PTA-metropolisiebeampte dreig glo om kind te skiet

Leroy en Magda Robberste, saam met hul dogter, Veronique (3). Foto: Facebook

Leroy en Magda Robberste, saam met hul dogter, Veronique (3). Foto: Facebook

ʼn Driejarige kleuter van Pretoria moet berading ontvang nadat ʼn beampte van die Tshwane-metropolisie glo Maandagmiddag gedreig het om haar te skiet. Alles het begin skeefloop toe die kind se ma, Magda Robbertse, na bewering geweier het om omkoopgeld aan die beampte te gee.

Magda is Maandag omstreeks 18:00 in haar motor op pad huis toe nadat sy haar twee kinders, Veronique (3) en Ricardo (1), by die skool gaan oplaai het. Veronique het aan die passasierskant gesit, en Ricardo was op die agtersitplek in ʼn babastoeltjie vasgegespe.

Die beampte het haar motor naby die Zandfontein-begraafplaas in die weste van Pretoria van die pad af getrek en versoek om haar rybewys te sien. “Sy kon dit nie aan hom wys nie en was eerlik met hom  daaroor,” het Magda se man, Leroy, Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Die beampte het daarna vir haar gevra, ‘what are we going to do about it?’ en het geskimp dat hy ‘koeldrankgeld’ sal aanvaar. My vrou het vir hom gesê sy het nie kontant by haar nie, en dat ek al die kontant hanteer.”

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Die beampte het hierna glo Magda se handsak gegryp wat by haar voete gelê het om vermoedelik te kyk of daar geld in is. “Sy het geweier dat hy haar handsak vat en geweier om enige geld aan hom te gee,” het Leroy verduidelik.

Die beampte het daarna glo ook die asbakkie van die voertuig hardhandig uitgeruk, en na bewering die nagenoeg R80 kontant wat daarin was, gegryp.

“Veronique het geskrik en begin huil, waarna die beampte sy hand op sy vuurwapen aan sy heup gesit het, en in Afrikaans gesê het ‘bly stil of ek skiet jou’.”

Magda het weggetrek en hulp gaan ontbied by haar skoonouers, wat daar naby bly. Haar skoonouers het na die beampte gery om duidelikheid te kry oor die voorval en die geld terug te eis.

“Hy het vir hulle gesê hulle het geen bewyse dat hy die geld het nie. Sy kollega het die bohaai aanskou en hy het by die gesprek aangesluit om hulle te intimideer,” het Leroy bygevoeg. “Die twee was vreeslik arrogant en het my ouers ook gedreig deur te sê hulle weet waar hulle bly.”

Die beamptes is na ʼn woordewisseling daar weg, maar ʼn omstander het foto’s van hulle en hul voertuig geneem en aan die Robbertse verskaf. Die gesin is met die bewyse na die Hercules-polisiestasie waar hulle ʼn saak aanhangig gemaak het.

Ondersoekbeamptes van die metropolisie was kort daarna by die stasie en het verklarings van die gesin geneem vir verdere ondersoek.

“Wat vir my die ergste is, is dat my dogtertjie nou bang is vir die polisie. Sy het gisteraand in die bed gelê en huil het en gesê ‘pappa, pappa die polisieman moet my nie skiet nie’. Ek probeer my kinders leer dat die polisie daar is om hulle op te pas, en nou gebeur so iets,” het Leroy bygevoeg.

Hy het gesê Veronique ontvang nou beranding om die trauma te verwerk en om weer haar vertoue in die polisie op te bou.

Supt. Kuki Tshabalala, ʼn woordvoerder van die metropolisie, het by navraag aan Maroela Media gesê die voorval word ondersoek en dat geen verdere kommentaar in die stadium gemaak kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

ladybug ·

Gemors! Maar ja, wat gaan daarvan kom? Niks en hulle gaan voort om verder met hul intimidasie voort te gaan en mense te dreig met hul lewens.

pop ·

Ek is n grootmens en ek is ook bang vir die polisie. Hulle is nog erger as die uitvaagsels wie hulle veronderstel is om te vang, want hulle is kamkastig daar om ons te beskerm. Gebruik hulle uniform vir hulle kriminele dade

Willie ·

Die polisie en metropolisie is so seker die vyand nommer een van ons, die wetgehoorsame burgers.

