Pta-pa vas vir moord op verstandelik gestremde seun

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

WAARSKUWING: Die inhoud in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn 65-jarige man is in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 34-jarige verstandelik gestremde seun.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die moord het Saterdag in Uitbreiding 19 in Atteridgeville in die weste van die stad plaasgevind.

“Die polisie is na die toneel ontbied nadat lede van die gemeenskap die verdagte vasgetrek het. Hulle het die man aangekeer terwyl hy besig was om ʼn tuisgemaakte waentjie te trek waarin die liggaam van sy seun in swartsakke toegedraai was, in ʼn poging om van die liggaam ontslae te raak,” het Msimango gesê.

Volgens Msimango is die seun se liggaam ondersoek en daar is vasgestel dat sy organe verwyder is, hy was onthoof en vel van albei sy bene is afgesny.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem. Hy moet binnekort in die hof verskyn op ʼn aanklag van moord.

Verdere ondersoek word gedoen om die motief van die moord te bepaal. Die verdagte se vrou is glo ʼn dag voor die voorval Mpumalanga toe om vir familie te gaan kuier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

May!!! ·

Wreedaard!! Vrou word weggestuur….. kind word stukkend gesny en tien teen een verkoop!… sien?

JAN ·

ek wonder wie was gestrem . dit klink of die pa mal is nie net gestremd. walglik……

Vermeendes ·

Nou wil ek die vraag vra, is dit die werk van n verstandelike sober mens wat n verstandelike vertaagde mens onthoof en opkap.

Wie in hierdie saak is nou regtig verstandelik gestremd?
Die gebrek aan respek vir lewe onder die massas behoort vir elke westerling van kommer te wees, hoeveel meer sal hy aan jou doen wie hy haat. Die afgrys in plaasmoorde is ons andwoord.

Gatvol ·

Dit is verskriklik!!
Wat knak in jou, as ouer om so iets te doen?
Mens sou dink, die pa is nie ‘n jong man, en die seun was ook nie meer ‘n tiener… hulle is jare in mekaar se lewens….
NOU:
Mens wonder net, of hierdie pa op ‘n punt net geknak het, en nie meer ‘n weg uitgesien het vir hierdie gestremde kind, want SA is een van die SWAKSTE lande om ons oumense en gestremdes, ( liggaamlik of geestelik), te versorg en na om te sien.
Geen mens sal weet, voor jy in daardie skoene geloop het… MAAR DAN….
Waar is die organe?
Miskien verkoop vir Muti?
Hoekom onthoof?
Velle van bene gehaal??
Maak net nie sin. Veral omdat dit voorkom dat hy gewag het, die ma van die kind, nie by die huis is, voor hy hierdie ondenkbare barbaarsheid gepleeg het.
Dit laat my sidder as ek dink hoe weerloos so gestremde mens is.
Verder…. as jy sò iets verskrikliks aan jou eie bloed kan doen…..
Wat sal hy net nie aan ander kan doen…
…( of moontlik het hy reeds gedoen).
Sal graag wil weet…..?

Marinda ·

Dis verskriklik. Mooi so aan die gemeenskap wat hom vas getrek het.

Oom Kalahari ·

Wat ‘n barbaarse en wrede optrede en dit van ‘n Ouer wat moet kan beskerm en liefde gee. Wat gaan deur so ‘n persoon wanneer hul sulke onmenslike dade pleeg en hoe kan jy rustig in die nagte slaap met die wete en gedagtes oor die misdaad wat jy gepleeg het. Dit is siek verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.