Pta-oord reageer ná vermiste seun (7) se dood

Bohlale Mokoena. Foto: Best Care-ambulansdienste

Meer as 20 personeellede van die Zambibush Resort in Sinoville, Pretoria, het Saterdag ure lank gehelp om na Bohlale Mokoena (7) te soek voordat sy liggaam Sondagoggend in een van die swembaddens gevind is.

Só het die bestuur van Zambibush Resort in ʼn verklaring gereageer op die tragiese verdrinking van die jong seun die afgelope naweek by die oord. Maroela Media het vroeër berig Bohlale het omstreeks 16:00 Saterdag by die oord vermis geraak. Volgens sy ma het hy “binne minute” net verdwyn.

Die oord het in ʼn verklaring op hul Facebook-blad gesê die oordbestuur is onmiddellik van Bohlale se verdwyning in kennis gestel en het dadelik in al die swembaddens, by al die waterglyplanke en deur die hele perseel na die kind gesoek. “Ons het selfs in al die velde en strate rondom Zambibush gesoek totdat dit donker geword het,” lui die verklaring.

Beamptes by die Zambibush Resort tydens die soektog. Foto: Best Care-ambulansdienste

Volgens die oord het die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) om 19:00 opgedaag en die soektog oorgeneem. Best Care-ambulansdienste en die Tshwane-nooddienste het ook met die soektog gehelp.

“Hulle duikers het in al die swembaddens en visdamme gesoek sonder enige sukses. [Sondagoggend] om 07:00 het die bestuur Bohlale se liggaam in een van die helder swembaddens gevind nadat almal die hele aand oral gesoek het!

“Die SAPD ondersoek die saak met Zambibush se volle samewerking. Ons is trots op ons reputasie as ʼn veilige familieoord en ons sal alles in ons vermoë doen om die oorsaak van hierdie voorval vas te stel en te verseker dat families steeds te alle tye veilig is by Zambibush.”

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

snoepie ·

wonder of die kind nie dalk iewerste weg gekruip het met die soektog nie. Dalk bang hys in die moeilikhied en toe eers die volgende oggend in die swembad vedrink het, toe hy sien daar is niemand daar nie. Wonder soma net?

Frikkie (Nie pienk) ·

Snoepie, jy het rede om te wonder!! Ek wonder self. 20 Personeellede, Tshwane-nooddienste, Best Care ambulanspersoneel, GPF en heel moontlik van die ander kampeerders, almal het help soek!! Hoeveel swembaddens het die plek??

Ouma Scooter ·

Dis n familie oord en dis naweek. Waar is die lewensredders wie veronderstel is om by sulke plekke te wees …

Piet Snot ·

Ouma, ‘n kind kan voor jou oë verdrink voor jy by hom kan uitkom. Dit het laas Kersfees voor my gebeur, in ‘n vol swembad.
Al ons pogings was tevergeefs.

Mariska Kruger ·

Ek wil eerstens ook se, dis vir my ook vreemd om eers die volgende oggend sy liggaam te kry – iewers is ‘n rokie. Dan wat die lewensredders betref, jy as ‘n ouer is verantwoordelik vir jou kind. Dis onmoontlik om 100 lewensredders te he wat na elke kind moet omsien. Dis net eenvoudig nie moontlik nie. Die kind het nie deur die dag verdrink nie, hier is meer agter die storie

ABC ·

Slang in die gras! As daai swembaddens deursoek is, wat is die moontlikheid dat daar iets anders met die kind gebeur is en sy liggaam later in die swembad ge”dump” is?
Ek hoop daar word ñ behóórlike nadoodse ondersoek gedoen.

As hy wel verdrink het, hoop ek daar ondersoek gedoen word oor hoe vol die oor was, hoeveel lewensredders daar was, ensovoorts. Dit kan mos andersins net weer gebeur?

Anoniem ·

Ek is geneig om dieselfde te dink. Ek dink nie die oord eienaars, personeel of SAPD is so onbevoeg dat hulle nie in die eerste plek die kind nie sou vind nie. Nietemin sal ons maar wag om te kyk hoe die storie vorentoe ontwikkel.

Toppie ·

Wonder hoeveel dag besoekers was toegelaat, sommige oorde laat soveel as moontlik dagbesoekers toe om maksimum geld te maak . In oorvol oorde en swembaddens is dit onmoondlik om toesig te hou oor kinders .

juffrou ·

Iemand móét voortdurend toesig hou oor kleintjies, veral in vandag se lewe. Dis opvallend hoeveel ses- en sewejaaroue seuntjies in die laaste maande in fratsongelukke dood is. Dit val my op, want sulke outjies sit in my klas. Baie lewendig en vol vreugde, maar nog klein. Het nog vir mamma of ouma of juffrou nodig deur die loop van die dag.

