Pta-pa geskiet tydens nagmerrie-gesinsnaweek

Eugene Smit. Foto: Facebook

Eugene Smit. Foto: Facebook

ʼn Pa van Pretoria veg om sy lewe nadat hy Sondag geskiet is tydens ʼn gesinsnaweek wat in ʼn nagmerrie ontaard het.

Eugene Smit (51) en sy vrou, Charmaine, het saam met hul kinders en vriende vir die naweek by die Roodeplaatdam noord van Pretoria gaan visvang toe hulle deur gewapende rowers oorval is.

Charmaine vertel die groep het nog tot laat Saterdagaand visgevang. Eugene het vroeër die aand saam met die egpaar se driejarige dogtertjie in hul houthuisie gaan slaap, terwyl Charmaine saam met Eugene se twee seuns en dogter uit ʼn vorige huwelik, onderskeidelik 21 en 25 en 18 jaar oud, visgevang het. “Ek het omtrent 00:15 in die bed geklim en het net die komberse oor my getrek toe ek skote hoor afgaan,” het sy gesê.

Sy vertel dat sy gehoor het hoe die kinders om hulp roep en sy het Eugene wakker gemaak om vir hom te sê daar is moeilikheid. “Hy het opgespring en die deur van die kamer oopgemaak. Hy het net gevra ‘wat gaan aan?’, toe skiet hulle hom.”

Eugene het langs die bed inmekaargesak en Charmaine het op die bed by hul dogtertjie bly sit. Die volgende oomblik was daar drie mans in die kamer. Twee het pistole by hulle gehad. Hulle het geld, beursies, selfone, skootrekenaars, juweliersware en vuurwapens geëis. Nadat hulle die huisie vir waardevolle items deursoek het, het hulle op die vlug geslaan met verskeie selfone, ʼn tabletrekenaar, motorsleutels, beursies en kontant.

Charmaine het dadelik in haar motor gespring en hulp gaan soek by gaste by ʼn troue wat pas oorkant die water tot ʼn einde gekom het. Die polisie en paramedici is ontbied en Eugene is per helikopter na ʼn hospitaal in Pretoria gebring.

Hy word tans in die waakeenheid behandel en is onder verdowing op ʼn ventilator. “Sy toestand is kritiek. Hulle moes sy regternier verwyder weens die interne bloeding en die koeël het sy maag en lewer getref en vasgeslaan in sy rugwerwel. ʼn Splinter van die rugwerwel het in sy spinaalkoord beland en hy sal nog operasies moet kry om dit te verwyder,” het Charmaine in trane gesê.

“Dit is net een koeël wat so baie skade aangerig het. Die dokters wil nie regtig nou sê wat gaan gebeur nie. Ons moet maar kyk hoe hy vorder en ons vat dit dag vir dag.”

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

Eugene Smit is intussen oorlede. Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Susan ·

Dis so waar wat jy se Elsje . Waarheen vlug ons wat nie geld het nie . Dis baie erg wat nou om ons aangaan ,kan nie eers meer gaan kamp langs n dam en dink julle is veilig nie . Ons word opgehok en dood gemaak soos diere .
Here help ons ons land is in n gemors .!!! Sterkte aan die vroutjie en haar kinders wat deur hierdie moeilike tyd nou moet gaan . Mag die Here n wonderwerk vir jou man doen .

corrie ·

Goeie dag ek is jamer ek wil net hoor wa by roodeplaat was dit want ek en my man is van donderdag aand tot maandag by roodeplaat by di waterwese se kant gewees

Ludwig ·

Ons kan net almal vir die slagoffer se volkome herstel bid..

Irene ·

Seker nog nie in hegtenis geneem nie
Is SA mense nie imigrante nie
Kan hom nie vertrou waar jy is.loop.slaap of asem haal nie

Dee ·

Dit is ‘n vraag wat vele gedagtes mee rondspeel. Dan is daar ook diè wat dink dat die geld daar is maar nog nie uitgewerk het wat kos ponde en dollars. En dit word duurder want ons geldeenheid verswak. Jou vraag is belangriker as wat vele mense wat dit vinnig lees, besef.

Hannelie ·

Elsje ek stem saam met jou. Wat gaan van ons word? Ons land val uit mekaar uit, want hier word soos in absoluut niks aan misdadigers en moordenaars gedoen nie!!!!! Dis ‘n grap!! Baie sterkte aan die familie met die onsekerheid.

Johnnie ·

Ons bid saam met die famielie dat die Here hom volmaak sal genees sterkte vir die gesin.

SNEL ·

Vreeslik om te lees wat die mense getref het. Baie sterkte en ek hoop regtig hy herstel van dag tot dag om gou weer saam met julle by die huis te wees.

