PTA-munisipaliteit spandeer miljoene aan wegneemetes

Argieffoto.

Argieffoto.

Nagenoeg R15 miljoen is in een maand aan wegneemetes spandeer vir personeellede van die Tshwane-metro in Pretoria, het The Star Woensdag berig.

Ndivho Lukhwareni, die metro se strategiese uitvoerende direkteur vir openbare werke en infrastruktuurontwikkeling, het glo gesê die wegneemetes was vir personeel wat oortyd gewerk het.

Die stad se tenderstatistiek vir Augustus verlede jaar, wat Vrydag tydens die munisipaliteit se portefeuljevergadering oor openbare rekeninge ter tafel gelê is, het dié bedrag wat op die kos spandeer is, bevestig.

Vrae het ontstaan oor hoeveel mense oortyd moet werk om so baie geld in een maand aan kos te  spandeer, watter soort werk die personeel doen, en watter tipe kos aan hulle voorsien is.

Die tenderstatistiek het gewys dat vyf kontrakteurs in 2012 die kontrak gekry het om R15 miljoen se bystandkospakkies voor te berei en af te lewer.

Lede van die portefeuljekomitee verwag amptelike antwoorde op hul vrae wanneer hulle weer in Januarie vergader.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die stad sal Donderdag op die koerant se navrae oor die kwessie reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maritza

Opskrif moet verander word na Pta-Munisipaliteit ooreet hulle self.

Rieks

Goeie hemel – as soveel aan wegneem etes spandeer word kan julle julself indink aan hoeveel word aan “oortyd” betaal?! Ek is in die verkeerde beroeps veld… Wonder of daar poste beskikbaar is. Gratis etes vir oortyd en ek word nog betaal ook vir die “tyd” wat ek insit. Wonder waar ek die bewyse van al die werk kan sien WANT volgens my is die paaie nog in ‘n toestand, behalwe as jy op die hoofweg ry… Rekeninge word nie behoorlik geallokeer nie en en en en ONS werk nog steeds oortyd!

Estelle

en daar is miljoene mense wat nie eers ‘n snytjie brood het om te eet nie! en dan oorweeg hulle dit om ons persoonlike belasting te verhoog, vir wat? om hulle te voer??? al hoe hulle oortyd werk is, SLAAP aandiens!!

snip

klink vir my na n vreetsame werk

sonja barnard

gits my man werk as n EMS vir ons land, hy het al by Gauteng Provincial Goverment en Tshwane Emergency Rescue gewerk, maar dit was nog nooit deel van hulle vergoedings pakket nie…sy werk is die belangrikste pos wat ek kan aan dink, met die meeste ure sonder sanitasie, kos, nie eers n koppie koffie word aan hulle verskaf nie… ek moet elke dag sy lunch sak pak wat hom 12 ure moet deurdra… ek dink ek moet sy cv stuur aan tshwane metro vir n pos daar, gaan ons beslis baie spaar n maand aan kospakkies…aangesien hy dan mos… Lees meer »