Piet Snot ·

Versigtig vir té slim wees voor jy in daai situasie was. Al jou voorsorg is soms steeds te min.
Maak nie saak hoeveel lewensredders, ‘n kind kan tussen ander kinders verdrink.

Daan Erasmus ·

En hier het ons aspirant speur verhaal skrywers. Ongelooflik. Kom ons kyk wie publiseer eerste.

Anoniem ·

En natuurlik ook aspirant beoordelaars wat die verhaal vooruit hardloop! ;-)

Boet Fasie ·

By so groot oord is dit bykans onmoondlik vir ‘n ouer om behoorlik toesig oor sy of haar kinders te hou. Ek glo die oord moet mense in diens he wat toesig kan hou by al die swembaddens en geriewe by die oord , alhoewel mens seker maar die oord besoek op eie risiko en ouers in beheer is van hulle kinders se veiligheid – maar die lewens verlies van ‘n kind is baie jammer.

don ·

As dit onmoontlik is om n oog oor jou kind te hou en jy weet jy gaan gesellig verkeer by n plek soos die dan reel jy n kinderoppasser en gaan dan soontoe. As jy jou kinders vir die dag wil uitvat soontoe as dit die plan is dan bly jy by jou kind en ignoreer die ander geselligheid. Jy haal nooit jou oe van jou kinders af as jy in so n plek is nie ……

T ·

HOE IS DIT MOONTLIK DAT N KIND 16:00 WEG RAAK EN VERDRINK EN NIEMAND SIEN IETS NIE?? HOE IS DIT MOONTLIK DAT DIE BERIG NOU NA GESTRAAND SE BERIG SPESIFISEER DAT DIE KIND IN EEN VAN DIE HELDER SWEMBADENS GEVIND IS.. MAW POLISIE DUIKERS KON DIE KIND NIE SIEN NIE??? HOE OP AARDE KON HULLE DIE KIND NIE KRY VOOR DIE VOLGENDE OGGEND NIE? DIE HELE STORIE IS DEUR MEKAAR EN MAAK GLAD NIE SIN NIE… VAN GESTRAAND SE BERIG TOT DIE BERIG IS ALLES VERANDER… EK DINK PERSOONLIK OOK NIE DIE WATER WAS EERS SKOON NIE…. FOTOS LIEG NIE! IETS OMTRENT DIE STORIE IS NIE REG NIE… DIS N BAIE BESIGE OORD EN NIEMAND SIEN N KIND VAN DAAI GROTE VERDINK NIE?

Swem ·

Leer jou kind SWEM vanaf ‘n vroeë ouderdom. Ek het as jongeling in plaasdamme en waterkuile geswem as peuter. Wees net versigtig vir drade en takke anders gaan jy VERSUIP soos my pa dit aan my verstand gebring het wat ek na bykans sewentig jaar steeds onthou.

Sisna ·

Daar is iets nie pluis nie. Wat het die vorige berig beteken met swak beligting en temp van water. Duikers duik tog in baie kouer waters en hoe moeilik is dit om beligting te reel? Dit maak net nie sin nie. Ons is net voor 5 daar weg en daar was absoluut geen commotion nie. Ek wys vinger na niemand hierdie is so tragies, maar iewers is n stuk van die legkaart weg

Francois ·

As die water so vuil is , is dit net n goeie resep vir moeilikheid. Hoe kan die oordbestuur enigsins toelaat dat enige persoon in die water swem. Vuil water soos daar is die draer van menigde siektes.

Amy ·

Ja nee Francois. Hoe vuil is die water dat jy duikers nodig het om die swembaddens deur te soek?!?!?!?! Sies man!! Nou wil die bestuur kom vertel hoe belangrik veiligheid vir hulle is…..
Heel duidelik het julle nie ‘n reputasie vir higiëne nie!

Thinus ·

Ek was n lewensredder by Aventura warmbad en daar is geen manier dat daai kind 4 uur die middag verdrink het en eers die volgende oggend gevind is nie .Daar was dae wat daar meer as 12000 besoekers op daai oord was en niemand het op my skof verdrink nie ek het mense se horlosies,ringe ens. uitgeduik in vuil water na n publieke vakansie dag sonder duikbrille iets maak glad nie sin met hierdie voorval nie ,is daai plek se swembaddens dan so groot soos die vaaldam

Veertjie ·

Ek werk self by so n tipe oord. Dagbesoekers is my ondergang. Ons wil hulle toelaat, maar selfs met reëls en regulasies is dit n groot storie. Hulle luister eenvoudig nie. Ek laat nie meer as 30 toe op n slag nie. Maar onder daardie 30, sit ek telkemale met my hande in my hare. Dit is vreeslik. Sterkte aan die bestuur van daardie oord.

