Pta-meisie se noodroep lei tot skietgeveg, twee boewe vas

'n Vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

‘n Vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Twee verdagtes is in ʼn japtrap in hegtenis geneem nadat hulle toegeslaan het op ʼn woning in die ooste van Pretoria waar ʼn tienermeisie in daardie stadium alleen by die huis was.

Volgens kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, word die sukses van die spoedige inhegtenisnemings toegeskryf aan die goeie samewerking tussen die Brooklyn-polisiestasie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en veiligheidsforum.

Weilbach het Sondag aan Maroela Media gesê die voorsitter van die Brooklyn-GPF, Paul Fouchee, het Saterdag omstreeks 14:00 ʼn oproep van ʼn angsbevange inwoner van Menlopark ontvang.

“Die inwoner het hulp benodig nadat sy ʼn noodoproep van haar tienerdogter, wat toe alleen by die huis was, ontvang het. Haar dogter het haar meegedeel dat daar indringers in hul erf is,” het Weilbach gesê.

Fouchee het dadelik die veiligheidsforum gebel wat uit verskeie plaaslike veiligheidsmaatskappye bestaan.

“ʼn Reaksiebeampte van CSI, Nico Mans (39), was eerste op die toneel en het op die verdagtes afgekom terwyl hulle die huis met ʼn televisiestel wou verlaat het. Een van die verdagtes het hom gesien en op hom begin skiet. Hy het teruggeskiet en die verdagte in die bobeen gewond.”

Albei verdagtes het op vlug geslaan. Die gewonde verdagte is terug in die huis en die ander een het oor ʼn grensmuur gespring.

Beamptes van die polisie se ander veiligheidsmaatskappye het intussen ook by die huis opgedaag en die verdagte wat in die bure se erf geskuil het, aangekeer. Die gewonde verdagte is binne die huis gevind waar hy in ʼn badkamer probeer wegkruip het.

Volgens Weilbach is Mans en die tienermeisie ongedeerd.

Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen, gereedskap om by huise in te breek, gesteelde eiendom en die voertuig wat die verdagtes gebruik het.

Huisinbraaktoerusting wat gevind is. Foto: Verskaf

Huisinbraaktoerusting wat gevind is. Foto: Verskaf

“Die buurman het Sondag ʼn tweede vuurwapen op sy huis se dak gekry. Die verdagte wat in sy erf was, het dit saam met handskoene op die dak gegooi toe hy probeer vlug het,” het Weilbach bygevoeg.

Daar is reeds vasgestel dat die voertuig wat die verdagte gebruik het ʼn paar maande gelede in Brooklyn as gesteel aangemeld is. Een van die verdagtes is ook gesoek in verband met ʼn moordsaak in Mamelodi.

Albei verdagtes is in hul 30’s en van Mamelodi. Hulle moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, huisbraak, die besit van ʼn gesteelde voertuig en eiendom, asook besit van huisbraaktoerusting en ongelisensieerde vuurwapens.

Brig. Kushie Nair, die Brooklyn-polisiestasie se bevelvoerder, het al die rolspelers geloof wat saamgewerk het om die verdagtes aan te keer. Sy het veral vir Mans vir sy braafheid uitgesonder. Sy is trots op die samewerking tussen die veiligheidsforum, GPF en polisie en het alle inwoners aangeraai om by die GPF betrokke te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

PMB ·

Dankie tog die boewe is gevang en die kind is ok. Hoop die boewe kry die volle mag van die wet.

JC ·

Awesome!!Dankie julle almal, en veral die Brooklyn SAPD, julle is bevonk!!

wilma ·

Dank God die tiener is ongedeerd. Thumbs up vi almal betrokke met inhegtenisneming van di vuilgoed

AL ·

Dankie Vader dat sy gespaar is. Baie dankie vir jul vinnige optrede deur nog skuim weg te bere.

Reg ·

Trots op daardie manne.!!!!!!!
Baie bly die tiener is ongedeerd!!!

