Pta-meisie ontslaan ná maande in hospitaal

Divenette Streicher (Foto: Facebook)

Byna vier en ʼn half maande gelede is die 10-jarige Divenette Streicher van Pretoria op ʼn bed in ʼn hospitaal ingestoot waar sy om haar lewe geveg het. Vrydag, nadat sy byna 22 kg verloor het, kon sy op haar eie uitstap en uiteindelik huis toe gaan.

“Ons voel steeds ʼn bietjie oorweldig en het baie trane gestort, maar dit was trane van vreugde en dankbaarheid. Sy is so sterk, sy wou nie in ʼn rolstoel uitgestoot word nie. Sy wou al die pad kar toe loop,” het Divenette se ma, Minette Streicher, gesê.

Maroela Media het vroeër berig Divenette is in Februarie gediagnoseer met nierpypontsteking en blaasinfeksie. Daar is vir haar antibiotika voorgeskryf, maar haar toestand het daagliks versleg en sy is uiteindelik in die Steve Biko-hospitaal opgeneem omdat die gesin nie ʼn mediese fonds het nie.

Divenette se blindederm is verwyder, maar dokters het vasgestel dat ʼn bakterie in haar ingewande ook begin het om haar dik- en dunderm aan te tas. ʼn Gedeelte van haar dikderm is verwyder, maar Divenette het al meer pyn ervaar en haar toestand het nie verbeter nie.

Volgens Minette kon die dokters by Steve Biko-hospitaal nie bepaal wat met Divenette skort nie en is daar inderhaas geld ingesamel om haar na die Mediclinic Kloof in die ooste van die Pretoria oor te plaas, waar sy sedert 30 Maart behandeling ontvang het.

“Ons dank die Here dat Hy ons dogter terug huis toe gestuur het. Ons bid dat Hy haar beskerm en vinnig laat herstel – nie vir ons nie, maar vir ʼn kind wat weer wil speel en haar ou self kan wees.”

Minette het al die personeel, dokters en spesialiste by die Kloof Mediclinic bedank wat vir Divenette op hul hande gedra het.

Intussen duur verskeie geldinsamelingspogings voort om die gesin te help om Divenette se mediese onkoste te betaal.

Die sanger Jo Black tree Woensdag om 19:00 by Lewende Woord Pretoria-Oos in Clifflaan in Pretoriuspark op. Die toegangsgeld sal aan Divenette se fonds geskenk word. Bel Cherize by 084 450 7933 of klik hier vir meer inligting.

Divenette Streicher loop by die hospitaal uit. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

jaco ·

Driekwart van dié kind se siekte, pyn en lyding is bloot weens swak behandeling omdat hospitaalpersoneel haar afskeep NET omdat sy wit is. Regstellende aksie speel ook ‘n rol. Meeste van hulle weet nie wat verpleging ens behels nie. En as hulle dink hulle word net R10 per maand te min betaal, staak hulle, breek die hospitaal af en rand pasiënte aan.

Behandeling ·

Divenette het die afgelope drie maande uitstekende behandeling in ‘n privaat kliniek ontvang. Volgens die artikel, het die personeel, dokters en spesialiste by die Kloof Mediclinic in Pretoria, “vir Divenette op hul hande gedra”, waarvoor haar ma hul bedank het.

Johanna Botha ·

O vader die staatshospitale is SO USELESSSS ! ! En nou word almal daaraan bloodgesstel met die nuwe plan …..NIKS WERK WAARAAN DIE STAAT VAT NIE ! !

Nettie ·

@Behandeling – ja Divenette was die laaste paar weke wel in ‘n privaathospitaal, MAAR VOOR DIT was sy by Steve Biko Akademiese Hospitaal waar sy ‘n sekondêre infeksie opgedoen het in haar dun- en dikderm (laat dit jou wonder, met higiëniese standaarde in sekere staatshospitale, wat feitlik nie-bestaande is).

In 2016 is my broerskind in Tygerberg Hospitaal opgeneem na ‘n motorfietsongeluk – in sogenaamde “ICU”. Dit was die vieslikste, vuilste saal wat ek in my dag-des-lewens gesien het!!! Die skoonmaker loop met ‘n slopemmer vol koue “seep” water en ‘sluice’ die vloere af; gebreekte masjinerie staan die gange vol, die ‘verpleegsters’ werk aan pasiënte sonder handskoene nadat hulle sopas ‘n koppie tee en toebroodjie gehad het – sommer so in die saal.

