ʼn Vermeende grypdief is Vrydag gewond nadat ʼn motoris hom op die hoek van Bloed- en Es’kia Mphahlele (DF Malan)-straat geskiet het.
“Volgens getuies op die toneel wou die man glo die motoris tydens spitsverkeer beroof,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motoris het hom glo tydens die voorval geskiet.” Die voorval het omstreeks 18:15 plaasgevind.
“Paramedici het die gewonde man op die toneel behandel voor hy onder swaar polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Omtrent tyd….daai nes moet getem word !
Goedso !!!! ….kan nie verstaan hoekom die polisie nie daar kan wag in n lokval en die mense vang nie ….julle weet al te goed dis n probleem area ….maar nee julle doen verdompt net mooi niks nie….tree net reaktief op …hoe pateties
Daar gaan net mooi niks van dit kom nie, gaan net ‘n waarskuwing kry en alles is weer dollies. Twee dae later is dit dieselfde storie, dan gaan die grypdief weer aan.
Om te verwag dat die polisie grypdiewe moet vasvat is net een te veel gevra.Hulle het nie die mannekrag met genoeg wilskrag vir so iets nie.So motoriste word genoodsaak om hulself te verdedig.In enige oorsese land sal jy nie so iets kry nie maar in die’ piesang republiek wel.
Hulle sal nie optree nie want dan belemmer hulle die staat se werkskeppings program.