A. Mac ·

Iets is net nie reg hier nie. Soveel mense soek so lank na hierdie kind en hy word eers die volgende dag gekry? Selfs na duikers in ‘n swembad, nie eers ‘n dam of rivier, gesoek het. Daar is meer agter die storie as net ‘n verdrinking van ‘n jong seun.

Estelle ·

Snaaks dat hulle pertinent noem dat hy in een van die helder swembaddens gevind is. As ek lees wat ander op fb sê dat hulle ook daar was en toe hulle huistoe gaan die aand het hulle nie geweet van die kind wat weg is nie. As hulle oral gesoek het sou almal tog geweet het van die kind wat weg is???

Johan ·

mag dalk dom vraag wees maar dryf n lyk nie? of was daar iewers waar hy kon vas sit?

Jannie ·

Hier word n alweer n sondebok gesoek vir die tragedie…hoop nie almal wil nou die oord die skuld gee nie…..sterkte aan die familie….

Susan ·

Magtag man, hoekom wil almal heeltyd “iemand” kry om na kinders te kyk. Dit is die OUERS se verantwoordelikheid om na die kinders te kyk!!!

Ondersteun glad nie Zambibush ·

Al ‘n jaar terug besluit die plek sien my en my kinders nooit weer nie. Jy kan nie verder as ‘n meter van jou bure sit nie, want dit is vol gepak. Mense slaap hul drank koppe af, waar ookal hulle val. Waar drank is, is daar natuurlik die manne wat slanerig raak. Die asblikke al vroegdag oorvol drankbottels. Ja, daar is lewensredders, maar hulle is tussen 18 en 24 en daar om girls op te vry en van hulle onskuld ontsla te raak. Het die alles met my eie oe gesien. Oord se skuld? As jy toelaat dat ALMAL wat die dag wil drink en swem by julle hekke instap, as jy onopgeleide personeel het, as jy drank beperk. Ja, dan sal dit verseker ‘n heerlike dag besoek plek wees, soos in die begin dae.

Marieke ·

Ons was n ruk terug daar ons sien met ons eie oe dat die ouers toe laat dat hulle kinders van die glyplankke afgaan en hulle kan nie swem nie die life guard vra hulle kan jy swem dan antwoord hulle nee en dis kinders daar was tot volwasse vrouens wat af gaan maar nie kan swem nie?

Tanya ·

Absoluut niks aan hierdie berig verbaas my nie. Ek het in my lewe nog nooit so vuil plek gesien, soos hierdie nie. Ek was noodgedwonge laasjaar daar met ‘n familie lid se verjaarsdag en dis ‘n gedrinkery, bakleiery en soveel meer. Mens kan nie eers die bodem van die swembaddens sien nie en daar is geen lewensredder in sig nie. Die een of twee wat seker lewensredders moes gewees het, het soos onopgeleide skoolkinders gelyk. Sal in my lewe nie weer na daardie hool toe gaan nie. Dit is wat dit is, ‘n hool. Daar is ook geen beperking op hoeveel mense daar mag ingaan nie. Die mense vertrap mekaar en daarom verbaas dit my nie dat hierdie gebeur het nie. Laasjaar het die een glybaan inmekaar geval, het hierdie verwag…

Se maar net ·

Was daar gebruik gemaak van snuffelhonde in die soektog? As die polisie honed gebruik het is ek seker hulle sou hom gekry het indien hy dalk iewers weggekruip het of selfs weggesteek was.

Alida ·

Mense bly weg van sulke oorde. Het julle nog nie geleer dat mens nerens in SA kan gaan sonder om vertrap te word nie. Koop dan maar ‘n ou plastiek swembadjie en swem daarin by jou huis. Dit is nie ideaal nie maar vermy tog maar die vertrapping. Wie het lus om na luide musiek en ‘n klomp dronk mense te luister. Dan moet jy baie hardop wees.

Nici ·

Hoekom is al die swembaddens nie ‘helder’ nie…

[Sondagoggend] om 07:00 het die bestuur Bohlale se liggaam in een van die helder swembaddens gevind nadat almal die hele aand oral gesoek het!

Andre ·

Kyk daardieswembaddens lyk ales behalwe “helder”. Beperk die getalle en gooi meer chloor in, want dan sou hy maklik gesien kon word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.