Pta-pa sterf ná skietvoorval by dam

Eugene Smit. Foto: Facebook

Eugene Smit. Foto: Facebook

Die pa van Pretoria wat twee weke gelede tydens ʼn gesinsnaweek by die Roodeplaatdam geskiet is, is Maandagmiddag dood.

Eugene Smit (51) het om sy lewe in ʼn Pretoriase hospitaal geveg nadat hy op 4 Oktober deur drie gewapende rowers gekonfronteer is terwyl hy saam met vriende en familie vir die naweek langs die Roodeplaatdam in die noorde van Pretoria uitgespan het.

Eugene se vrou, Charmaine, het vroeër aan Maroela Media gesê Eugene is een keer in sy maag geskiet. Dokters moes sy regternier verwyder weens inwendige bloeding. Die koeël het sy maag en lewer getref en vasgeslaan teen sy rugwerwel. ʼn Splinter van die rugwerwel het ook in sy rugmurg beland, het sy gesê.

Eugene is sedert die voorval in die waakeenheid behandel en aan ’n ventilator gekoppel. Hy was met tye by sy bewussyn, maar sy toestand het deurentyd ernstig gebly. Sy familie het bevestig dat hy omstreeks 17:00 Maandag oorlede is. Charmaine was Dinsdag te ontsteld om met die media te praat.

Ao. Michael Mbewe, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Aster ·

Kan ‘n mense waaragtig nie net in vrede vakansie hou nie!!?? SA is so vrot van al die geweld en misdaad, mens is net NêRENS meer veilig nie. Ek is baie hartseer oor julle verlies. Mag die Liewe Vader julle help en by staan in dié moeilike tyd.

Naomi ·

My innige simpatie. So verskriklik jammer. Mag die skuldiges hulle straf kry, al kan dit nooit ‘n lewe terugbring nie.

Bruno Stef ·

Dit is nou die belangrikste tyd in n mens se lewe as broodwinner/ eggenoot / ouer met jong kinders wat hulle voete moet vind en leiding nodig het.Innige simpatie aan die betrokkenes van die gesin woorde in sulke omstandighede kan nie vergoed vir julle verlies nie.

Winston ·

Jammer oor julle verlies. Dit is tragies hoeveel gesinne in die land in rou gedompel word a g v sinnelose moorde. Sal iemand ooit in hegtenis geneem word? Ek bevraagteken dit.

SNEL ·

Baie jammer om die nuus te lees, so gehoop hy sal herstel. Baie sterkte aan die familie en vriende.

Tammy ·

Innige simpatie aan familie en vriende. Dis so hartseer om te dink hy wou net n bietjie ontspan en toe word hy vermoor.

James ·

Ek ken mense wat daar bly. Mense het al op hulle geskiet en nog ‘n aanval is ‘n moontlikheid in hulle lewens. Die polisie en die sekuriteit by die dam is useless.

Rieks ·

RIV – hoop daar waar jy nou is is daar nie meer enige seer nie. Voel so jammer vir jou gesin wat sonder jou moet aangaan. SAPS – 2 weke later en nog geen siel inhegtenis geneem vir die voorval nie. Miskien is die pa en eggenote nie bekend genoeg dat die land in opstand kom om sy moordenaars te soek nie!

Theresa ·

Hoe tragies en SO onnodig. Mens is sonder woorde in hierdie land van ons. Baie sterkte aan die familie. Mag die Here vertroosting bring en julle staande hou in hierdie tyd.

Jackie ·

Baie sterkte aan familie en vriende. Mag God julle vertroos in hierdie vreeslike hartseer tyd.

Justi ·

Dit is werklik skokkend. Aan die vriende en familie van die oorledene, my innige simpatie.

Skaam SA Burger ·

Alle sterkte aan sy familie!!!! Net GOD kan julle vertroos in hierdie moeilike tyd. Waaaaaannnnnneeeeeer gaan ons regering wakker word?

ounooi ·

Baie sterkte aan die familie hy het so hard geveg maar is nou veilig in Jesus se arms.
Dink aan julle in hierdie tyd en hoop die oortreders sal gevang word en gevonnis word en die sleutel sommer weggegooi sal word.

Susan ·

Vreeslik jammer om van julle verlies te hoor. My innige simpatie. Ons gaan ook gereeld na Roodeplaat dam toe, maar ek wonder of ons weer gou sal gaan, aangesien die moordenaars nog nie eers gevang is nie. Wakker word SAP hoe het hulle in elk geval ingekom?

simon ·

Ek sal graag wil weet of F.W de klerk in vrees lewe soos die blanke mense in SA????????????????????

Hannelie ·

Rus in Vrede. Sterkte aan sy vrou en familie. Ons land……….wat kan mens sê!! Hier is nie meer ‘n lewe vir blankes nie. Ons is die teikens, ons is magteloos, ons staan alleen teen die hele regering.

Elizabeth ·

Innige simpatie met julle verlies, ons dink aan julle en bid vir julle! Baie sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.