Yvonne ·

Dis ‘n verskriklike onreg. Ons is ontwapen en feitlik magteloos terwyl die kriminele nou bewapen en bemagtig is. Ons getalle tel ook sterk teen ons met so ‘n oormag en ‘n tandlose polisiemag. Sterkte aan almal betrokke by hierdie tragedie.

Anneke ·

Ek het gesidder toe ek die berig lees. My kinders en kleinkinders het gekamp by Bloemhof dam die week en vir geen oomblik het ek gedink so iets kan gebeur nie. n Ramp het hulle wel getref deurdat n frats wind 2 nagte na mekaar hul tente en gazebo’s verwoes het en hulle laasnag 12uur huistoe is. Dalk was dit n bedekte seen. My hart was baie seer vir hulle part oor die duisende rande se skade maar nou dank ek God dat die aanval hulle nie oorgekom het nie. Dit kon net sowel gewees het. Sterkte aan die gesin met hul verskriklike pyn en hartseer. Ek begin ook al hoe minder medemens vriendelik te raak agv al die misdaad want dit skuil nou om elke draai

Carin Janse van rensburg ·

Ek bid vir jou en jou gesin my man is die 12 Augustus dood geskiet in n gewapende huis roof! Dit is die ergste erg wat ooit met n gesin kan gebeur. Baie baie sterkte.!

Bernie van Deventer ·

Sterkte almal, ons bid vir volle herstel. Die ANC het nie net beheer oor ons land verloor nie,,,,,hulle beheer net die geld-potte!

Louise ·

Ek is so jammer. My hart bloei vir julle. Ek bid vir genesing.

Boer ·

Die land is in n toestand ja, dit is so!
Voor dat ons boervolk nie terug draai na ons Skepper nie sal dit nie reg kom nie kêrels!
Ons moet ons oë ophef! En dink aan waar ons verkeerd gehandel het, waar ons gesondig het voor ons Hemelse Vader.
Ons moet terug keer na Hom en op Hom vertrou. Nie op die elektriese heining nie , nie op die tralies voor die vensters nie, nie op die wag hond nie, nie op jou wapen nie, op God die Vader !!!!
Dan sal ons weer n ding kan doen deur Hy wat ons krag gee!!!

Peet ·

Amen ek stem saam met die skrywer.Ek haal aan die volgende wat in Sy woord staan.( Ek slaan my oe op na die berge ,waar sal my hulp van daan kom .My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.)Mense ek bid vir julle en julle gesin en glo dat die Vader julle sal deur die moeilike tyd vat.

Yolandi ·

Die is baie skrikwekkend. My seun en 3 van sy maats het vrydagaand daar gekamp! Hulle sou die hele naweek toe het ek hul saterdag gaan haal. Ai dis so hartseer

Eish! ·

Sjoe, ek glo ook ons mensdom moet terugdraai na God toe. Ek bid uit my hart dat jou man aangeraak sal word vir genesing. Dit is verskriklik! As ek gaan kamp sal hul 2de kom, want al maak hul my dood, ek het nooit geld by my en geen juwele en ja, net ‘n selfoon en dit is gewoonlik ook die oudste wat nog kan werk. In SA is die lewe net ‘n groot gemors! Ons moet wakkerskrik en ons lewens regkry. Goddeloosheid moet wyk! Sterkte vir die hele gesin.

Streicher ·

Tragies. Dit is een van ons naweek plesiertjies wat ons opgegee het na n voorval by Rietvlei dam. Ek kan nie meer anders as om te wonder of die voorvalle werklik net gaan oor roof?

Petrus ·

Hoekom word daar iets gedoen omtrent rhino poaching en bedreigde spesies word daar mooi na gekyk. Maar In actual fact is die Wit Afrikaners ook al ‘n hoë gelyste bedreigde spesie volgens my en ZERO word gedoen?

Ivete ·

Dis onverstanbaar wat gebeur het. Het net een vraag; as hulled die motor sluitels gevat; hoe het sy in haar motor geklim en gery

Charmaine Smit ·

Hulle het sleutels gevra en net een voertuig sin gevat. Ek het net vergeet om dit aan hul te noem. Ek het meer as genoeg om my oor te bekommer as om te worry of die media elke woord wat ek gese het of nie gese het oor hulle blad uitstort. Hulle het basiese feite gegee en dis meer as genoeg. Om elke slag aan elk een wat vra die hele tragedie oor te vertel is nie lekker nie en help nie om die seer minder te maak of om die paniekaanvalle minder te maak nie. Feit bly staan ek het kop gehou, in my kar geklim, oor n muur gery, my kar se uitlaatpyp so te se af gery om my man se lewe te red!