Moedeloos ·

Dit is skrikwekkend. Waar is ons ou polisie en metro polisie van jare gelede. Jare gelede het die publiek na hulle opgesien, maar vandag is jy skaam om die naam polisie te noem. Ons kinders kan nie meer leer van as jy in die moeilikheid is, bel 911 nie. Daar is nie meer polisie wat ons beskerm nie. Dit is absoluut pateties dat ons kinders so moet groot word. Vandag as jy polisie of metro polisie sien, moet jy eerder maak dat jy wegkom. Hoekom al die moored??? Die skelms weet daar is nie meer iemand wat hulle kan vang nie. Is dit nie dalk hoekom dit so gaan nie.

Anoniem ·

Dank die Vader sulke dinge gebeur nog nie in die Kaap nie

Joey Combrinck ·

LW – dit was Metro polisielede en NIE SAPS lede. Daar is ‘n verskil. Ek noem dit maar net aangesien daar verwys word na die polisie in ‘n geheel . Die hele insident is skrikwekkend en my hart gaan uit na die mamma en dogtertjie. Ek hoop die pa gaan ‘n siviele eis insit teen die lede en metro polisie.

Kellies ·

Joey, jy hoef nie n skeiding tussen Metro polisie en SAPS te probeer maak nie. Wanneer dit by misdaad en omkoop en afdreig ens. kom dan is hulle almal dieselfde. Dit is dan in die nuus bekend dat oor die algemeen vrees die publiek die Polisie. En dit is ook net vandat die ANC aan bewind is.

tjaart ·

@Kellies , dis mense soos jy wat Haat teen oor ALLE Polisie en Metropolisie aanghits.
Hou op om te veralgemeen!!!!!

Knersus ·

Kellies, jy het dit reg. Beide het al bewys dat daar vrot appels tussen hulle is. En ons hits nie haat aan nie, maar waarsku vriendelik dat nie een van die twee groepe vertrou moet word nie.

Eugene ·

Ek stem saam met Joey. Ek het so paar jaar terug in Pta gery. ‘n Wit metro polisie persoon jaag verby my in Voortrekker weg. Ek stop en vra hom waste voorbeeld is dit. Toe is hy vinnig op sy perdjie en soek n rede om my toe te sluit. Die polisie in die anderkant, elke keer wat ek hulp nodig gehad het, wit of swart, het hul aangekom en gehelp. Daar is meer vrot appels in die metro polisie as in die polisie, % gewys, dink ek.

Theresa ·

Gemors. Hulle het geen respek vir hulself nie, hoekom sal hulle vir ander respek hê. Dit wys jou hoe laag sal hulle daal. Siestog, hy sal ook seker oor die vingers getik word. Hy moet onbevoeg verklaar word om ‘n vuurwapen te hanteer en heeltemal afgedank word SONDER om ooit weer heraangestel te word. Uitvaagsel !!!

Helizna ·

Die copper trek die 2 latte af, en toe die 1ste lat met hom teëpraat, gee die copper hom ‘n taai klap. Toe loop die copper om die kar, en gee die ander lat ook ‘n taai klap. Toe die 2de lat wil weet hoekom die copper hom geklap het, as hy nie teëgepraat het nie, sê die copper, as julle hier weggery het, sou jy vir jou maatjie gesê het, daai copper moes my darem so geklap het…

Marietjie ·

Helizna – eerstens is ek nie ‘n lat nie en laat nie aan my klap deur ‘n man nie en tweedens laat ek nie my kind dreig nie. Dink jy ek ry ongewapen rond? Hy dreig en ek verdedig. Ek is vrou alleen met my kinders. Maak self die sommetjie van selfverdediging. Hy is nie die enigste een wat dreigemente kan rondslinger nie en net om dubbel seker te maak dat hy nie sy storie verdraai nie is daar ‘n “dashcam” om die hele onsmaaklike voorval op te neem.

