Pta-pa beskerm gesin met piksteel tydens aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige pa het Sondagoggend twee gewapende aanvallers met ʼn piksteel verdryf nadat hulle sy gesin op hul kleinhoewe in ʼn landgoed in die ooste van Pretoria wou oorval.

Die pa, Michael Molefe, het Maandag aan Maroela Media gesê die verdagtes het omstreeks 01:00 op hul huis in die Grootfontein Country Estate toegeslaan.

Een van die mans het ʼn baksteen deur die hoofslaapkamervenster gegooi waar sy vrou, Mosima (31), saam met hul vyfjarige seun en een maand oue babaseuntjie geslaap het.

“My vrou het wakker geword en dadelik na die kot gehardloop om ons baba te beskerm. Hulle het haar twee keer geskiet waar sy by die bedjie gestaan het.”

Michael, wat in ʼn ander kamer geslaap het, het intussen wakker geword van die lawaai en sy vrou se hulpkrete. Hy het ʼn piksteel gegryp wat hy byderhand hou vir beskerming. Hy het verbete van binne die kamer die verdagtes, wat probeer het om deur die gebreekte venster die huis in te kom, met die piksteel afgeweer. Hulle het uiteindelik met leë hande van die toneel gevlug.

Michael het sy buurman gebel, wat op sy beurt MonitorNet ontbied het. Gewapende veiligheidsbeamptes het kort daarna op die noodoproep reageer. MonitorNet het die plaaslike AfriForum-buurtwag van die voorval in kennis gestel. Buurtwaglede het vir die polisie en ʼn ambulans by die landgoed se hek gewag om hulle na die Molefe-egpaar se huis te begelei.

Mosima is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem. Michael en die twee kinders is ongedeerd.

“Mosima het Sondag ʼn operasie ondergaan om die koeëls te verwyder. As alles goed gaan, sal sy binnekort uit die waakeenheid na ʼn gewone saal oorgeplaas word.”

Michael het gesê hy is dankbaar dat dinge nie erger uitgedraai het nie. “In die omstandighede gaan dit goed en my vrou herstel ook goed. Ons as gesin sal binnekort vir berading gaan.”

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die Welbekend-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Verpletter ·

So dankbaar dit is nie weer moord nie en dat die pa die hero in die verhaal Kan wees.
Wonder hoeveel gesinne Moet nog deur loop.Doodstraf is Al wat gaan werk .Maar boeties beskerm boeties.Sal wil die hoe hulle gaan optree as hongersloot gaan intree want hulle moor boere uit vat die land van Kos en vleis voor Sien en dit Vir n Paar rand en selfone ens.
Maar ons president last die goed toe en EFF Wakker sy mens aan om so op te tree

Snuffels ·

Welgedaan Michael, en sterkte/spoedige beterskap aan Mevrou!
Hierdie ouens sien niemand oor nie!

Magda ·

Hi Michael – is baie bly dat julle almal okay is – en sterkte met jou vrou, hoop sy word gou gesond – NOU JA ons almal moet begin daai groot messe, pikstele en OU WAPENS kry – gee hulle dieslefde terug as waarmee hulle jou aanval – die gemors.

Zeus ·

Ek stem saam mense moet hulle self bewapen, maar eereder met handwapens.

w ·

Sterkte aan Michael en gesin. Die gemors ontsien niemand. Tyd dat almal uit verskillende rasse moet saamstaan en die vuilgoed uit ons samelewing kry

AL ·

Inderdaad sal mens soos n McGyver moet begin dink en al wat n booby-traps is stel.

oumie ·

Stunning wens ons kan elke dag sulke berigte lees Sterkte aan Mevrou en ja so moet ons leer by ander se suksesverhale sit daai ou pik graaf en slagtersmesse onder bed of byderhand as jy nie n skietding het nie dit blyk handig te pas te kom

apie ·

Dit is wonderlik hoe hy sy familie kon beskerm. Dit klink erg. Bly en dankbaar hulle is redelik ongedeerd. Goeie ondersteuning van almal het gehelp. Dankie vir die berig

NICKEY / GAUTENG ·

Michael, jy”s ‘n man duisend!
Jy was immers voorbereid vir so iets. Sterkte vir jou vrou se spoedige herstel,asook vir jul twee kinders.
NICKEY

dewald ·

Gerrie Nel Afri en Solidariteit gaan ons hulp kry? Dit is asof die belhamels n blanco tjek gekry het om te moor.

Japie ·

Deesdae raak dit so erg, dat as daar in jou huis ingebreek word, is die kaanse vir moord en verkragting baie groot. So mens moet maar alles insit en baklei , want saamwerk met skurke red nie meer jou lewe nie.

Alida ·

Baie sterkte aan die gesin. Ek kan nie verstaan as daar so vinnig so baie mense was dat die gemors nie gevang is nie. Dit is jammer.

Joey ·

Well done Michael . Hoop jou vrou is vinnig weer op die been. Dit kon so lelik uitgedraai het. Gaan asseblief vir berading want so iets kan die
res van jou lewe by jou spook.

Keelvol ·

Ek se altyd, 50% kans vir beide lewe of dood. Baklei terug!!!! Well done Mr Molefe!!!!

Zebra ·

Michael het geweer-gewapende aanvallers met n piksteel aangeval?! Hierdie man is n HELD! Hy het sy eie lewe op die altaar geplaas vir sy familie, WOW! Hy is n voorbeeld vir almal.

Jane ·

Baie bly, julle gesin het oorleef. Dink ook ons moet ons vuurwapens bere en ander wapens begin aanwend om onsself mee te verdedig. Lyk asof dit baie meer effektief is en daar minder komplikasies na die tyd is. Sterkte vir julle as gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.