PTA-meisie tydens bure se rusie doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige meisie is Donderdagoggend in Mamelodi, Pretoria, doodgeskiet toe ʼn buurman glo probeer het om sy vrou te vermoor.

Kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie het in haar kamer geslaap toe die egpaar in ʼn naburige plakkershuis baklei het. “Die vrou het na haar bure se plakkershuis gehardloop, en haar man het haar gevolg,” het Maheso gesê. “In die bure se huis het die man op sy vrou geskiet. Die koeël het haar gemis, deur ʼn muur gegaan en die meisie in die kamer langsaan getref terwyl sy geslaap het.”

Sy is op die toneel dood.

Die 50-jarige man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Mamelodi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nicolette ·

Absoluut tragies dat nog n onskuldige kind moes sterf deur n barbaar wat geen gevoel vir sy vrou gehad het nie.Hy moet sommer lewenslank tronk toe gaan, hy verdien nie vryheid nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.