Justin ·

Dai klomp bedrading wat met die blou insolation tape toegedraai is, is toerusting wat gebruik word om motors te steel, het dieselfde gebruik om my VW laesjaar in Hatfield te probeer steel. Elke hond kry sy dag, dankbaar vir die wat hul gevang het.

Elize ·

Wel gedaan manne. Dankbaar dat die meisie ongedeerd is. Trots op jou dat jy kalm gebly het. Hoop die skurke word ver weggebere

Johan ·

Hier is weereens bewys hoe belangrik dit is om aan n veiligheidsforum te behoort- glo my dit werk.

Ek is tans op die bestuur van n Buurtwag op n pattelandse dorp en ook n medestigter van n whatsapp groep in ons woonbuurt. Die plaaslike polisie is ook deel van ons whatsapp groep en hulle reageer baie vinnig as daar misdaad aktiwiteite op die whatsapp groep geplaas word. As gevolg van ons Buurtwag en die whatsapp groep het misdaad aktiwiteite in ons woonbuurt ook drasties gedaal. Ons whatsapp groep word net aangewend vir misdaadverwante aangeleenthede en dringende noodgevalle en dis geen kletsprogram nie- daarvoor het ons n whatsapp beleidsdokument opgestel.

Vir inwoners se veiligheid is n Buurtwag groep en veral n whatsapp groep onontbeerlik- die bietjie ekstra moeite om aan so n Buurtwag of whatsapp groep te behoort, kan moontlik verlies van menselewens voorkom. Oorweeg dit asseblief.

FM ·

Dis hoe dit gedoen moet word.Wys jou net wat samewerking doen. Ons sal maar net ons paraatheid moet opskerp, soos wat hier vir ons gewys is. Bly die tiener is ongedeerd. Bravo vir Mans se dapperheid. Eendrag maak mag. Sluit asb aan by buurtwagte!! Dis die moeite werd

Rina ·

R500 borg en hulle stap weer uit. Net soos verkragters en ander skurke. Nuwe SA

Pieta ·

Asb Rina, jou negatiewe veralgemening is totaal misplaas. Statistiek weerpreek jou aannames. Kry asb eers jou FEITE reg…

Hilda ·

Pieta ek dink hier is n paar van ons wat saam Rina gaan stem. En ek praat uit ondervinding. Breek in, steel, rand jou aan en dan kry hulle borg. En weet jy wat gebeur Pieta? Hulle daag net nie weer in die hof op nie. En n paar maande tot 3 jaar word hulle weer gevang en kyk nou hierdie einste skelm gemors het reeds n saak teen hom. Want hul dink hul kom weg en doen presies weer dieselfde dinge.

Cherokee ·

Tienermeisie, tienermeisie se ma. Nico Mans en ander helpers betrokke, julle is (hoe sê mens ‘great’ in Afrikaans?)… ag julle weet wat ek bedoel. Julle is yslik! Julle het dinge reg gedoen. GREAT!

Albert van Niekerk ·

Welgedaan aan al die betrokkenes! Dank die Here dat die tiener nie seergekry het nie.

RK ·

Mense, bewapen julself en leer jul kinders hoe om daai wapens veilig te hanteer indien nodig. Beter om in die hof te moet staan en verduidelik as wat jou mense om jou graf staan en ween.

Sputnik ·

Welgedaan! ‘n Soortgelyke voorval, waar die polisie en vermoedelik dieselfde forums baie vinnig gereageer het, het Vrydagmiddag ook in Menlopark afgspeel. Dié keer was dit egter ‘n misverstand en was die “betreder” slegs die tuinman wat op die stoep in die effense reën wou skuil. Hy is toe vir ‘n betreder aangesien en alarm is gemaak. Dus, ‘n goeie einde.

Theresa B ·

Hierdie Mamelodi bestaan net uit inbrekers en moordenaars. Dis ‘n hoël van slegte bedrywighede.

John ·

Wel gedaan ja , maar nou moet tiener meisie hulle eers uitken , dan hof toe , saak uitgestel , weer hof toe , op borg uit , ens .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.