Knersus ·

Helizna – dit was die eerste waaraan ek gedink het! Baie skerp!! LOL

stephanie ·

dashcam, kos n paar rand maar tenminste het jy dan bewyse van wat die wetters aanvang. handig ook vir ongelukke ens.

Moedeloos ·

Hi Eugene. Ek is bly dat die SAPS vir jou altyd help wanneer jy hulle nodig het. Miskien of gelukkig vir jou was hulle dalk op die toneel waar jy was. Dit is hoekom jy dalk gehelp geword het. Moet hulle net nie probeer bel nie.

mandie ·

Ek kani glo n mens kan so n pateet wees ni. Ek skaam my mors dood om hulle metro te noem. Dis hulle skuld dat di mense maak soos hulle wil want hulle is grooter skelems as die mense wat dit doen vir n lewe. Wens die ou speedcops se reels en regilasies kan terug keer, daai tyd was daar nie sulke gevalle nie…..

Tiny du Preez ·

Die Metro Polisie (Nie almal nie natuurlik), maak net soos hulle smaak. Ek is in 2010 toegesluit vir bestuur onder die invloed nadat ek nie omkoop geld wou betaal nie. Die verkeersman het ‘n halfuur met my in my eie kar rondgery en my daarna gearresteer. Die saak is die volgende dag uit die hof gegooi…. Ek stop geensins vir hulle tensy dit nie in ‘n blokkade is nie.

Johannes blom ·

Dankie dat julle die “guts” gehad het om n saak te maak. Ek salueer julle. Ons is negatief en wantrouerig teenoor die howe, maar daar is suksesvolle vervolgings en stuur dit wel n boodskap uit dat die soort gedrag nie gelate aanvaar gaan word nie. Mooi man!

Bernadine ·

Moenie worry nie…hulle sal beloon word met n bevordering na minister

Bernadine ·

Moenie worry nie…hulle sal beloon word met n bevordering na Minister
SIEK!!!!!!!!!

Tiaan ·

Mevrou, die eerste ding wat ons kinders nou moet leer is dat die SAPD die gevaarlikste misdadigers is die land is op die oomblik, maar dat daar ook baie ander misdadigers is, is verseker. Ons leef nie meer in Suid Afrika nie mense, hierdie is KOMMUNISTIESE AZANIA en as julle DIT nie verstaan nie, gaan julle nie HIER oorleef nie!!!

Pop ·

Ek is getroud met ‘n SAPD speurder, en daarom weet my kinders darem dat daar ook goeie polisie is. Die veralgemening knou ons ouer garde polisiemanne se selfbeeld, en maak hulle ook maar negatief, want hulle weet wat die publiek van ALMAL dink. Dit is nie ALMAL wat korrup is nie!! Ook is daar ‘n baie groot verskil tussen Metro Polisie en SAPD.

Neptunus ·

Die Wilde Weste. Met sulke beamptes behoort mens juis nie met ‘n 3-jarige op die voorsitplek rond te ry nie.

Griet ·

Mens behoort onder GEEN omstandighede met ‘n 3-jarige op ‘n voorste sitplek rond te ry nie!!! ‘n Driejarige behoort nog in ‘n motorstoeltjie op die agterste sitplek van ‘n motor te ry.

Regtig!!! ·

Regtig Griet!!!

Dit gaan hier oor die Metro Polisie wat ‘n vrou se kind gedreig het en haar geld uit die kar uit gesteel het en jy wil kom tegnies raak oor ‘n flippen kar stoeltjie. Dalk het hulle net een en nie geld om ‘n ander een te koop nie, sies vir jou om dit te sê. Hoop eendag as jy nie iets belangriks kan bekostig nie gaan mense ook so lelik wees met jou. Tenminste het sy nie haar 1 jarige seuntjie op die voorste sitplek gehad nie, en net daar is jou antwoord hoekom sy voor moes sit, sodat haar boetie in die kar stoeltjie kan sit. Nee hemel mense kan darm maar vinnig oordeel. Sies vir jou man!!!!!!!!

En wat die berig aan betref. Ek is baie bly dat daar iemand was wat ‘n foto kon neem om aan die polisie te verskaf sodat die twee in hegtenis geneem kon word. Wys jou wat bereik kan word as ons saam staan.