Ek het sommer gesê dit IS ‘n ICU – I SEE U dead-saal. Want g’n mens wat kritiek beseer is, kan daar gesond uit kom nie.

Linda van Mosselbaai ·

Ons is baie gelukkig met ons staatshospitaal hier op Mosselbaai en in George! Die kliniek personeel is uitstekend – ons wil baie dankie se vir almal – van die veligheids wagte by die deur, die skoonmakers , verpleegpersoneel en die dokters

D V ·

Bankie Hemelse Vader dat Divenette so herstel het dat sy huistoe kan gaan. Ons en haar ouer U loof en dank daar voor.

Langtoon ·

Baie, baie dankbaar dat sy soveel beter is!
Vir gebede, dokters, verpleegsters en almal wat aan die dogtertjie help dra het!
Mag sy 100% herstel!
Vir haar ouers wat deur n baie moeilike tyd is, ons juig almal saam met jule!!
??

Wilma ·

Dank Vader Vir U Genade. Te veel werknemers vandag.is net daar vi di salaris. Gee ni n duit om vir hul medemens. Amper vergeet ek. Hierdie is mos Afrika

Mrs H ·

Ag kan Mediclinic nie ook maar net nou en dan n “samaritaan” saak of twee per jaar stig nie?!
So baie bly sy is beter…. Geniet die huis en lewe daar buite lieffie kind!

Marinda ·

So bly vir julle. Dankie Vader vir u genade vir die gesin.

My man was ook baie lank siek en wou ook nie in ñ rolstoel uit die hospitaal gestoot word toe hy uit eindelik kan n huistoe gaan nie.

JAN ·

Ons in Noordkaap kan getuig van uitstekende diens in Kimberley Hopitaal.
As dit oor al so goed gegaan sou dit ideaal wees.
Dis regtig verbasend hoe goed dit hier gaan ten spyte van oorlading.
Van my ou AWB vriende het dik vrinne geword met hul Kubaanse Dokter wat sy liesbreuk herstel het. !!! Vreugde!
Maar appendesitis is absoluut dodelik selfs vandag as dit nie dadelik verwyder word nie.

JAN ·

Ons in Noordkaap kan getuig van uitstekende diens in Kimberley Hopitaal.
As dit oor al so goed gegaan sou dit ideaal wees.
Dis regtig verbasend hoe goed dit hier gaan ten spyte van oorlading.
Van my ou AWB vriende het dik vrinne geword met hul Kubaanse Dokter wat sy liesbreuk herstel het. !!! Vreugde!

Maar appendesitis is absoluut dodelik selfs vandag as dit nie dadelik verwyder word nie.

Tersia ·

Dit was nie die staatshospitaal wat haar verkeerd gediagnoseer het nie, dit was glo ‘n huisdokter. As dit nie was vir die staatshospitaal wat uitgevind het haar blindederm het gebars nie, en n nood operasie gedoen het nie, was sy dood.

Delia ·

Dankie Tersia, vir hierdie regstelling! Daar is darem nog toegwyde personeel oor by Staat Hospitale.

Lana ·

Dankie, Vader, dat Divenette so genees het!!
Sterkte vir die pad vorentoe.

Elvira ·

Prys die Here. Alle eer aan die dokters en personeel van Kloof Hospitaal.

Sharon ·

Ag dis sulke goeie nuus. My hart is nou so bly. Ek hoop dat sy volkome sal herstel.
Jo Black – dankie vir wat jy doen.
Divinette, geniet dit by die huis liefie kind en alle sterkte vir jou.

Driekie ·

Baie dankbaar sy het herstel. Prys die Here. Een ding van staatshospitale wat soos n paal bo water staan ek het nog elke keer ervaar dat die ‘persoon’ wat die naalde vir aarvoeding moet insteek nie weet wat hulle doen nie.. Hulle kom voor as hulpwerkers en nie opgeleide verpleegsters nie. Die naald word meer as eenmaal (probeer) insteek….. En dit veroorsaak septisemia en onnodige pyn en lyding .. Daar is niemand wat toesig hou nie… Hulle doen wat hulle wil met pasiente….. As jy of jou familie kla is julle ‘moeilike’ mense en word die pasient ge’brandmerk.’

