Pta-motorfietsryer kritiek ná ongeluk

Die wrak van die motorfiets op die toneel in Bokmakieriestraat, Dorandia in Pretoria (18 April 2015) Foto: Netcare 911

Die wrak van die motorfiets op die toneel in Bokmakieriestraat, Dorandia in Pretoria (18 April 2015) Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is in ʼn kritieke toestand na ʼn ongeluk Saterdagaand in Dorandia in Pretoria, Gauteng.

“Die ongeluk het in Bokmakieriestraat plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Volgens berigte van die toneel het die motorfietsryer beheer oor die fiets verloor en ʼn lamppaal getref.”

Volgens Botha het die man ʼn paar meter van die motorfiets af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het kritieke beserings opgedoen. Hulle het hom op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die polisie sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Neptunus ·

Oorsaak? Wel, hier is blykbaar nie ‘n motoris om te blameer nie, so kom ons dink… Wat van oormatige spoed gekombineer met ‘n sopie of twee? Lyk of hy geen nommerplaat opgehad het nie, wonder hoekom… om te kan ry soos hy wil!

Louisa ·

Bid eerder vir die jong man om te genees as om spekulasie te maak oor wat, hoe ens…. ons paaie lyk op sommige dele soos maan kraters met al die gate. Bou rommel le oral… Ek wens jou n spoedige herstel en mag ons Vader se hand oor jou wees!

Francois ·

Ek stem saam met Neptunus. Ek bly self in Dorandia en as julle sien hoe jaag die motorfietse hier in die strate, sal jul ‘n ander deuntjie sing. EK self het al die stadsraad genader om meer “soeedhumps” te kom insit, maar dit val op dowe ore. Kom een Saterdagaand en parker in Pres Steyn straat en julle sal self sien hoe jag hulle….so ek het geen simpatie nie. Dis altyd “think bike” Wat van bietjie “think cars”?

Maronel ·

Neptunus. As jy mooi kyk. Die uitlaatpyp en ‘tail piece’ is weg. Boem. Mors af. Nou hoe verwag jy die nommerplaat moet nog vas wees. Het jy na die toneel gehaas en die nommerplaat gaan soek? Indien wel, kan jy sê daar was nie n nomnerplaat. En dan moes jy sommer jou alkoholblaser ook saamgeneem het.

Gavin ·

Neptunus jy is een om vinnig tot gevolge te spring, wie se vir jou hy het enigsins iets gedrink? Net omdat dit aand is en die persoon in n ongeluk betrokke was maak dit hom automaties skuldig dat hy n drankie gedrink het? Ek ry self ook motorfiets en ja somtyds ry n mens vinnig maar enige iets kon gebeur het daar kon iets fout gegaan het met sy motorfiets, iets kon voor hom ingehardloop het, n kar kon voor hom ingery het toe swaai hy uit! Dis als moontlikke redes! Hou op altyd die slegte dink van motorfiets ryers as jy nie self in die situasie was nie hou dan eerder jou kommentaar vir jouself

Chantelle ·

Vat dit van my wat al 6 jaar lank met krukke loop en elke dag in pyn verkeer. Ek gee nie om wat die oorsaak was nie. Ek wens dit nie op my ergste vyand nie. As hy oorleef het sy lewe sopas in hel verander.

Estelle Kuys ·

Ek is n trots motorfietsryer. In SA en reg oor die wereld vorm ons ‘n ‘brotherhood” wat van die hegste bande vorm. Ons doen baie vir liefdadigheid, en die meeste klubs onderhou ouetehuise of looks insamelingsprojekte vir hulle. Maak nie saak wat nie, ons is veronderstel om mense te bless en nie te curse en net die sleg en verkeerd te sien nie. Meeste mense het al 2 sopies gedrink en be stuur. Ek bid vir spoedige herstel vir hierdie brother.

sp ·

Ons is almal trotse fiets ryers en ek my swaer en skoonpa ry nog old school bikes hult elk n 850 en 1000cc gs suzuki shaft drives en ek maar n ou 750 katana en glo my ons almal vat kanse so nou en dan maar wie weet wat die oorsaak was los sand oli diesel ens als maak probleeme op n pad eerder bid vir die man as om hom te kritiseer en asumptions te maak “asumptions is the mother of all screw ups”