MAGDA ·

Griet wat het dit nou met dieonsmaaklikhede te doen sy is nie daaroor afgetrek nie al het die kind in n stoeltjie gesit sou dieselfde gewees het . LOL

Griet ·

@Regtig!! Ek verstaan waaroor dit gaan. Niks kan die optrede van hierdie sogenaamde “Polisie beampte” verskoon nie. Ek volstaan by wat ek geê het: “Mens behoort onder GEEN omstandighede met ‘n 3-jarige op ‘n voorste sitplek rond te ry nie”. As jy nie geld het vir ‘n tweede motorstoeltjie nie, sit jou kind agter tot hy/sy ten minste veilig in ‘n sitplekgordel kan pas. Ek veroordeel nie hierdie ma nie soos jy beweer nie. Ek hoop dat sy in retro-spek sal besef hoeveel dinge sy beter kongedoen het in hierdie situasie. Ek besef baie ouers doen die beste wat hulle kan – my twee is 18 maande uitmekaar gebore, daar was ook nie geld vir alles wat nodig was soos ‘n tweede motor stoeltjie nie. My seuntjie (die oudste) het op die agterste sitplek gery, in ‘n sitplekgordel want dit is veiliger as voor in die motor. Ek herhaal weer: niks, niks, NIKS kan die optrede van hierdie Polisie beampte regverdig nie, maar daar is ‘n paar goed wat hierdie mamma beter kan doen vir die veiligheid van haar kinders.

Griet ·

@ Magda Ek weet regtig nie wat het dit daarmee te doen nie, vra Neptunis wat die verband gesien het tussen die tipe van Metro polisie beamptes waarmee ons deesdae ogeskeep sit en die kind voor in die motor…. LOL!!

Marietjie ·

Wel in alle eerlikheid is ek doodbang vir die polisie / metro. Ek sal hulle nie nader vir enige iets nie. Ek bel eerder ADT. Die meerderheid van ons hedendaagse polisie / metro is doodeenvoudig kriminele en moordenaars wat wettig met `n vuurwapen loop, jou kan traumatiseer of self vermoor en die nodige getuienis en omstandighede skep om jou na die skuldige te laat lyk. My kinders weet ook as daar enige probleem is wanneer hulle van die skool af kom radio die Sektor Polisie en ADT. Maar NOOIT OOIT die polisie nie. Dit is tragies hoe verandering plaasgvind het van ons fikse, flukse, vriendelike, professionele, baie behulpsame polisiemag van jare gelede wat vertroue ingeboesem het, selfrespek gehad het en trots was om in die mag te wees teen vandag se meerderheid oorgewig, lui, onbehulsame, manipulerende, skelm, korrupte en wrede polisie wat lisensie en groenlig het om te doen wat hulle ook al wil!!!

Ilke Nortje ·

Jammer vir my kru taal maar dit is VOKEN belaglik…….ek stop nie as hulle my aftrek nie ek ry na die naaste polisiestasie……..as gevolg van hierdie tipe dinge….my kinders se lewe is vir my meer werd as ‘n arristasie van dwarsboming van die gereg……………..dis maar net my opinie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Griet ·

Daar is BESLIS ‘n verskil tussen die Polisie (Suid Afrikaanse Polisie Diens/SAPD) en die Metro Polisie (Metro Polisie Diens/MPD). Maar elkeen van hierdie organisasies het hulle goeie lede en dan is daar die vrot appels. Dit lyk net asof die meeste vrot appels wel by die MPD (die ou “spietkops”) voorkom. My ervaring van die SAPD was tot dusver nog net positief, kan ongelukkig nie dieselfde van die MPD sê nie…..

Moedeloos ·

Well done Marietjie. Jy kon nie ‘n beter beskrywing gegee het nie. Dit is so jammer dat ons SAPD EN MPD so agteruit gaan. Daar is geen verskil tussen die twee.

Die Toekoms ·

As dit nou al so by die guns begin gaan ons seker ons eie ” WILDE WESTE” geskiedenis begin maak , In die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.