Pta-motoris skiet ‘grypdief’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende grypdief is Vrydag gewond nadat ʼn motoris hom op die hoek van Bloed- en Es’kia Mphahlele (DF Malan)-straat geskiet het.

“Volgens getuies op die toneel wou die man glo die motoris tydens spitsverkeer beroof,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motoris het hom glo tydens die voorval geskiet.” Die voorval het omstreeks 18:15 plaasgevind.

“Paramedici het die gewonde man op die toneel behandel voor hy onder swaar polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lance ·

Goedso !!!! ….kan nie verstaan hoekom die polisie nie daar kan wag in n lokval en die mense vang nie ….julle weet al te goed dis n probleem area ….maar nee julle doen verdompt net mooi niks nie….tree net reaktief op …hoe pateties

Gerhardt ·

Baie goeie punt Lance. Myns insiens faal die polisie grootliks met misdaad intelligensie en voorkoming, alles is altyd reaktief.

Brie-brie ·

Daar gaan net mooi niks van dit kom nie, gaan net ‘n waarskuwing kry en alles is weer dollies. Twee dae later is dit dieselfde storie, dan gaan die grypdief weer aan.

Tiger ·

Om te verwag dat die polisie grypdiewe moet vasvat is net een te veel gevra.Hulle het nie die mannekrag met genoeg wilskrag vir so iets nie.So motoriste word genoodsaak om hulself te verdedig.In enige oorsese land sal jy nie so iets kry nie maar in die’ piesang republiek wel.

Johann ·

Hulle sal nie optree nie want dan belemmer hulle die staat se werkskeppings program.

Helena ·

Waar, da sal niks gedoen word ni. Verlede jaar is my hangertjie ook van my nek af gepluk terwyl ons in die kar gesit en wag het vir die robot. Ons mense moet uiterrs versigtig wees oral wa ons gaan en jou kar se deure gesluit hou.

Buitestaander ·

Daar is nie veel wat mens aan die situasie kan doen nie. Vuurwapen is enigste genade en paraatheid.

Ria ·

Mense moet ook net leer om hulle besittings nie so oop en bloot in hulle karre te sit nie. Weet mens dink nie daaraan aan nie, ek is self skuldig daaraan. Maar liewer safe than sorry.

Theresia ·

Ja mense iets sal drasties gedoen moet word. Nêrend is ons meer veilig nie. Ek was laas week woensdag in ‘n smash en grap gewees. En weet julle dit gebeur so vinnig. Werklik in ‘ n oogwink. Ek het nie eens stil gestaan by die robot nie. Ek het seker so 20 km p/h gery omdat ek nie dood wil stop by die robot nie., toe gryp die mnr mos aan die venster wat 10cm oop was aan die passasiers kant en toe ek met hom wil weg probeer jaag al kouende aan die ruit toe slaan hy die ruit uit met ‘n vonkprop. En weg is my beursie met al my kaarte en I.D en kontant. Wat ‘ n gemors

Ria ·

Ai dit baie skade….maar waar was jou beursie? Op die seat, ons moet almal leer om maar dit liewer nie oop en bloot te sit nie, ek net so skildig daaraan rather be safe than sorry

Remondo ·

Lokvalle is werk – sit eerder n bordjie op om te waarsku – dan het die skelm n verskoning dat hy mense mag beroof – ons moet ons self beskerm want polisie sal nooit oorals kan wees nie

Jan maak n Plan ·

Pragtig – laat die vir daardie dief en sy maatjies n les wees.

Theresia ·

Verlede week woensdag 20 April was ek in n smash en grab betrokke. Dit gebeur werklik in ‘n oogwink. Die ruit aan die passasierskant was so 10cm van bo af oop. Normaalweg stop ek nie by n robot na n sekere tyd van die agtermiddag nie. Ek het die robot teen ao 20km/per uur genader toe die man aàn die venster gryp. Al wat ek op daai oomblik gedink het was om met die klouende man vinniger te rye, en toe besluit hy om die venster te breek met ‘n skroefdraad. En weg is my beursie met al my kaarte en Id en lisensie. Wat ‘n gemors om alles weer te moet vervang . Wens net daar was beter polisieëring.

Ben Prinsloo ·

Die arme motoris gaan nou seker tronk toe vir poging tot moord en sy vuurwapen word weggevat.

sarie van heerden ·

Drie swartes het ons gekaap en beroof en alles het in ‘n oogwink gebeur. Ek weet nie hoe hierdie motoris nog kon DINK om homself en sy besittings te beskerm nie.

Hester ·

Die ou wat geskiet het gaan seker in die tronk belan of sy geweer verloor en die boef gaan vry kom of n saak van moord teen die ou wat hom geskiet het,wat n siek spul.

Piet Piper ·

Hier in Bloemfontein is die voertuig-betuurders ook ongemaklik by elke robot, want by elke robot staan ‘n bedelaar met ‘n patetiese houding……….Bedelaars moet met wetgewing verbied word om by robot’s te staan. Dit veroorsaak spanning vir die bestuurders en onnodige ongelukke.
Dis ook die ideale lokval-plek vir rowers en grypdiewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.