PTA-pa sterf twee maande ná huisbraak

Mark de Villiers. Foto: Verskaf

Mark de Villiers. Foto: Verskaf

Mark de Villiers, ʼn 43-jarige inwoner van Hesteapark in die noorde van Pretoria, is Sondag in die hospitaal dood, twee maande nadat hy tydens ʼn huisbraak in sy lies geskiet is.

De Villiers is sedert die aanval in die vroeë oggendure op 10 September in die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa behandel.

Jackie Pretorius (36), De Villiers se verloofde wat tydens die aanval saam met hom in die huis was, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy het op 22 September in ʼn koma verval. Hy het sedertdien nie weer bygekom nie en is deur masjiene aan die lewe gehou.

“Die hospitaal het my Sondagoggend om 02:00 gebel en gesê dat sy toestand verswak het,” het Pretorius gesê. “Ek het dadelik deurgery om by hom te wees.” De Villiers het die oggend tot 11:00 agt hartaanvalle gehad, en is kort daarna breindood verklaar. Hy het ook orgaanversaking gehad. Sy ma en Pretorius het daarna die moeilike besluit gemaak om die masjiene wat hom aan die lewe gehou het af te skakel.

De Villiers was die broodwinner van die huis. Hy laat sy verloofde en drie dogters, Gina, Patricia en Jackie Pretorius jr. agter.

Sy gesin beplan om Vrydag ʼn roudiens by die AGS-kerk in Rayton te hou.

Maroela Media het vroeër berig De Villiers is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem nadat twee rowers hom en sy gesin in hul huis oorval het. Daar was glo ook twee verdagtes wat buite die huis gewag het. Die rowers het ’n skootrekenaar, twee selfone, ’n televisie en De Villiers se dokumentesak gebuit en laat spaander.

Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Ons kan mekaar darm troos, nog ‘n onskuldige man wat sy lewe moes verloor. Elke dag wag ek om vermoor te word deur ons leiers se besluite ” de Klerk en die Anc”

monique ·

Weer niemand is aangekeer nie, nou moet die gesin ook die regering verantwoordelik gehou word..hy was die broodwinner….kyk as ons nie nou iets doen gaan hul net voort….dagvaar regering vir vergoeding …..elke broodwinner moet maar dagvaar hul sal gou agter kom,, hoekom hulle nou so baie geld moet uitgee….hierdie man was jonk..so hy tree af op 55 die nuwe aftree ouderdom..tot dan moet regering betaal…dagvaar …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.