Pta-Oos se krag dalk môre aan    

Talle inwoners sit nou al byna nege dae sonder krag. (Foto: Stad Tshwane/Twitter)

Daar is glo lig aan die einde van die tonnel vir inwoners van Pretoria-Oos wat nou reeds vir die negende dag sonder kragtoevoer sit ná ʼn verwoestende brand by die Mooikloof-substasie.

Die Tshwane-metroraad het Donderdagaand in ʼn kort video op Twitter gesê dat herstelwerk volgens plan verloop en dat die kragtoevoer na verwagting teen Saterdag herstel sal word.

Volgens Hilgard Matthews, woordvoerder van die metroraad, was werkers “Donderdag met die bekabeling van panele besig wat die hele netwerk beheer en beskerm”.

Hy sê geleistange is ook nou gekoppel en getoets en dat hulle tans met die verbinding en koppeling van 11 kilovolt (kV)- kabels en -panele besig is.

“Hierdie kabels sal getoets word sodra dit na die onderskeie panele herlei is.”

Herstelwerk aan nog ’n dak van een van die vertrekke (kamer C) by die substasie is ook afhandel.

“Beskadigde beskermings- en beheerkabels is verwyder en die installering van nuwe kabels sal na verwagting teen Vrydagaand [10 Desember] afgehandel wees.”

Maroela Media het vroeër berig dat herstelwerk aan die beskadigde substasie nege dae sou neem om te voltooi.

Woonbuurte wat deur die kragonderbreking geraak is sluit Moreletapark, Pretoriuspark, Olympus, Bosveld en ʼn deel van Garsfontein in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grond ·

Hoekom bestaan die persepsie dat daar min in die dag aangaan as mens daar verby ry, maar dat daar doelbewus in die nag gewerk word . Oortyd ?

Lubbe ·

Het jy self daar verby gery om te gaan kyk wat daar aangaan. Al die updates en video’s wat gestuur word kan mens duidelik sien dat daar gewerk word.

Moereloosverby ·

Ek bly in die klein deeltjie van Pretoria-Oos wat wel krag gehad het. Maar…ek het die sage gevolg. En ek was verbaas dat daar soooo baie mense is wat op die arme mense se moedeloosheid, kwaaigeit, hartseer en vrae afgekom het soos ‘n storm in die namiddag. Hoe durf hierdie hoogheiliges dié aanvat wat ontsteld is? Natuurlik moet mens onsteld wees! Ons betaal deur ons nekke vir min tot geen dienslewering. Ons hoor heeltyd ‘die DA kan nie regmaak wat die ANC verbrou het nie’. Hoe lank het dit hulle gevat om tenders te kry om wel die gebrekkige infrastruktuur aan te spreek? Dis nou nog nie…ons is op ‘patch work’. Nee wat, ons mag kla. En meer nog: ons moet kla. Dienslewering in Pretoria-Oos is so afwesig soos ons dinamiese president. Julle is soos paddas in kookwater as julle nie kwaad is nie…wees gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.