Pta-pa tydens huisroof doodgeskiet

Zayne Suliman. Foto: Twitter via @Abramjee

Zayne Suliman. Foto: Twitter via @Abramjee

ʼn Man van Pretoria het Donderdagaand met sy lewe geboet om dié van sy vrou en kinders te beskerm tydens ʼn gewapende huisroof.

Zayne Suliman (50), ‘n motorhandelaar, en sy gesin is omstreeks 20:00 in hul huis in Erasmia deur gewapende aanvallers oorval. Die gesin was na bewering in die woonkamer van die huis toe die rowers toegeslaan het. Kapt. Thomas Mufamadi, woordvoerder van die polisie, het gesê dit is nie duidelik hoeveel rowers betrokke was nie, aangesien net een rower die huis binnegekom het.

Mufamadi het gesê dié rower het die huis onverwags binnegestorm en Suliman geskiet. Volgens inligting het Suliman sy vuurwapen by hom gehad en ook die rower gewond, waarna die rower op die vlug geslaan het. Dit het sy gesin kans gegee om na die boonste verdieping te hardloop. Mufamadi kon dit egter nie onmiddellik Vrydag bevestig nie.

Mufamadi het gesê Suliman is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die toneel Donderdagaand buite die huis in Erasmia. Foto: Twitter via @Abramjee

Die toneel Donderdagaand buite die huis in Erasmia. Foto: Twitter via @Abramjee

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Inge ·

Dit is so onnodig. ‘n Hele gesin se lewe is verwoes en vir wat? Dit is tyd dat ons ons goed vat en laat waai…

riana ·

stem saam hulle vat net lewens soos hulle wil en kom en gaan in ons plekke in soos hulle wil en breek ons karre oop en steel net mense ek is al gatvol verby met die land.
wens daar was net n beter president en kabinet en wette en als net beter dan sal Suid-Afrika lekker weer wees.

Cherokee ·

Ek verpès die woord ‘onnodig’ want dit is sò asof dit sòmtyds nodig kon wees.
Hou asseblief om moorde as ‘onnodig’ te beskryf want geen moorde is ‘nodig’ nie.

Chris ·

Dankie dat jy so n dapper held was Mr. Suliman. Sterkte aan jou familie en vriende in die moeilike tyd.

JC ·

Ai tog…so verloor ons elke dag ‘n persoon wat ‘n produktiewe bydrae gelewer het tot ons land.
Waar gaan dit eendag eindig?

Danie(Dana) Holtzhausen ·

Alle sterkte vir julle gesin daar is geen woorde vir so voorval nie ,jy sal nog lank onthou word as
een van die goeie vriende vir ons almal wat jul geken het
Alle liefde en sterkte voorentoe
Van Dana

Elizabeth ·

Absoluut duister. Die berig het my heeltemal deurmekaar. Eerstens, aanvallerS (meervoud) het die gesin oorval, “een” rower wat deur Suliman geskiet is. Onsekerheid oor hoeveel aanvallers daar was? Suliman het sy wapen by hom gehad? Het hy dalk iemand verwag? Wie wou hom dood maak? Klink nie na roof nie. Twee kante en soms drie kante soos dit deesdae gebeur. Glo dat ons forensiese ouens die saak ten volle sal uitpluis.

Jacques ·

Aaag asseblief Elizabeth.
Jy is seker ook van daardie mense wat glo jy dra/besit nie n vuurwapen want as jy doen is jy bang of verwag iets gaan met jou gebeur.
Watter bog. Ek dra elke dag en nag en my rede is  presies vir sulke gevalle wanneer jy jouself of n ander se lewe moet beskerm teen sulke geweldadige bl@%$%ms wat niks omgee vir n lewe.  Ek is ook nie bang nie, net voorbereid en ja..dalk soos hier kry ek nie n kans as dit gebeur…maar dalk…net dalk loop hy wat my of my naaste wil leed aandoen hom vas…
Dit is oor en oor bewys dat n gewapende wetsgehoorsame en opgeleide/geoefende burger die beste teenvoeter vir geweldsmisdade is aangesien hulle vir niks anders bang is..die doodstraf sal mos nie heringestel word en die tronke is paradys…

Trevor Clarke ·

What a silly comment.
There are many South Africans who are armed and have trained to defend their families.
The point is, a criminal, who according to the Police report, may have been a part of a group, entered the lounge and shot Mr Suliman.
Mr Suliman returned fire with a weapon that he had with him. Many South Africans are competent weapon owners and carry their weapons in their homes, for this very reason.
The fact that you are willing cast a shadow over the Suliman family and this man’s character at this time simply shows how out of touch with the trauma they are currently going through.
What a silly and insensitive response.

Rob ·

Ons moet aanhou die staat (ANC) verantwoordelik hou vir die geweld op Blankes. Dit was en is nog steed hulle beleid om ons uit te wis. Die staat het die Kommando-stelsel ontbind. Die staat probeer bugerlikes ontwapen. Die staat saai rasse politieke-retoriek gemik teen Blankes met hulle agentskappe soos SABC. Blankes is polities ontman en tans sagte teikens vir alle opgesweepte terroriste.

Elizabeth ·

Jacques ek het niks daarteen om ‘n vuurwapen te hê nie. My boodskap is gegrond op die onduidelikheid van die berig. So as jy veilig voel met een vuurwapen teen paar gewapende aanvallers is dit goed vir jou. Dit klink vir my na ‘n beplande moord en nie roof nie.

Cherokee ·

Elizabeth, ek het gereageer op sy misplaaste reaksie op wat jy gesê het maar Maroela plaas gemiddeld 25% of minder van my reaksies, so miskien is hy gelukkig.

nic ·

Ons moet ook begin opruk teen die patetiese regering om die doodstraf terug Te bring . en die kommandos ook ek was 15 jaar in diens en trots daarop

Theuns ·

Elizabeth,Zayne was n jare lank klient en vriend van my,hy het altyd iemand gehelp as hy kon.Zayne jy was n merkwaardige man gewees en ons by Blaz Lights gaan jou baie mis!
Rus in vrede.

Theuns ·

Zayne jy was n merkwaardige n man,vlymskerp besigheidsman en altyd almal probeer help.Ons by Blaz Lights gaan jou baie mis!
Rus in Vrede

apie ·

Hoekom dink julle onttrek hulle (ANC) aan die internasionale strafhof in Den Haag????

want hulle kan ·

Vir die gemors wat hul aangevang het en nog gaan aanvang

andrea van vuren ·

Hoe gaan ons dit stopsit? Alles troomroller net. Ek ys wat gaan nou van ons word…

fritz breitenbach ·

jammer wat gebeur het .in dieselfde area is twee mense en twee kriminele laas nag dood geskiet

Han ·

As swartmense sterf is ons president vinnig om te simpatiseer. Ek het nog nooit gehoor dat hy simpatiseer as blankes vermoor word nie. Dit laat ‘n mens wonder . . .

LeonR ·

Ja, ek het Donderdag 20/10/2016 vir die 5de keer in die hof verskyn op ‘n moordklag, nadat en die inbreker in my woonstel doodgeskiet het.

Hulle jaag ons op ‘n knop maar as jy optree word jy aangekla, welkom in die nuwe verbeterde suid afrika(ja, kleinletters)

Merkur ·

My ondersteuning het jy 100 %. Ek hou duim vas dat jy die belaglike saak wen. Laat asb hoor hoe die saak verloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.