Elmarie ·

Mense ons bikers moet uitkyk vir mense diere en karre n ongeluk gebeur so vinnig jou reaksie tyd op n bike moet so vinnig wees om n ongeluk te vermy Ek het self my man verloor agv van n kar wat voor hom in gery het so asb moenie altyd net aan neem die biker is skuldig nie stekte virr die biker Hoop jy Herstel spoedig

anon ·

my man en pa ry bikes weet hul ry vinnig hul weet wane om hul spoed te hou so gun di bikers hul plesier

Asjas ·

Persoonlik dink ek motorfiets ryers is selfsugtig en roekeloos. Net vanoggend kry ek weer ‘n jong lat wat in die straat wheelie en jaag in die dorp. Toe ons onder by die verkeerslik kom toe kom hy so skielik en vreeslik naby aan my tot stilstand op sy voorwiel met die gaai in die lug. Ek het myself boeglam geskrik en is amper oor ‘n rooi lig. Die jong seun sit en wragtig en lag vir my en al wat ek kan dink is “ek wens jy breek nog eendag jou nek!”

piet ·

Studie in pta bewys 45% ry sonder nomerplate ,25 %met ontoelaatbare no plate,,,,,syne val onder die 45%
As hulle verder n studie gaan maak sal ek se 99% ry motorfietse .om deur die verkeer te kan vleg op die snelwee……..en 99% hou nie by die spoedbeperkings nie,,,,,,,,bewys my verkeerd

CHRISTA ·

Piet, hier in Ekurhuleni ry 80% sonder nommerplate, 15% se nommerplate is onder hulle sitplekke ingevou of dis nie die wettige grootte nie. Net 5% se nommerplate is sigbaar/korrekte grootte.

Peet Schabort ·

Christa, ek verstaan dat op Secunda was die nommerplaatstorie redelik goed hokgeslaan. By die groot werkgewer in daardie gebied is die motorfietse by die sekuriteitshek(ke) gestop en gekyk of hy ‘n nommerplaat het of nie. Geen nr.plaat dan word hy nie toegelaat om verder te ry werk toe. Dit het glo goed gewerk.
Wat sê die ‘bikers’ hiervan?

Adél ·

Ja nee, daar moet altyd iemand wees wat ñ eiertjie te le het as ñ motorfietsryer verongeluk. Gewoonlik die wat nie weet hoe om een te ry of wat jaloers is omdat hulle nie een kan bekostig nie. Vir die wat so vinnig is om die biker die skuld te gee of te wens hy breek sy nek en en en, dis deur mense soos julle wat ek 2 jaar terug my rug gebreek het en amper my lewe verloor het. Mense wat nie kyk wa hulle ry en net voor jou inry sonder om links of regs te kyk nie. En nee, ek het nie gejaag nie, meeste van ons mense op bikes het beter maniere as party in karre. So hou op om alewig vir mense met bikes die skuld te wil gee. Want dis deesdae wat die skuldiges in die karre doen, deur te sê dit was die biker se skuld. Kyk bietjie hoe onverskillig julle met julle karre ry. Onthou net, ons het ook kinders en gesinne.

Neptunus ·

Soos mens verwag dring heelwat mense hierbo aan dat geen vingers gewys mag word nie. Nogal ‘n simptoom wat ek baie onder ons volkie deesdae bespeur. Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Ander probeer weer die onderwerp verander deur te verwys na motoriste of diegene wat kwansuis nie motorfietse kan bekostig nie, foeitog. Daar is darem ‘n paar nugterdenkendes wat weet: Bitter min eienaars van hierdie “superbikes” hou by enige spoedgrens, hetsy in ‘n beboude gebied of oop pad. Geen simpatie met hulle. Aan die bikers wat wetsgehoorsaam en bedagsaam optree, geniet jul ysterperde!

Leona ·

As jy ‘n verantwoordelike “biker” is en jou reëls ken, sal dit nie gebeur nie. Ongelukkig moet ek vir jou sê, die meeste ouens steur hulle reëls die “biker codes” nie. Het julle al self ‘n motorfiets gery, en weet julle waaroor die spoed gaan! Dit is om van onnadenke motorriste af weg te kom, nie omdat jy ‘n wintie is nie. Die motorfietse is gebou om van karre af weg te kom. Maar ek wil ook saam met julle stem, van die ouens gee nie om hoe hulle ry nie, en dit stel ons as verantwoordelike motorfiets ryers in ‘n baie swak lig. Dit is ‘n twee rigting denke. Think Bike en Think Car, dit is wat ons almal verantwoordelik maak. Sterkte Adel!! Dit gebeur nogal gereeld hier in Pres Steyn straat. Ek weet nou van 3 in een week. Dit is eintlik skrikwekkend. Almal moet met hulle oë oop bestuur!!!

