PTA-ontploffing was WO II-bom

Nooddienste versper die pad naby die toneel in Pretoria-Wes waar die bom op 20 Oktober 2014 ontplof het. Foto: Herbert Atkinson

Nooddienste versper die pad naby die toneel in Pretoria-Wes waar die bom op 20 Oktober 2014 ontplof het. Foto: Herbert Atkinson

Die polisie se bomeenheid het Maandag 15 Tweede Wêreldoorlog-springstoftoestelle van ʼn skrootwerf in Pretoria-Wes verwyder nadat ʼn man die oggend tydens ʼn ontploffing gesterf het.

“Ses van die ou militêre toestelle in Rebeccastraat was steeds lewendig,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die man is Maandag tussen 08:00 en 09:00 oorlede en nog ʼn man ernstig beseer toe een van die toestelle by die skrootwerf ontplof het.

Dit is nog nie duidelik of die mans wel werknemers van die skrootwerf was nie.

Volgens Mofokeng dui die voorlopige ondersoek daarop dat die ontploffing ʼn ongeluk was. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Dit is ook nog nie bekend hoe die antieke ploftoestelle by die skrootwerf beland het nie. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom,” het Mofokeng gesê.

Die strate rondom die skrootwerf is aanvanklik afgesper, maar is teen vroegmiddag weer oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

thys ·

Die mense vd skrootwerf moet weet by wie hulle die ploftoestelle gekoop het. As daar yster inkom sien hulle net $$ net soos die koperpyp en koperdraad wat hulle aankoop?

Mynie ·

Wat van nuwe wetgewing teen die verkoop van yster aan skrootwerke? So bietjie papier werk…… Dan sal die telefoon netwerke nog hopelik kan werk en die treine nog op treinspore kan ry…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.