Rianette ·

Charmaine, moenie jou steur aan kleinlike kommentare nie. Jy het goed gedoen in die omstandighede en is waarskynlik deel van hoekom jou man nog leef al is hy kritiek. Sterkte vir julle in hierdie tyd

Elizabeth ·

Charmaine Smith, ek het gesien wat sy geskryf het en dit het my verskriklik erg onstel!! Dit was ongevraagd en vieslik gewees! Ek kan myself nie indink hoe be-angs en bevreesbevange julle moes gewees het nie! En ek haal my hoed af dat jy so kop gehou het. Ongelukkig in ons land is daar mense wat ander eenvoudig net moet aanval om goed te voel en hulle mislike lewens op te helder. Dit laat hulle goed voel as hulle ander kan seer maak en verneder. Moenie jou steur aan haar nie, gelukkig is almal nie soos sy nie. Vir my is jy n heldin want jy het kop gehou en hulp gekry. Ek dink aan jou , jou kinders, familie en vriende in die uiters moeilike tyd! Ek bid dat God Sy arms om julle sit en julle dra deur die tyd! Ek bid dat jou man gesond word en huis toe kom na julle! En ek bid dat Ivete n nuwe hart en brein kry, dat sy sal 2 keer dink voor sy weer so iets vieslik kwyt raak en sy so op ander se harte en gevoelens trap! Baie sterkte, ek dink aan julle in die harde en hartseer tyd!

Pierre ·

Enige nuus oor hoe dit met Gene gaan was ou vriend het seker so 18 jaar terug kontak verloor was nie n aangename manier om weer uit te vind wat van hom geword het nie

Jolanda ·

My innige simpatie gaan uit na Charmaine en kinders.n Soort gelyke geval het my gesin ook oorgekom en my man is 5 keer geskiet.Hy is dood verklaar op die toneel.Dis 5 jaar daarna en geen arrestasie is gemaak nie en niemand is vervolg nie.Dit is baie belangrik om vir Trauma berading te gaan asb die skade oorval jou onbewustelik lank na die voorval.Lifeline en Netcare bied gratis berading…asb…..my kinders het nou nog rou plekke .Sterte vir die gesin en ons dra julle in ons gebede.Blessings

Dante ·

Bly net lanks aan het die helicopter gesien in kom en uit…. damn net lanks waar ons bly… well my familie se gebeede is saam met julle

Inge ·

Dis vir my so verskriklik dat mens nie eers meer op vakansie kan gaan nie. Lyk my ons moet almal by die huis bly en ons self toesluit soos in ‘n tronk. Dit is belaglik.

Jaco van Staden ·

Ek en my vrou en kind is op 24 September Hibberdine toe vir n pasr dae omdat my vrou die 26 ste verjaar ons was die 25ste die middag strand toe en is heleder oor oor dag met Stokke en messe aangeval op Pumula Beach deur twee swart mans hulle het ons almal met stokke geslaan selfs my 12 jarige seun hulle het geen genade vir n vrou of n kind nie hulle is weg met ons selfone en tablets asook die kar wat ons by Avis gehuur het se sleutel ons het terugbaklei tot hulle weg gehardloop het en die Avis kar beskerm vanag trek Avis R7800,00 van my rekening af vir die sleutels wat gesteel is , ek is gatvol vir Suid Afrika ek hoop ek ksn n mznier kry om my gesin iewers heen te vat waar dit veiliger is ons blankes is nie meer veilig nie hulle moor ons uit op plase en enige ander geleentheid

corrie ·

Jamer om dit te hoor dis verskriklik ek wil net weet wa by roodeplaat het dit gebeur want ek en my man het van donderdag aand tot maandag by roodeplaat bydi waterwese se kant gekamp en ons het nix da gesien ni

Vicky Alberts ·

Ons was dieselfde Saterdag as dagbesoekers aan die oord….SKANDALIG en VUIL!! Ons het juis tussen die hout huisies deur gery opsoek na n braai ‘grid’ om ons vleis te kon braai (Daar is braaier geriewe,maar GEEN grids nie) en ek en my metgesel het juis opgelet hoe vervalle en agtertangs die plekkies is. Dis so maklik om net daar in te gaan,jou roof te roof en pad te gee voor enige hulp ontbied kan word. Die oord bestuur moet verantwoording doen vir hierdie voorval waar daar duidelik n gebrek aan sekuriteit is. Die bestuurder se naam is Preciouse…Ek het n lekker stel met haar afgetrap. Ek sal Roodeplaat Dam NOOIT aanbeveel of besoek nie,dis haglik! En ek het al die pad van die Vaaldriehoek af gery. Baie sterkte aan hierdie mense en hulle trauma,dit was in die eerste plek nie veronderstel om te gebeur nie. God se seen oor julle.

Charmaine smit ·

Pierre, jy kan my kontak deur my n email te stuur. [email protected] Sal jou dan my foon nommer gee. hy is steeds kritiek, die dr se hy sal eers verbetering wys wanneer hulle dialisis doen. sy oorblywende nier sukkel n bietjie.

Shannon Smit ·

Update vir die wat nie weet nie : My pa (Eugene) is laas week Maandag 19/10/2015 oorlede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.