Sarel Strydom ·

Sterkte Meissie ons wens jou volkome herstel toe en dra jou op aan Ons Vader.

Vicky Alberts ·

Ek was n week in Steve Biko na my medies geweier het om vir my toetse en operasie te betaal! Hulle was wonderlik! HULLE het opgetel dat ek n bloedklont so groot soos my bo arm in my bo arm het,dis waarom my hele arm en hand besig was om dood te gaan. en natuurlik een op my hart valve. Ek was vir alles getoets,van my hart tot n MRI scan en Lupus. Dis te danke aan Steve Biko dat ek in tyd geopereer was. En die personeel was regtig gaaf en het hulle goed gekwyt van hulle taak. Ons almal het seker ons eie opinies,maar ek is dan een van min wat regtig goeie krediet kan gee waar dit toe kom. Ek is baie bly en dankbaar die dogter is beter. GOD IS GROOT!

kas ·

Ag ou Tersiatjie,hoekom kon hulle dan nie bepaal wat skort met haar nie en waar hety sy die bakteriee opgedoen.Hoekom het sy dan die regte behandeling in die Kloof hospitaal ontvang.Die geheim profesionele toegewyde personeel wat nie in staatshospitale voorkom nie.

c ·

Die mense wat hier kommentaar lewer oor Steve Biko hospitaal het seker genoeg geld om ‘n mediese fonds te kan bekostig. My ma was gediagnoseer met maagkanker, haar Steve biko toe gevat en hulle was baie goed vir haar gewees sy is weer haar ou self en die kanker is amper heeltemal weg, so ek dink sommige staatshospitale en personeel wil nog hulle werk doen waarvoor hulle ‘n passie het. Ek is baie bly die meisiekind is beter en dat haar ouers haar by die huis kan hê

Magdalena ·

Alle eer aan God ???
Baie DANKIE aan elke sameritaan wat bydraes gemaak het en aan dié wat steeds doen.
Mag GOD se goedheid en guns met julle wees

Mollie ·

Die “dokters” het seker net ‘n 30% slaag syfer behaal. Dit is absoluut skokkend dat dokters met vandag se tegnologie nie kon vasstel wat fout is met die kind nie….

VERSTAAN ·

Verstaan so goed hoe daai ouers en kind voel.
My dogter is deur dieselfede en in n privaat hospital waar die Dr aangevang het. dankbaar sy leef nog. week gelde haar vierde operasie gehad

BUBBLES ·

ek wil net se ek het so drie jaar gelede ‘n massiewe hartaanval gehad en omdat ek ook nie medies gehad het nie het my kinders my STeve Biko toe gevat
ek het net die beste behandeling daar gekry en ek kon ni vir ‘n beter dr gevra het nie
die kos was aaklig maar ek kan beslis nie kla nie en dit het nie baie goed met my gegaan nie
was twee weke in die ICU en ‘n maand in totaal daar –

Nettie ·

Nou ja …. dit wil my voorkom asof Steve Biko Akademiese Hospitaal soos ons streekshospitaal hier in Worcester is. Daar sal altyd klagtes wees (net verlede week weer in ons plaaslike koerantjie moes ons lees dat ‘n pasiënt 9 dae moes wag vir ‘n bed vir ‘n nie-nood geval, nie-inagnemende dat Worcester Hospitaal ‘n STREEKSHOSPITAAL is met ‘n hengse bedieningsgebied), maar oor die algemeen hoor mens net lof van dié hospitaal. En ek kan getuig hiervan: hulle diens, kos, vriendelikheid, behulpsaamheid, netheid, professionaliteit is by VERRE beter as die Medi-Clinic Worcester.

Andre ·

Blaasinfeksie en nierpypontsteking is veroorsaak deur vuil hospitaal en verpleeg personeel met vuil hande! Julle moet ‘n goeie mediese nalatigheid prokureur gaan sien!!!!

ANONIEM ·

@NETTIE; Ek kan nie saam jou stem nie, my blindederm het in 2009 gebars terwyl ek in ongevalle was by steve biko,en n stuk van my dikderm en maag is weggesny ek was 6 maande in hospitaal MAAR STEVE BIKO HET VAN DIE HEEL BESTE DOKTERS, nasorg ja nie so goed maar daardie dokters het in en uit icu en hoësorg om gesien en alles gedoen om MY LEWE TE RED WAAR DAAR NIE HOOP WAS NIE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.