piet ·

Neptunes ,dis altyd die ander se skuld ,as n kar nie voor hul indraai nie,loop Iemand of n hond voor hulle in.,,,,nooit drank of spoed betrokke nie,,,begaan nooit n verkeersoortreding nie ,,,tipe engelkies ,,,,,wies ons .om te oordeel ,kan dit kwansuis nie bekostig nie,,,,,shame adel ,lyk my jyt beinskade ook gedoen lol

Leona ·

Piet, dit is ‘n ongevraagde en wreede opmerking! Ek hoop jy voel nou beter nadat dit van jou gestel af is, en het ‘n heerlike Geseënde en voorspoedige week sonder enige ongelukke of probleme…

Fransie Dippenaar ·

Ai tog ek wonder net of Asjas al ooit daaraan gedink het dat daardie ouetjie iemand se seun is. Elke biker is iemand se seun of dogter, ma of pa, broer of suster of selfs ouma of oupa. Mens wens nooit iemand anders so iets toe nie. Dis darem baie verkeerd. Niemand weet hoekom die man beheer verloor het nie, dit kan net sowel agv van ‘n rondloper dier wees. Kom ons respekteer bietjie mekaar.

Leona ·

Ek stem! Miskien met Asjas bietjie saam met die “bikers” wat weet wat hulle doen ry, en kyk wat hierdie mense werklik doen! Een persoon wat onverantwoordelik is maak nie “bikers” oor die algemeen onverantwoordelike mense nie. Dit is seker die meeste ongelooflikste ondervinding om saam met hulle te ry en te sien hoeveel liefde uit hulle straal. Asjas as jy saam met werkike “bikers” ry wat baie ondervinding het, dan sal jou opinie dalk verander. Ongelooflike, liefdevolle, pragtige mense wat regtig omgee vir ander mense… Harde kommentaar. Ek het dit ook self nie verstaan totdat ons betrokke geraak het by wonderlike mense nie…

Monica ·

Ek ry ‘n super bike dis een van die lekkerste lekker wat daar kan wees. Ja, jy kry arrogante bikers, maar 99% van bikers is meer alert as jy bike ry. Jou acceleration spoed is soveel vinniger. Jy moet vir elke klein dingetjie uitkyk in die pad. Die kleinste dingetjie kan jou ‘n ongeluk kos. ‘n Olie kolletjie of klippe in die pad. ‘n Mens is baie meer vulnerable op ‘n bike, maar ek verruil die vryheid op ‘n bike vir niks. Daar is een goue reël: Paraffien (drank) en petrol (bike) gaan nie saam nie. Nog minder windgatgeid. As jy nie respek vir ‘n bike het nie, bring hy jou baie vinnig aarde toe.

Tonginniekies ·

Ek wou ook ‘n bike gehad het. Toe ek mooi kyk sien ek die dêm ding se sunroof is te groot. Jy gaan maklik uitval in ‘n ongeluk.

Sophia ·

Maar dis waar julle ouens. Ek bly ook in Dorandia, en Saterdag- en Sondagaande is daar volgens wat my ore waarneem, êrens ‘n motorfietswedren aan die gang tot laatnag. En die klank is oorverdowend! Hulle ontsien niks en niemand, en het geen respek vir mense wat werk of wil slaap nie…

ANONIEM ·

As ek so deur almal se kommentaar lees dan maak dit eintlik seer om te weet dat mense so vinnig iets sleg te se het oor iemand wat hulle geen kennis van dra nie.
Die seun in die ongeluk kan ek julle baie oor vertel.
Om mee te begin HY HET n nommerplaat gehad so ontspan met daardie gestry.
Ek kan getuig oor hoe verantwoordelik hy gery het.. ALTYD. Ek het baie hom gesien ry en weet ook dat as hy wel uitgegaan het om iets te gaan drink saam vriende het hy altyd sy bike gaan bere by die huis en iemand gevra om dan hom by die huis te kom haal. Hy was baie erg oor sy motorfiets en het nog nooit eers toerjies probeer doen met die fiets nie. Hy was mal oor bikes en sy bike was sy trots daarom was hy so versigtig.
Dis n seun wat meer respek vir julle almal sal toon as wat julle verdien veral na die onnodige kommentaar. Sy lewe is gespaar en ons dank die Vader daarvoor want hy maak nooit skade aan niemand. Dis n seun wat sy ma op sy hande dra en hy is haar enigste.
Eerlik hoop ek nie eers dat sy julle opinies raaklees nie.
Hy is in die hospitaal met altwee bene gebreek, ribbes en kakebeen het skade.
Ekt so baie vertroue in hoe hy gery het dat ek daarna uitsien om julle in te lig oor wat gebeur het sodra ek met hom praat en die hele storie hoor, as hy kan onthou.
Ek hoop regtig dat julle volgende keer dink voor julle onnodige aantuigings maak.
Dankie aan die mensies wat wel n spoedige herstel oor hom uitspreek en hom en sy ma in julle gebede opdra.

