Pta-onnie stort voor klas ineen, sterf

Argieffoto

ʼn Onderwyser aan ʼn Pretoriase hoërskool het Dinsdagoggend voor leerders in ʼn klaskamer ineengestort en gesterf.

Panyaza Lesufi, LUR van die Gautengse departement van onderwys, het Dinsdagoggend die nuus gedeel.

“Slegte nuus. ʼn Onderwyser het ineengestort en is dood terwyl die onderwyser klas gegee het. Ek haas na die toneel. Ek is bekommerd oor die welstand van die kinders,” het hy op Twitter gesê.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media bevestig die onderwyser is by Clapham High School in Queenswood dood.

“Ons kan in die stadium net bevestig dat die onderwyser gesterf het. Die departement lê tans besoek by die skool af en sodra meer inligting beskikbaar is, sal die departement ʼn persverklaring uitreik.”

Bodibe kon nie dadelik die onderwyser se ouderdom of geslag bevestig nie.

Die skool het alle navrae na die departement verwys.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, het gesê die dood is nog nie by die stasie aangemeld nie, maar dit kan dalk binnekort gebeur.

Lees ook: Beraders na hoërskool gestuur waar Pta-juffrou sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dora ·

Ja ons bekommer ons siek oor die toekoms terwyl ons nie eers weet wat vandag gaan gebeur nie. Baie jammer oor die tragiese nuus, is dit stress verwant? Medelye aan die familie.

My tweesent bydrae ·

Sterkte aan al die Clapham Hoerskool leerlinge .

m ·

Dis baie hartseer. Die trauma wat die arme kinders nie deurgemaak het nie. Sterkte aan die familie en skool.

Sjoe ·

Ek wonder nou oor die wetlike aspekte hiervan. Val die verantwoordelik op die werkgewer, soos met ‘n besering aan diens? Het daar dalk iets in die klas gebeur wat tot hierdie onderwyser se dood kon aanleiding gee? Ons weet almal hoe dit gaan met disipline in die meerderheid staatskole. Het hierdie onderwyser dalk beroerte gekry van onsteltenis?

Spokie ·

Eerstens, my innige simpatie aan d onderwyser en sy/haar familie.

Die skool se ingang/uitgang vorm deel van ‘n sentrum se parkeerarea. Ek was al daar wanneer die skool uitkom: ek sal heeltemal verstaan as die voorval stress-verwant was. Ek is regtig jammer vir die “goeie kinders” wat nou onder dieselfde kam deurloop, maar meeste van daardie kinders het absoluut geen respek vir jou of enige iemand anders nie. Hulle loop eenvoudig voor die motors in en as mens toeter druk vloek hulle jou. Hulle loop jou uit d pad, maak nie saak hoe oud jy is nie. Hulle sal nie eers probeer om ‘n sentimeter te skuif dat ‘n mens kan verbykom nie.

Onderwysers in die algemeen het my simpatie, maar ek kry daardie skool se onderwysers ekstra jammer.

Scalla ·

Van wanneer af is Lesufi n mediese kenner, hy het hom daarheen gehaas maar kon darem Twitter boodskappe stuur, hulle beskou hulself as baie belangrik, shame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.