Twee mense is Vrydag in ʼn trompop botsing op die N4 naby The Orchards in Pretoria oorlede.
“ʼn Vroulike bestuurder is op die toneel dood verklaar,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die manlike bestuurder van die ander voertuig was in ʼn kritieke toestand en hy was in die voertuig vasgekeer.”
Volgens Steinmann moes meganiese toerusting gebruik word om die man uit die motor te bevry. Die brandweer het ongeveer ʼn uur en ʼn half gespook om die man uit die wrak te bevry.
“Hy het egter kort na sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Die ongelukstoneel het erge verkeersontwrigtings veroorsaak.
Pretoriaanse hou op om so vinnig te ry, jy is die volgende.