daleen ·

Ek stem heeltemal saam. Die mensdom oordeel vinnig. Te vinnig. ‘n Ongeluk gebeur, maak nie saak hoe, dit gebeur. Maar die mens judge, oordeel, skinder en bespreek

Jan ·

Ek het self baie jare motorfietsgery en kan getuig dat jy veilig kan ry, maar NOOIT veilig is nie, dieselfde met ‘n motorvoertuig !! ‘n Motorvoertuig bied jou net meer beskerming.

Hannelie ·

Sjoe soveel kritiek!!! Ek self het al op ‘n ysterperd gery en goed geval. Maar alle motorfietsryers moet asb nie onder dieselfde kam geskeer word nie. Dis mos onregverdig. Kom ons bid eerder dat die ryer gesond word. En Asja ek hoop vir jou part so iets kom nie eendag op jou kinders se pad nie.

Anoniem ·

My beskeie opinie is as volg. Niemand kan kommentaar lewer wat nie die ongeluk gesien gebeur het nie. Ek is vertroud met die pad en gebruik dit daagliks. Sonder om enige party te kies moet ek dit meld dat ek self ‘n noue ontkoming gehad het met voetganger wat onder invloed van alkohol net na 19h00 reg voor my motor ingeloop het. As ek nie uitgeswenk het nie sou ek hom getref het. Daar is ook menige rondloper honde wat net na die kompleks uit die nabygeleë oop erf oor pad loop. Ek is van mening dat ongeag dit motorfiets of voertuig is ons nie kan oordeelsvingers wys nie. Niks kan die man se kritieke toestand en ongeluk terugverplaas na voor die insident nie. Laat ons eerder biddend wees vir volkome herstel en neerhalende opinies vir onsself hou. Vir die wat van my verskil sou ek voorstel om self daardie pad te ry en te sien wat saans daar kruis en nie kruis nie! BLessings!

Brett ·

How about waiting for the investigation to be completed before anyone jumps to conclusions about what happened. This young man is in the hospital…. how about praying for him and his recovery. It is a horrible thing to have a biker go down and the results are usually bad. The fact that he is still alive and can tell the story of what happened is a blessing. Focus on his recovery…. not at the present to point fingers.

Angie ·

Firstly look at yourself before making any assumptions, have you never exceeded the speed limit, traveled without a seat belt or used your cellphone while driving? How many of you can say you haven’t.

I ride a bike every day to work and home, we all at some point have broken a traffic law, no matter which one, you still broke it.

It is easy to point fingers and make comments when you weren’t at the scene of the accident.

Any accident no matter who was responsible negligent etc. is a tragedy, instead of pointing fingers, rather look at how you can make our roads safer.

piet ·

Anoniem jy Lewe in n wereld van jou eie daai motorfiets het so min n no plaat op gehad .kom ons se maar hy het van die kerk .af gekom en oppad huis toe,teen 60 km per uur, loop n hond voor hom in en hy swaai uit en val,,,,,,dis mos wat julle wil hoor en glo,,,,wakker word!!!!!!

Anoniem ·

Ai Piet.. eks naby aan die mens so ek sal weet, waaroom aanhou oor n ding.
As mens fotos hierop kon pos sou ek vir jou die bike met sy nommerplaat en als gestuur het.
Ek is nou ni die tiepe mens wat kommentaar gaan lewer sonder om my feite agter mekaar te he nie. Hy het ni van die van die kerk af gekom nie, weet nie waarom die saak vir jou so hinder nie maar okay net om jou gerus te stel hy was wel oppad huistoe. (Hy bly nie eers 2km van die toneel af nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.