Nagenoeg R15 miljoen is in een maand aan wegneemetes spandeer vir personeellede van die Tshwane-metro in Pretoria, het The Star Woensdag berig.
Ndivho Lukhwareni, die metro se strategiese uitvoerende direkteur vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, het glo gesê die wegneemetes was vir personeel wat oortyd gewerk het.
Die stad se tenderstatistiek vir Augustus verlede jaar, wat Vrydag tydens die munisipaliteit se portefeuljevergadering oor openbare rekeninge ter tafel gelê is, het dié bedrag wat op die kos spandeer is, bevestig.
Vrae het ontstaan oor hoeveel mense oortyd moet werk om so baie geld in een maand aan kos te spandeer, watter soort werk die personeel doen, en watter tipe kos aan hulle voorsien is.
Die tenderstatistiek het gewys dat vyf kontrakteurs in 2012 die kontrak gekry het om R15 miljoen se bystandkospakkies voor te berei en af te lewer.
Lede van die portefeuljekomitee verwag amptelike antwoorde op hul vrae wanneer hulle weer in Januarie vergader.
Lindela Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die stad sal Donderdag op die koerant se navrae oor die kwessie reageer.
Opskrif moet verander word na Pta-Munisipaliteit ooreet hulle self.
Maritza – oorVreet!!
Goeie hemel – as soveel aan wegneem etes spandeer word kan julle julself indink aan hoeveel word aan “oortyd” betaal?! Ek is in die verkeerde beroeps veld… Wonder of daar poste beskikbaar is. Gratis etes vir oortyd en ek word nog betaal ook vir die “tyd” wat ek insit. Wonder waar ek die bewyse van al die werk kan sien WANT volgens my is die paaie nog in ‘n toestand, behalwe as jy op die hoofweg ry… Rekeninge word nie behoorlik geallokeer nie en en en en ONS werk nog steeds oortyd!
en daar is miljoene mense wat nie eers ‘n snytjie brood het om te eet nie! en dan oorweeg hulle dit om ons persoonlike belasting te verhoog, vir wat? om hulle te voer??? al hoe hulle oortyd werk is, SLAAP aandiens!!
klink vir my na n vreetsame werk
gits my man werk as n EMS vir ons land, hy het al by Gauteng Provincial Goverment en Tshwane Emergency Rescue gewerk, maar dit was nog nooit deel van hulle vergoedings pakket nie…sy werk is die belangrikste pos wat ek kan aan dink, met die meeste ure sonder sanitasie, kos, nie eers n koppie koffie word aan hulle verskaf nie… ek moet elke dag sy lunch sak pak wat hom 12 ure moet deurdra… ek dink ek moet sy cv stuur aan tshwane metro vir n pos daar, gaan ons beslis baie spaar n maand aan kospakkies…aangesien hy dan mos aan kos gaan voorsien word..
Hoekom moet ons wag tot Januarie vir veduidelikings?????Hierdie mense pleeg openlik diefstal van
belasting geld en moet as sulks verantwoording doen en gestraf word.!!!!
So 3409 mense het elk ‘n kospakkie ter waarde van R200 elk van die 22 werksdae ontvang? Baie pensionarisse oorleef op minder as R200 PER WEEK! Skandelik.
Baie van die kos word weggedra na hulle huise toe want die gravy trein stoom voort. Ek stem saam dat hulle van die huis af kos werktoe neem .Sommer nonsens dat die trogvarke nog van kos voorsien word op die belastingbetaler se koste .
Nous ek sommer spyt ek werk nie meer nie. As dit deel is van perks kan dit net lekker wees. Kos is groot deel van mens se maandelikse begroting. Hulle het seker nog n menu ook gekry. Flippit
Ja nee, hospitale het nie medikasie en toerusting werk nie, hulle kan nie eers die mense van behoorlike voedsel voorsien, maar die onder gekwalifiseerdes in ons munisipaliteite word soos konings behander.
Goeie Nuus: Niemand by die metro ly honger nie!
Hierdie een het my laat lag Hendrik! Dis reg, voer hulle laat hulle oorgewig word om stadiger te beweeg en later nie meer uit hulle karre kan klim nie. Prop hulle vol cholesterol! Vreet broers vreet!!!
Probleem lê by onbevoegde bestuur. Met die regte beplanning en dissipline wat toegepas word, sal dit nie nodig wees om oortyd te werk. Ek is seker as hulle ingaan op die saak sal hulle vind die mense is huistoe net nadat die kospakkies uitgedeel is.
Aaarde nee blikemmer hulle kan darm geld mors. Dit terwyl daar gepreek word in die parlement dat daar gespaar moet word………. En dan moet hulle nog toeilet papier koop !!!!.
Dink net hoeveel straat kinders kon met hierdie geld gevoed word
R15m per maand teen R100 per persoon is 5000 etes. Dis ‘n skande, dis verby bedrog.
Tot Donderdag! Genoeg tyd om ‘n lekker liegstorie uit te dink! Ai, hulle raak dikker by die dag!
R15 miljoen aan wegneemetes
Hoeveel was die oortyd dan
Hoe is dit moontlik?? Die stadsraad het nou-die dag gerapporteer dat die verkeersligte en ander elektriese toerusting nie werk nie omdat die elektrisiens nie wil werk nie omdat hulle nie oortyd betaal word nie. Nou kry hulle kos omdat hulle oortyd werk. Word hulle nou met kos betaal??
Ek ruik hier ‘n groot vrot eier en sy naam is Tswhane of iets.
Mense moet wakker word en besef waarom hulle so baie betaal vir dienste. Moet hierdie maand betaal vir geskatte lesing waarvoor ek nie begroot het nie en al die moeite doen om my lesing in te gee. Is dit nie bonus maand nie?
Een of ander tyd gaan die koskaste ook leeg word. Net ‘n kwessie van tyd, en ek kan nie sê dat die gevolge vir blanke-Jan-publiek positief gaan wees nie.
Nou weet ons hoekom hulle agterstewe so groot is!