Pta-Oos-kragkrisis: Kabeldiefstal kniehalter herstelwerk

(Foto verskaf deur Stad Tshwane)

Tussen kabeldiefstal en tegniese probleme spook tegnici van die Tshwane-metro om volle kragtoevoer te herstel na gedeeltes in die ooste van die stad wat al ʼn week sonder elektrisiteit sit.

Sommige inwoners moes sedert verlede Dinsdag sonder elektrisiteit oor die weg kom nadat daar omstreeks 10:00 ʼn brand by die Wapadrand-substasie uitgebreek het. Brandbestryders is onmiddellik na die toneel ontbied en die vlamme is net ná 12:00 geblus. Die Tshwane-metro het egter later bevestig dat die substasie heeltemal in die brand verwoes is en oorgebou moes word. Herstelwerk aan die substasie was teen Sondag voltooi, waarna kragtoevoer na verskeie woonbuurte herstel is. Tegniese probleme en kabeldiefstal het egter verhoed dat die kragtoevoer teen Maandagaand, soos beplan was, na al die woonbuurte herstel is.

Darryl Moss, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, het Dinsdag aan inwoners gesê daar is agt voorvalle van kabeldiefstal in die ooste aangemeld en spanne is besig om daaraan aandag te gee.

Ernst Botha, wyksraadslid van die omgewing, het ʼn beroep op alle gemeenskapspolisiëringsforums, buurtwagte en veiligheidsmaatskappye gedoen om kragte saam te snoer om die kwaaddoeners uit te dryf.

“Genoeg is genoeg. Ons kan eenvoudig nie so voortgaan nie. Ons doen alles in ons vermoë om kragtoevoer na alle inwoners te herstel maar kriminele elemente doen alles in hul vermoë om te verhoed dat ons dit doen,” het Botha gesê.

Botha het gesê hy is bewus van foto’s wat op sosiale media gedeel word van verdagtes wat aangekeer is, maar daar kan tans nie bevestiging word of iemand wel al in verband met die voorvalle in hegtenis geneem is nie.

Een van die jongste gevalle van kabeldiefstal het tot ʼn kragonderbreking in die Olympus-omgewing gelei.

Intussen lyk dit of tegniese probleme wat inwoners van Faerie Glen, Equestria, Silver Lakes en omliggende gebiede geteister het, uitgestryk is. Kragtoevoer na dié gebiede is teen Dinsdag 15:00 herstel.

Die metro sal ʼn kennisgewing uitstuur sodra die kragvoorsiening aan al die gebiede ten volle herstel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Thinus ·

Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaarrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrggggggggggggggggggggggggggggggggghhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhhh!!!!!!!!

Henno Kruger ·

Geen krag in Shere ook nie en ons is nie eers 200m van die substasie af nie…

Alida ·

Natuurlik sal die ANC dit saboteer om stemme te werf. Dankie Tshwane vir jul harde werk en deursettingsvermoe. Die vorige stadsraad sou net gese het daar is nie geld vir herstelwerk nie.

Omgee Vir Ander Erdvark van Tshwane Metro Soogdierplaas ·

1) Groot dank aan almal wat hierdie tegniese probleem spoedig opgelos het.
2) Wat het ons almal uit hierdie gebeure geleer? Wat gaan ons doen om te voorkom dat die probleem nie weer homself herhaal nie?
3) Aan Tshwane Metro Kommunikasie: In geval van toekomstige dienste-onderbrekings, e-pos asseblief vorderingsverslae oor herstelwerk aan huiseienaars wat by Tshwane Metro aanlyn geregistreer is. Dit is nie primêr die politieke partye se verantwoordelikheid om die publiek in te lig oor die vordering met krag-substasie herstelwerk of watervoorsiening nie.
4) Ek vertrou huiseienaars met eie kragopwekkers sal in die toekoms hul ontwikkelaars nie tussen 21:00 – 05:00 bedryf nie. Immers, ons wil tog seker almal lede wees van ‘n omgeegemeenskap wat ander ‘n rustige slaaprus gun.

Afrikaan ·

En waar is SAPS met al hierdie diefstal? Hou kywie natuurlik!

Manie Schoeman ·

Iemand lieg vir die media. Dit is nou Dinsdag 17 Jul 18 om 20:20 en daar is nog geen lig wat brand in Equestria nie. Ons hoor net telkens dieselfde verskonings wat ge-opper word.

Wilma ·

Alles het verval maar die hordes stem weer en weer vi die onbevoegdes

riaan ·

Ek neem aan jy verwys na onbevoegde Msimanga en kie. Ek stem – hy voel vere vir blankes in Tshwane!! Het hy darem ten minste die gebied besoek?? Ek glo nie. Te besig in Atteridgeville en Mamelodi en Garankuwa ens.

Riaan ·

Ek neem aan Wilma verwys na onbevoegde Msimanga en kie. Ek stem – hy voel vere vir blankes in Tshwane!! Het hy darem ten minste die gebied besoek?? Ek glo nie. Te besig in Atteridgeville en Mamelodi en Garankuwa ens. om stemme te werf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.