting syfer onder sekere kultuur groepe bestaan al baie jare, dit word deesdae net meer aan die publiek openbaar. Klompie jare terug het ons vir 12 jaar beskerming gebied aan mense in hierdie woongebiede. Dit was skokkend om omtrent elke dag gedurende die uitvoering van ons pligte deur ‘n vrou genader te word vir hulp na ‘n verkragting, die persoon is gewoonlik aangerand en kleure geskeur. Weens die senstiwiteit van so ‘n aangeleentheid is ‘n staats ambulans geroep ter ondersteuning. Die verkragter was gewoonlik ‘n familie lid of ‘n bekende aan die persoon wat verkrag is.
Gee die swaarste straf vir ‘n verkragter..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.