Pta-Noord inwoners gewaarsku oor man wat glo kinders wil gryp

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Pretoria-Noord word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ʼn man in ʼn ligblou VW Golf wat glo kinders in die omgewing nader roep en dan in sy motor probeer indwing.

ʼn Inwoner van Pretoria-Noord het Maandag ʼn saak by die polisie oopgemaak nadat die man glo probeer het om haar 16-jarige dogter te ontvoer.

Juanita van der Walt het aan Maroela Media gesê haar dogter, ʼn gr. 10-leerling aan die Hoërskool Pretoria-Noord, stap tydens die skoolvakansie daagliks die kort ent van die gesin se huis na die Boston City-kampus in Burgerstraat waar sy haar internasionale matriek voltooi.

“Sy het Maandag omstreeks 12:00 in Burgerstraat gestap toe ʼn ligblou Golf so 20 meter voor haar in die straat stilgehou het,” het Van der Walt gesê. “’n Blanke man met kort, swart hare het uitgeklim, die kattebak oopgemaak en lyfsproei aangespuit. My dogter het gesê hy het nie baie skoon gelyk nie en sy was effens agterdogtig.”

Die man het die meisie nader geroep en gevra of sy vir hom rigtingaanwysings kon gee. Sy het gesê dat sy ongelukkig reeds laat is en vinnig probeer wegloop. Hy het haar aan haar arm gegryp en probeer om haar in die kattebak in te dwing. “Sy was langer as hy en het teruggeveg. Sy het sy kop hard teen die deur van die kattebak geslaan en weggehardloop,” het Van der Walt gesê. “Ongeveer ʼn blok verder het sy dit eers gewaag om om te kyk en net gesien hoe die motor wegjaag.”

Volgens die meisie het die man na verf geruik en was daar ook ʼn blik verf en ʼn kleresak agter in die bagasiebak. Die man het Afrikaans gepraat.

“Daar was al twee keer vantevore afkondigings by Hoërskool Pretoria-Noord gemaak om leerders teen hierdie man te waarsku, maar ons het dit nooit ernstig opgeneem nie. Ons het gedink dit is dalk net weer kinders wat stories vertel. Toe gebeur dit met my dogter,” het Van der Walt gesê. “Ek is dadelik na die polisie toe om ʼn saak te maak, want hierdie man moet vasgetrek word voordat een van ons kinders iets oorkom.”

Volgens Van der Walt was beamptes by die polisiestasie uiters onbehulpsaam en het hulle aanvanklik gesê dat sy nie ʼn saak kan oopmaak as sy nie die registrasienommer van die voertuig het nie. Dit was eers glo nadat sy die stasiebevelvoerder gaan sien het, dat die beamptes ingestem het om ʼn saak oop te maak.

“Dit is onaanvaarbaar dat die polisie wat ons kinders moet beskerm, so nonchalant is oor so-iets. Ek sal nie die saak hier laat nie. Ek bly al sedert 2001 in Pretoria-Noord. Hierdie is ons plek. Waarom moet ons vlug en ons wortels uittrek omdat misdadigers besig is om oor te neem? Ek is woedend vir die man in die Golf, maar ek is meer woedend vir ons stelsel wat nie ons gemeenskappe ondersteun nie.”

Ondanks verskeie pogings kon Maroela Media nie kommentaar van die polisie kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Landie ·

Gee die polisie-beamptes aan by die hoogste gesag as hulle nie ‘n saak wil open nie. Hulle MOET, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Net so is daar nie ‘n wagtydperk om iemand as vermis te rapporteer nie. Hulle MOET dit doen, dit is hulle diens aan ons die publiek. Ek is so bly die dogter is veilig, want die hele situasie kon so verkeerd uitgedraai het. Sterkte meisiekind, en goed vir jou dat jy veggees gehad het en nie toegelaat het dat ‘n BARBAAR jou lewe verwoes nie!!!

Yasmin Gomer ·

what’s wrong with these rubbish men, kidnapping our kids, hope they find him ASAP.
And for the mother and daughter, she has seen this rubbish set up a picture of him and place it all over and for us to see what he looks like, this is so important for the media to see his face.
Someone out there should know who he is, you so lucky your daughter is safe the next child may not be. Pleace his picture all over take it to the newspaper if you have to the will put it on the front page.

