Pta-meisie (6) geskiet terwyl sy slaap

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Sesjarige meisie van Pretoria is Dinsdagaand geskiet en gewond terwyl sy in haar ma se bed gelê en slaap het.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks middernag in Chuenestraat in Atteridgeville, in die weste van Pretoria, plaasgevind.

“Na wat verneem word, het ʼn vrou wat saam met haar dogter gelê en slaap het, ʼn harde slag op die dak gehoor. Die meisie het begin skreeu en die ma het besef sy is in die been getref,” het Moloto gesê.

Die meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die Atteridgeville-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MM ·

Kan ‘n kwaal koel wees wat hulle huis getref het. dit kan baie ver trek voor dit ‘n plek tref.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

MM jy bedoel seker dwaal koel jy moennie worry nie jy moet my spelling naweeke sien Maroela verwyder sommer dadelik my komentaar hulle dink ek vloek. Naweeke is al die onderwysers by die hius en dan het hulle nie werk nie dan tjek hulle spelling op Maroela se webwerf dis al wat hulle doen van die dwaal koel gepraat die ma en dogter het seker in a shak gebly

Johan 2 ·

Dankie bosvark dit ireteer my netso. Alewig n ou regstelingkie êrens. Mense kom asb oor julself en gaan lees n afrikaans boek, wat die nie is nie. Ek tik op n sleutelbord met knoppies so groot soos reiskorrels.

Em ·

Daar was jare terug ook so ñ geval. Dit was in die Randfontein area. Die meisie het ook geslaap. Ek dink sy was 9jaar oud. Maar ongelukkig is sy doodgeskiet. Dit was ñ persoon wat in die lug geskiet het om nuwejaar te vier. Tragies.

Dee ·

Soos jy sê Em, tragies wanneer sommige mense nie besef dat ‘n koeël wat na bo geskiet word weer grond toe kom.

Eliza-beth ·

Ek onthou ‘n geval – dink dit was ook weer Oujaarsaand lawwigheid wat ‘n kind in die bed so doodgeskiet is. Dit het almal verstom, want daar was nie ‘n inbraak nie NIKS en toe forensiese deskundiges die trajek bepaal het hul uitgevind een of ander dommie het sommer net ‘n skoot die lug in afgevuur en toe dit grond toe kom is dit deur daardie huis se dak en is die kind in die bed gedood. So mense, met die lawwighede van Oujaarsaand om die draai DINK voor julle doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.