Maud ·

Can you let she set up a scetch of this man who tried kidnapping your daughter

Debs ·

Trek hom vining vas voor dit weer ‘n herhaling van die Gert van Rooyen sage raak.

Nadine ·

Another peodofile on the run like Gert Van Rooyen, safe our children not to be kidnapped and never seen again.

Mrs. Van Der Walt please go and make your daughter to do a drawing on how this man looks like with the light vw golf. Please show the community that you really care.

Juanita van der Walt ·

Die ondersoekbeampte het my reeds geskakel en is in die proses om te reël vir ‘n Identikit wat ons gaan doen. Wag nog om te hoor wanneer.

Juanita van der Walt ·

Die ondersoekbeampte het my reeds geskakel en is in die proses om te reël vir ‘n Identikit wat ons gaan doen. Wag nog om te hoor wanneer. Ons stem saam dat dit baie goed sal wees as hulle sy gesig op almal se kennisgewingborde kan ophê. Ek wil vir Yvette van die SAPS Crime Group bedank vir haar vinnige en profesionele diens. Sy het dadelik werk gemaak van die saak. DANKIE SAPS CRIME UNIT. Julle ondersteuning en netwerk help baie. Van die van der Walts

Nadine ·

Another peodofile on the run like Gert Van Rooyen, safe our children not to be kidnapped and never seen again.

Mrs. Van Der Walt please, Please show the community that you really care.

Olivia ·

Dis tyd dat selfverdededing en “anti-bully” oefeninge verpligtend word in skole. My 5 jarige begin volgende jaar daarmee. Ons moet proaktief wees in ons land en op elke manier dit so moeilik as moontlik maak dat ons kinders nie slagoffers word nie.

annette ·

Ek dink ons moet ons kinders bewapen met pepersproei en n tazer. Die vark sal aanhou todat hy sy sin kry. Ek hoop die aan die slaap polisie kry dit darem reg om die wetter te vang. Maar ek het my bedenkinge hulle wil net in die stasies rondsit en al vetter word van die omkoopgeld met slap chips en viennas. Ongelukkig maak hulle die goeies se naam ook krater deur hulle don’t care attitude. Wat ‘n samelewing waarin ons leef. Afgryslik verby.

Winston ·

Stem saam Neelsie. Laat die gemeenskap so n sakie afhandel. Veral as die SAPD nie klagtes wil aanvaar nie. Die psige van die polisie mag is……toe maar. Los liewer. Die verdagte is ook siek.

Lulu ·

Ons het dieselfde voorvalle in 2012 gehad op ‘n klein KZN’se dorpie. Die man is toe sak en pak weg nadat die wêreld vir hom hier te warm geword het. Wonder of dit dieselfde blikskottel is. Kan daar nie ‘n identikit uitgereik word, dat kinders in die vervolg sal weet hoe die skuldige lyk nie?

pop ·

Die polisie gaan niks doen nie. Meisies dra n tazer saam en skok die blikemmer. En voor hy kan herstel neem gou foto van die man. Werner se mense sal hom uitsorteer.

Dina ·

Gaan sluit gurus by Pretoria North SAPS Crime Group op face book aan dan kan julle presies sien wat hierdie polisiemanne als doen. Ek dink hierdie was net ñ geisoldeerde geval. Gelukkig het jy by die stasiebevelvoerder uitgekom, wat die reg te ding was om te doen. As jy by daardie groep aansluit sal jy al die noodnommers kry en ook watter polisiemanne en vroue aan diens is. Baie jammer om te hour van jou dogter. Ek is bly sy is veilig

Dina ·

Gaan sluit gurus by Pretoria North SAPS Crime Group op face book aan dan kan julle presies sien wat hierdie polisiemanne als doen. Ek dink hierdie was net ñ geisoldeerde geval. Gelukkig het jy by die stasiebevelvoerder uitgekom, wat die reg te ding was om te doen. As jy by daardie groep aansluit sal jy al die noodnommers kry en ook watter polisiemanne en vroue aan diens is. Baie jammer om te hour van jou dogter. Ek is bly sy is veilig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.